Jeremia
2 Jehovah het vir my gesê: 2 “Gaan en verkondig aan die inwoners van* Jerusalem: ‘Dít is wat Jehovah sê:
“Ek onthou nog goed hoe toegewyd jy in jou jong dae was,*+
die liefde wat jy getoon het toe jy verloof was,+
hoe jy my in die wildernis gevolg het,
in ’n land waar geen saad gesaai is nie.+
3 Israel was heilig vir Jehovah,+ die eerste opbrengs* van sy oes.”’
‘Enigiemand wat hom verslind, sal skuldig word.
Rampspoed sal hulle tref,’ sê Jehovah.”+
4 Hoor die woord van Jehovah, o huis van Jakob,
en al die families van die huis van Israel.
5 Dít is wat Jehovah sê:
“Watter fout het julle voorvaders by my gevind,+
dat hulle so ver van my af weggedwaal het
en agter waardelose afgode+ aangeloop het en self waardeloos geword het?+
6 Hulle het nie gevra: ‘Waar is Jehovah,
die Een wat ons uit Egipte uitgelei het,+
wat ons deur die wildernis gelei het,
deur ’n land van woestyne+ en diep gate,
deur ’n dorre land+ van diep skaduwee,
deur ’n land waardeur geen mens reis
en waar geen mense woon nie?’
7 Ek het julle toe na ’n land van vrugteboorde gebring,
om die vrugte en die goeie dinge daarvan te eet.+
Maar julle het ingekom en my land onrein gemaak.
Julle het my erfdeel in iets afskuweliks verander.+
8 Die priesters het nie gevra: ‘Waar is Jehovah?’ nie.+
Dié wat die Wet hanteer, het my nie geken nie.
Die herders het teen my in opstand gekom.+
Die profete het deur Baäl geprofeteer,+
en hulle het dié gevolg wat niemand kan help nie.
9 ‘Daarom sal ek aanhou om ’n saak teen julle te maak,’+ sê Jehovah,
‘en ek sal ’n saak teen julle nageslag maak.’
10 ‘Maar gaan oor na die kuslande* van die Kittiërs+ en kyk.
Ja, stuur iemand na Kedar+ en dink mooi hieroor na.
Kyk of iets soos die volgende al gebeur het:
11 Het ’n nasie al ooit sy gode verruil vir dié wat nie gode is nie?
Maar my eie volk het my heerlikheid verruil vir iets wat nutteloos is.+
12 Staar in verbasing hieroor, o hemele.
Bewe van absolute skok,’ sê Jehovah,
13 ‘want my volk het twee slegte dinge gedoen:
Hulle het my, die bron van lewende water, verlaat+
en vir hulle reënputte gegrawe,*
stukkende reënputte, wat nie water kan hou nie.’
14 ‘Is Israel ’n kneg of ’n slaaf wat in die huishouding gebore is?
Hoekom is hy dan oorgelewer om gevange geneem en beroof te word?
15 Jong leeus* brul teen hom.+
Hulle het hulle stem laat hoor.
Hulle het sy land iets skokkends gemaak.
Sy stede is aan die brand gesteek, sodat daar geen inwoner is nie.
16 Die mense van Nof*+ en Tagʹpanes+ maak die kroon van jou kop kaal.
17 Het jy dit nie oor jouself gebring
deur Jehovah jou God te verlaat+
terwyl hy jou op die weg gelei het nie?
19 Jy moet leer uit jou goddeloosheid,
en jou eie ontrouheid moet jou teregwys.
Jy moet leer en besef hoe sleg en bitter dit is+
om Jehovah jou God te verlaat.
Jy het my glad nie gevrees nie,’+ sê die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte.
Maar jy het gesê: “Ek sal u nie dien nie,”
want op elke hoë heuwel en onder elke groot boom+
het jy uitgestrek gelê en prostitusie gepleeg.+
21 Ek het jou geplant as ’n rooi wingerdstok van die beste gehalte,+ heeltemal gekweek uit suiwer saad.
Hoe het jy dan so agteruitgegaan en in die jong takkies van ’n vreemde wingerdstok verander?’+
22 ‘Maar al sou jy jou met soda* was en baie seep* gebruik,
sal jou skuld nog steeds ’n vlek voor my wees,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.
23 Hoe kan jy sê: ‘Ek het my nie onrein gemaak nie.
Ek het nie die Baäls gevolg nie’?
Kyk hoe jy jou gedra het in die vallei.
Let op wat jy gedoen het.
Jy is soos ’n vinnige, jong kameelkoei
wat doelloos heen en weer hardloop,
24 ’n wildedonkie wat gewoond is aan die wildernis,
wat die wind snuif op soek na seksuele bevrediging.
Wie kan haar keer wanneer sy op hitte is?
Niemand sal hulle moeg hoef te soek na haar nie.
In haar seisoen* sal hulle haar vind.
25 Moenie toelaat dat jou voete kaal word
en jou keel droog word nie.
Maar jy het gesê: ‘Nee, dit is hopeloos!+
26 Soos ’n dief verneder word wanneer hy gevang word,
so is die huis van Israel verneder,
hulle, hulle konings en hulle leiers,
hulle priesters en hulle profete.+
Maar hulle het hulle rug op my gedraai, en nie hulle gesig nie.+
En in die tyd van hulle rampspoed sal hulle sê:
‘Staan op en red ons!’+
28 Waar is jou gode nou wat jy vir jou gemaak het?+
Laat hulle opstaan as hulle jou in die tyd van jou rampspoed kan red,
want jou gode het so baie soos jou stede geword, o Juda.+
29 ‘Hoekom hou julle aan om ’n saak teen my te maak?
Hoekom het julle almal teen my in opstand gekom?’+ vra Jehovah.
30 Ek het julle kinders geslaan, maar dit het nie gehelp nie.+
Hulle het geen dissipline aanvaar nie.+
Julle eie swaard het julle profete verslind,+
soos ’n leeu wat aanval.
31 O geslag, skenk aandag aan die woord van Jehovah.
Het ek soos ’n wildernis vir Israel geword
of ’n land van onderdrukkende duisternis?
Hoekom het my volk gesê: ‘Ons swerf vryelik rond.
Ons sal nie meer na u toe kom nie’?+
En tog het my eie volk my baie dae lank vergeet.+
33 Met hoeveel vaardigheid, o vrou, berei jy jou weg voor om liefde te soek!
Jy is geoefen in die weë van goddeloosheid.+
34 Selfs jou klere is bevlek met die bloed van die onskuldige armes,+
al was hulle nie besig om in te breek nie.
Hulle bloed is op al jou klere.+
35 Maar jy sê: ‘Ek is onskuldig.
Hy is tog seker nie meer kwaad vir my nie.’
Nou bring ek ’n oordeel teen jou
omdat jy sê: ‘Ek het nie gesondig nie.’
36 Hoekom dink jy niks daarvan om heeltyd te verander nie?
37 Ook om hierdie rede sal jy met jou hande op jou kop in skaamte uitgaan,+
want Jehovah het dié verwerp in wie jy vertroue gestel het.
Hulle sal jou nie suksesvol maak nie.”