104 Loof Jehovah, o my siel.+
O Jehovah my God, u is baie groot.+
Met waardigheid en prag het u u beklee,+
2 Deurdat u u met die lig omhul soos met ’n kleed,+
Die hemel uitspan soos ’n tentdoek,+
3 Die Een wat sy bovertrekke met balke in die waters bou,+
Wat die wolke sy wa maak,+
Wat op die vleuels van die wind wandel,+
4 Wat sy engele geeste maak,+
Sy dienaars ’n verterende vuur.+
5 Hy het die aarde op sy vaste plekke gegrondves;+
Tot onbepaalde tyd of tot in ewigheid sal niks dit laat wankel nie.+
6 Met ’n waterdiepte net soos ’n kleed het u dit oordek.+
Die waters het bo die berge gestaan.+
7 Weens u bestrawwing het hulle begin vlug;+
By die geluid van u donder is hulle in paniek op die vlug gejaag—
8 Berge het opgerys,+
Valleivlaktes het weggesak—
Na die plek wat u vir hulle gegrondves het.
9 ’n Grens het u gestel, wat hulle nie mag oorskry nie,+
Sodat hulle die aarde nie weer sou oordek nie.+
10 Hy stuur fonteine in die stroomvalleie;+
Tussen die berge bly hulle vloei.
11 Hulle laat al die wilde diere van die oop veld voortdurend drink;+
Die sebras+ les gereeld hulle dors.
12 Bo hulle woon die voëls van die hemel;+
Tussen die digte blare uit laat hulle aanhoudend hulle stem hoor.+
13 Hy laat die berge uit sy bovertrekke drink.+
Met die vrug van u werke word die aarde versadig.+
14 Hy laat groen gras uitspruit vir die diere,+
En plante tot nut van die mens,+
Om voedsel uit die aarde te laat voortkom,+
15 En wyn wat die hart van die sterflike mens vrolik maak,+
Om die gesig te laat blink van olie,+
En brood wat die hart van die sterflike mens versterk.+
16 Die bome van Jehovah word versadig,
Die seders van die Liʹbanon wat hy geplant het,+
17 Waar die voëls nes maak.+
Wat die ooievaar betref, die jenewerbome is sy huis.+
18 Die hoë berge+ is vir die bergbokke;+
Die kranse is ’n toevlug vir die klipdassies.+
19 Hy het die maan vir vasgestelde tye gemaak;+
Die son weet goed waar dit ondergaan.+
20 U veroorsaak duisternis, sodat dit nag word;+
Waarin al die wilde diere van die woud uitkom.
21 Die jong maanhaarleeus brul om prooi+
En om hulle voedsel van God te soek.+
22 Die son begin skyn+—hulle trek hulle terug
En gaan lê in hulle skuilplekke.
23 Die mens gaan uit na sy werk+
En na sy diens tot die aand toe.+
24 Hoe talryk is u werke, o Jehovah!+
U het hulle almal in wysheid gemaak.+
Die aarde is vol van wat u voortgebring het.+
25 Wat hierdie see betref, so groot en wyd,+
Daarin is bewegende dinge sonder tal,+
Diere, klein sowel as groot.+
26 Daar gaan die skepe;+
Wat die Leviaʹtan+ betref, hom het u gevorm om daarin te speel.+
27 Hulle almal—op u bly hulle wag+
Om hulle hulle voedsel op die regte tyd te gee.+
28 Wat u hulle gee, tel hulle op.+
U maak u hand oop—hulle word versadig met goeie dinge.+
29 As u u aangesig verberg, raak hulle ontsteld.+
As u hulle gees wegneem, sterf hulle,+
En hulle keer terug tot hulle stof.+
30 As u u gees uitstuur, word hulle geskep;+
En u vernuwe die gelaat van die aarde.
31 Die heerlikheid van Jehovah sal tot onbepaalde tyd wees.+
Jehovah sal hom in sy werke verbly.+
32 Hy kyk na die aarde, en dit bewe;+
Hy raak aan die berge, en hulle rook.+
33 Ek sal my hele lewe lank tot Jehovah sing;+
Ek sal my God met melodieë besing solank ek daar is.+
34 Laat my gepeins oor hom aangenaam wees.+
Ek sal my in Jehovah verbly.+
35 Die sondaars sal van die aarde af uitgewis word;+
En wat die goddeloses betref, hulle sal daar nie meer wees nie.+
Loof Jehovah, o my siel. LOOF Jah!+