Spreuke
14 ’n Vrou wat waarlik wys is, bou haar huis op,+
maar ’n dwase vrou breek dit met haar eie hande af.
2 Iemand wat reg lewe, vrees Jehovah,
maar die een wat ’n verkeerde weg volg, het geen respek vir Hom nie.
3 Die hoogmoedige mond van ’n dwaas is soos ’n lat,
maar die lippe van die wyses sal hulle beskerm.
4 Waar daar nie beeste is nie, is die krip skoon,
maar die krag van ’n bul lewer ’n groot oes op.
8 Wysheid laat ’n verstandige man sy weg verstaan,
13 Selfs as iemand lag, kan daar pyn in sy hart wees,
en blydskap kan in trane eindig.
14 Die een wat ’n ongehoorsame hart het, sal die gevolge van sy dade dra,+
maar die goeie man sal vir sy dade beloon word.+
15 Iemand wat onervare is, glo elke woord,
maar die verstandige persoon dink mooi voordat hy iets doen.+
16 Die wyse is versigtig en vermy wat sleg is,
maar die dwaas is roekeloos en het te veel selfvertroue.
19 Slegte mense sal voor die goeies moet neerbuig,
en goddelose mense sal by die poorte van die regverdiges neerbuig.
21 Die een wat niks voel vir sy medemens nie, sondig,
maar die een wat goedhartigheid betoon aan die hulpeloses, is gelukkig.+
22 Sal dié wat slegte dinge beplan, nie op ’n dwaalspoor beland nie?
Maar dié wat vasbeslote is om goeie dinge te doen, sal lojale liefde en getrouheid ontvang.+
25 ’n Getuie wat die waarheid praat, red lewens,
maar ’n valse getuie vertel die een leuen ná die ander.
27 Vrees vir Jehovah is ’n fontein van die lewe.
Dit hou ’n mens weg van die strikke van die dood.
29 Die een wat nie gou kwaad word nie, het groot insig,+
maar die een wat ongeduldig is, wys hoe dwaas hy is.+
31 Die een wat die hulpeloses uitbuit, beledig sy Maker,+
maar die een wat goedhartigheid betoon aan die armes, verheerlik Hom.+
32 Die goddelose sal deur sy eie goddeloosheid tot ’n val kom,
maar die regverdige se integriteit* sal vir hom ’n beskerming* wees.+