Psalms
Maskil. Van Etan, die Esrahiet.+
89 Jehovah se blyke van liefderyke goedhartigheid sal ek tot onbepaalde tyd besing.+
Van geslag tot geslag sal ek u getrouheid met my mond bekend maak.+
2 Want ek het gesê: “Liefderyke goedhartigheid sal tot onbepaalde tyd gebou bly;+
Wat die hemele betref, daarin hou u u getrouheid stewig gevestig.”+
3 “Ek het ’n verbond met my uitverkorene gesluit;+
Ek het vir my kneg Dawid gesweer:+
4 ‘Ja, tot onbepaalde tyd sal ek jou saad stewig vestig,+
En ek sal jou troon+ van geslag tot geslag bou.’” Sela.
5 En die hemele sal u wonderdaad prys, o Jehovah,+
Ja, u getrouheid in die gemeente van die heiliges.
6 Want wie in die hemelruim kan met Jehovah vergelyk word?+
Wie is soos Jehovah onder die seuns van God?+
7 Vir God moet ontsag getoon word onder die intieme groep van heiliges;+
Hy is groot en vreesinboesemend bo almal wat rondom hom is.+
10 U het Ragab verbrysel,+ net soos iemand wat verslaan is.+
Deur die arm van u sterkte het u u vyande verstrooi.+
11 Die hemel behoort aan u,+ ook die aarde behoort aan u;+
Die vrugbare land en alles wat dit vul+—u het dit gegrondves.+
14 Regverdigheid en reg is die vaste plek van u troon;+
Liefderyke goedhartigheid en waaragtigheid kom voor u aangesig.+
19 In dié tyd het u in ’n visioen met u lojales gepraat,+
En u het gesê:
Ek het aan ’n sterke hulp verleen;+
Ek het ’n uitverkorene uit die volk verhef.+
20 Ek het my kneg Dawid gevind;+
Met my heilige olie het ek hom gesalf,+
21 Met wie my hand bestendig sal wees,+
Wat my arm ook sal versterk.+
22 Geen vyand sal buitensporige eise aan hom oplê nie,+
Ook sal geen kind van onregverdigheid hom teister nie.+
23 En ek het sy teenstanders voor hom weg verbrysel,+
En dié wat hom intens haat, het ek slae bly toedien.+
24 En my getrouheid en my liefderyke goedhartigheid is met hom,+
En in my naam word sy horing verhef.+
28 Tot onbepaalde tyd sal ek my liefderyke goedhartigheid teenoor hom bewaar,+
En my verbond sal getrou wees teenoor hom.+
30 As sy kinders my wet verlaat+
En in my regterlike beslissings nie wandel nie,+
31 As hulle my insettinge ontheilig
En my gebooie nie onderhou nie,
32 Dan sal ek my aandag met ’n roede op hulle oortreding rig+
En met slae op hulle ongeregtigheid.+
33 Maar my liefderyke goedhartigheid sal ek nie van hom wegneem nie,+
Ook sal ek nie my getrouheid verloën nie.+
37 Soos die maan sal dit tot onbepaalde tyd stewig gevestig wees,
En soos ’n getroue getuie in die hemelruim.” Sela.
46 Hoe lank, o Jehovah, sal u u verborge hou? Vir altyd?+
Sal u woede aanhou brand net soos ’n vuur?+
48 Watter man lewe daar wat die dood nie sal sien nie?+
Kan hy aan sy siel ontkoming verskaf uit die hand van Sjeool?+ Sela.
49 Waar is u vroeëre dade van liefderyke goedhartigheid, o Jehovah,
Wat u in u getrouheid aan Dawid met ’n eed beloof het?+
50 Dink, o Jehovah, aan die smaad van u knegte,+
Hoe ek in my boesem die smaad van al die baie volke dra,+
51 Hoe u vyande gesmaad het, o Jehovah,+
Hoe hulle die voetspore van u gesalfde gesmaad het.+
52 Mag Jehovah tot onbepaalde tyd geloof word. Amen en Amen.+