Psalms
Dank Jehovah, want hy is goed.+
Sy lojale liefde duur vir ewig.+
4 Dink aan my, o Jehovah, wanneer u goedhartigheid betoon aan u volk.+
Sorg vir my met u reddingsdade,
5 sodat ek die goedheid kan geniet wat u betoon aan dié wat u uitgekies het,+
sodat ek saam met u nasie bly kan wees,
sodat ek u met trots kan loof* saam met u erfdeel.
6 Ons het gesondig, net soos ons voorvaders.+
Ons het gedoen wat verkeerd is, en ons het goddeloos opgetree.+
7 Ons voorvaders in Egipte het nie u wonderlike werke waardeer nie.*
Hulle het nie u oorvloedige lojale liefde onthou nie,
maar hulle het in opstand gekom by die see, by die Rooisee.+
9 Hy het die Rooisee bestraf, en dit het opgedroog.
Hy het hulle deur die dieptes daarvan gelei, asof deur ’n woestyn.*+
10 Hy het hulle uit die hand van hulle teenstander gered+
en hulle uit die hand van die vyand teruggeëis.+
12 Toe het hulle geloof in sy belofte gestel.+
Hulle het begin sing om hom te loof.+
14 Hulle het geswig voor hulle selfsugtige begeertes in die wildernis,+
en hulle het God getoets in die woestyn.+
15 Hy het hulle gegee waarvoor hulle gevra het,
maar hy het hulle toe met ’n siekte getref wat hulle laat wegteer het.+
17 Die aarde het toe oopgegaan en Datan ingesluk,
en dit het Abiʹram+ en dié wat aan sy kant was, bedek.
18 ’n Vuur het onder hulle groep gebrand.
’n Vlam het die goddeloses verteer.+
21 Hulle het God, hulle Redder, vergeet,+
wat groot dinge in Egipte gedoen het,+
22 wonderlike werke in die land van Gam,+
ontsagwekkende dade by die Rooisee.+
23 Hy het op die punt gestaan om te beveel dat hulle vernietig moet word,
maar Moses, die een wat hy uitgekies het, het hom gesmeek*
om sy vernietigende woede te laat bedaar.+
24 Toe het hulle getoon dat hulle geen waardering vir die begeerlike land het nie.+
Hulle het geen geloof in sy belofte gestel nie.+
28 Toe het hulle die Baäl van Peor begin aanbid*+
en offerandes geëet wat aan die dooies geoffer is.*
32 Hulle het Hom by die water van Meʹriba* uitgetart,
en dit het sleg gegaan met Moses as gevolg van hulle.+
38 Hulle het onskuldige bloed bly vergiet,+
die bloed van hulle eie seuns en dogters,
wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het.+
Die land is met bloed besoedel.
39 Hulle het onrein geword deur hulle werke.
Hulle was ontrou aan God* deur hulle dade.+
40 Jehovah het dus woedend geword vir sy volk,
en hy kon sy erfdeel nie meer verdra nie.
43 Hy het hulle keer op keer gered,+
maar hulle was opstandig en ongehoorsaam,+
en hulle is verneder as gevolg van hulle oortredings.+
45 Hy het gedink aan sy verbond ter wille van hulle,
en sy groot* lojale liefde het hom beweeg om genadig te wees.*+
47 Red ons, o Jehovah ons God,+
en maak ons bymekaar uit die nasies,+
sodat ons u heilige naam kan prys
En laat die hele volk sê: “Amen!”*
Loof Jah!*