Psalms
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid, toe die profeet Natan na hom toe gekom het nadat Dawid seksuele omgang met Batseʹba gehad het.+
51 Betoon genade aan my, o God, in ooreenstemming met u lojale liefde.+
Wis my oortredings uit in ooreenstemming met u groot genade.+
4 Teen u – veral u* – het ek gesondig.+
Ek het gedoen wat sleg is in u oë.+
U is dus regverdig wanneer u praat
en reg wanneer u oordeel.+
6 Ek weet dat dit u bly maak wanneer daar waarheid in iemand se hart is.+
Leer my hart* ware wysheid.
7 Reinig my van my sonde met hisop, sodat ek rein kan wees.+
Was my, sodat ek witter as sneeu kan wees.+
11 Moet my nie van u af wegstoot nie,
en moenie u heilige gees van my af wegneem nie.
12 Gee my weer die vreugde van u redding.+
Gee my ’n begeerte om u te gehoorsaam.*
14 Red my van bloedskuld,+ o God, die God van my redding,+
sodat my tong u regverdigheid met vreugde kan verkondig.+
16 Want u wil nie ’n offerande hê nie – anders sou ek dit gee.+
’n Heelbrandoffer gee u geen vreugde nie.+
17 Die offerande wat vir God aangenaam is, is ’n gebroke gees.
O God, u sal nie ’n gebroke en verpletterde hart verwerp* nie.+
18 Doen wat goed is vir Sion, volgens u wil.
Bou die mure van Jerusalem op.
19 Dan sal u die offerandes van regverdigheid aanvaar,
die brandoffers en die heeloffers.
Dan sal bulle op u altaar geoffer word.+