19 Dit is beter om arm te wees en ’n weg van integriteit te volg+
as om dwaas te wees en leuens te vertel.+
2 Dit is nie goed vir ’n mens om geen kennis te hê nie,+
en die een wat oorhaastig optree, sondig.
3 ’n Man se eie dwaasheid laat hom ’n verkeerde weg volg,
en dan word hy woedend vir Jehovah.
4 Rykdom bring baie vriende,
maar die arm man se vriende laat hom in die steek.+
5 ’n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie,+
en ’n leuenaar sal nie wegkom nie.+
6 Baie mense wil die goedkeuring van ’n belangrike persoon verkry,
en almal is ’n vriend van die man wat geskenke gee.
7 As al die broers van ’n arm man hom haat,+
hoeveel te meer sal sy vriende hom dan vermy!+
Hy probeer hulle iets vra, maar niemand reageer nie.
8 Die een wat wysheid verkry, het homself lief.+
Die een wat insig as ’n skat
bewaar, sal suksesvol wees.+
9 ’n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie,
en ’n leuenaar sal sterf.+
10 Dit is nie gepas dat ’n dwaas in weelde lewe nie.
Nog minder dat ’n kneg oor leiers regeer!+
11 Insig keer dat ’n mens gou kwaad word,+
en dit is mooi van hom om ’n oortreding oor te sien.+
12 ’n Koning se woede is soos die gebrul van ’n leeu,+
maar sy goedkeuring is soos dou op die plante.
13 ’n Dwase seun veroorsaak probleme vir sy pa,+
en ’n stryerige vrou is soos ’n dak wat aanhoudend lek.+
14 ’n Huis en rykdom erf ’n mens by jou pa,
maar ’n verstandige vrou kom van Jehovah.+
15 ’n Lui persoon wil net slaap,
en iemand wat traag is, sal honger ly.+
16 Die een wat die gebod gehoorsaam, sal bly lewe.+
Die een wat nie omgee hoe hy lewe nie, sal sterf.+
17 Die een wat goed is vir die armes, leen aan Jehovah,+
en Hy sal hom terugbetaal vir wat hy doen.+
18 Dissiplineer jou seun terwyl daar nog hoop is,+
en moenie verantwoordelik word vir sy dood nie.+
19 ’n Man wat gou kwaad word, sal die gevolge daarvan dra.
As jy hom teen die gevolge probeer beskerm, sal jy dit keer op keer moet doen.+
20 Luister na raad en aanvaar dissipline,+
sodat jy in die toekoms wys kan word.+
21 Daar is baie planne in ’n man se hart,
maar die raad van Jehovah sal bly staan.+
22 Wat ’n mens aantreklik maak, is sy lojale liefde,+
en dit is beter om arm te wees as om ’n leuenaar te wees.
23 Vrees vir Jehovah lei tot die lewe.+
Die een wat hom vrees, sal rustig slaap en niks oorkom nie.+
24 Die luiaard steek sy hand in die feesbak,
maar hy doen nie die moeite om dit na sy mond te bring nie.+
25 Slaan die spotter,+ sodat die onervarene verstandig kan word,+
en dissiplineer die verstandige, sodat hy meer kennis kan kry.+
26 Die seun wat sy pa sleg behandel en sy ma wegjaag,
veroorsaak skande en oneer.+
27 My seun, as jy ophou om na dissipline te luister,
sal jy afwyk van die woorde van kennis.
28 ’n Nuttelose getuie bespot geregtigheid,+
en die mond van die goddeloses sluk goddeloosheid in.+
29 Spotters sal gestraf word,+
en dwase sal geslaan word.+