-
1 Konings 16:30, 31Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
30 Agab, die seun van Omri, was slegter in die oë van Jehovah as almal wat voor hom was.+ 31 Asof dit nie erg genoeg was dat hy dieselfde sondes gepleeg het as Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, nie, het hy ook Iseʹbel,+ die dogter van Etʹbaäl, die koning van die Sidoniërs,+ as vrou geneem en Baäl begin dien+ en voor hom neergebuig.
-
-
2 Konings 23:4, 5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Die koning het die hoëpriester Hilkiʹa,+ die ander priesters en die deurwagters beveel om al die voorwerpe wat vir Baäl, vir die heilige paal*+ en vir die hele leërmag van die hemel gemaak is, uit die tempel van Jehovah te neem. Toe het hy dit buite Jerusalem op die terrasse van Kidron verbrand, en hy het die as daarvan na Bet-El geneem.+ 5 Hy het ’n einde gemaak aan die bedrywighede van die priesters van vreemde gode, wat deur die konings van Juda aangestel is om offerrook te laat opgaan op die offerhoogtes in die stede van Juda en die omgewing van Jerusalem. Hy het ook almal verwyder wat vir Baäl, vir die son, vir die maan, vir die sterrebeelde van die diereriem en vir die hele leërmag van die hemel offerrook laat opgaan het.+
-