Psalms
Maskil.* Van Etan,+ die Esrahiet.
89 Ek sal vir ewig van Jehovah se lojale liefde sing.
Met my mond sal ek u getrouheid aan alle geslagte bekend maak.
2 Want ek het gesê: “Lojale liefde sal vir ewig duur,*+
en u het u getrouheid stewig gevestig in die hemel.”
3 “Ek het ’n verbond gemaak met die een wat ek uitgekies het.+
Ek het vir my kneg Dawid gesweer:+
4 ‘Ek sal jou nageslag* tot in ewigheid stewig vestig,+
en ek sal jou troon van geslag tot geslag opbou.’”+ (Sela)
5 Die hemele prys u wonders, o Jehovah,
ja, u getrouheid in die gemeente van die heiliges.
6 Want wie in die hemelruim kan met Jehovah vergelyk word?+
Wie onder die seuns van God+ is soos Jehovah?
7 Die vergadering* van heiliges het groot ontsag vir God.+
Hy is groot en ontsagwekkend vir almal om hom.+
U is getrou in alles wat u doen.+
9 U regeer oor die onstuimigheid van die see.+
Wanneer sy golwe opkom, laat u hulle bedaar.+
10 U het Rahab+ verslaan en doodgemaak.+
U het u vyande met u sterk arm verstrooi.+
11 Die hemel behoort aan u, en die aarde ook.+
Die vrugbare land en alles daarop+ – u het dit gevestig.
12 Die noorde en die suide – u het dit geskep.
Tabor+ en Hermon+ prys u naam met vreugde.
U hand is sterk.+
U regterhand is hoog opgelig.+
14 Regverdigheid en geregtigheid is die fondament van u troon.+
Lojale liefde en getrouheid staan voor u.+
15 Gelukkig is die volk wat die uitroepe van vreugde ken.+
O Jehovah, hulle geniet u goedheid.*
16 In u naam vind hulle die hele dag vreugde,
en deur u regverdigheid word hulle verheerlik.
18 Want ons skild behoort aan Jehovah.
Ons koning behoort aan die Heilige van Israel.+
19 In daardie tyd het u in ’n visioen met u lojales gepraat en gesê:
“Ek het krag aan ’n sterk man gegee.+
Ek het die een wat onder die volk uitgekies is, verheerlik.+
20 Ek het my kneg Dawid gevind.+
Met my heilige olie het ek hom gesalf.+
28 Ek sal my lojale liefde vir ewig aan hom betoon,+
en my verbond met hom sal nooit tot ’n einde kom nie.+
30 As sy kinders my wet verlaat
en my bevele* nie gehoorsaam nie,
31 as hulle my wetsbepalings verbreek
en my gebooie nie gehoorsaam nie,
32 dan sal ek hulle met ’n stok straf vir hulle ongehoorsaamheid*+
en met slae vir hulle oortreding.
35 Ek het eens en vir altyd in my heiligheid gesweer.
Ek sal nie vir Dawid leuens vertel nie.+
37 Soos die maan sal dit vir ewig stewig gevestig wees
as ’n getroue getuie in die hemelruim.” (Sela)
38 Maar u het hom verstoot en verwerp.+
U het woedend geword vir u gesalfde.
39 U het die verbond met u kneg verwerp.
U het sy kroon ontheilig deur dit op die grond te gooi.
40 U het al sy klipmure* afgebreek.
U het sy vestings verwoes.
41 Almal wat verbygaan, het hom beroof.
Sy bure het hom bespot.+
42 U het sy teenstanders laat oorwin.*+
U het al sy vyande vreugdevol laat word.
43 U het ook sy swaard teruggedryf,
en u het hom nie in die geveg ondersteun nie.
44 U het ’n einde gemaak aan sy prag
en het sy troon op die grond neergegooi.
45 U het die dae van sy jeug kortgeknip.
U het hom met skande geklee. (Sela)
46 Hoe lank, o Jehovah, sal u uself verberg? Vir ewig?+
Sal u woede aanhou brand soos ’n vuur?
47 Onthou tog hoe kort my lewe is!+
Het u alle mense verniet geskep?
48 Watter man kan lewe sonder om ooit die dood te sien?+
Kan hy homself* red uit die mag van die Graf?* (Sela)
49 Waar is u vroeëre dade van lojale liefde, o Jehovah,
wat u in u getrouheid aan Dawid met ’n eed belowe het?+
50 Dink aan hoe u knegte uitgetart word, o Jehovah,
aan hoe ek die getart van al die volke moet verduur.*
51 Dink aan hoe u vyande die spot gedryf het, o Jehovah,
aan hoe hulle elke voetstap van u gesalfde beledig het.