Psalms
105 Dank Jehovah,+ roep sy naam aan!
Maak sy dade onder die volke bekend!+
2 Sing vir hom, sing lofliedere* vir hom.
Dink na oor* al sy wonderlike werke.+
Laat die hart van almal wat Jehovah dien,* bly wees.+
Soek altyd sy goedkeuring.
5 Dink aan sy wonderlike dade,
sy wonderwerke en sy oordele,+
6 o nageslag* van Abraham, sy kneg,+
o kinders van Jakob, dié wat hy uitgekies het.+
Sy oordele geld vir die hele aarde.+
8 Hy onthou sy verbond vir ewig.+
Hy dink tot in ’n duisend geslagte aan die belofte wat hy gemaak het,*+
9 die verbond wat hy met Abraham gemaak het,+
en die eed wat hy aan Isak gesweer het.+
10 Hy het dit as ’n bevel vir Jakob vasgestel,
en as ’n permanente verbond vir Israel,
11 toe hy gesê het: “Ek sal vir jou die land Kanaän gee+
as jou erfdeel.”+
14 Hy het nie toegelaat dat enigiemand hulle onderdruk nie,+
maar ter wille van hulle het hy konings tereggewys+
15 en gesê: “Moenie aan my gesalfdes raak nie,
en moet niks slegs aan my profete doen nie.”+
16 Hy het ’n hongersnood oor die land laat kom.+
Hy het hulle voedselvoorraad laat opraak.*
20 Die koning het ’n bevel gegee om hom vry te laat.+
Die heerser van die volke het hom bevry.
21 Hy het hom as meester van sy huis aangestel,
as heerser oor al sy eiendom,+
22 om volle gesag oor sy hoë amptenare te hê*
en om sy ouermanne wysheid te leer.+
24 God het sy volk baie vrugbaar gemaak.+
Hy het hulle magtiger laat word as hulle vyande.+
25 Hy het hulle harte laat verander om sy volk te haat
en om slinkse planne teen sy knegte te beraam.+
28 Hy het duisternis gestuur, en die land het donker geword.+
Hulle het nie teen sy woorde in opstand gekom nie.
33 Hy het hulle wingerdstokke en hulle vyebome getref
en die bome van hulle gebied vernietig.
35 Hulle het al die plante in die land verslind,
en hulle het die opbrengs van die grond verslind.
40 Hulle het gevra, en hy het kwartels gebring.+
Hy het hulle met brood uit die hemel bly versadig.+
41 Hy het ’n rots oopgemaak, en water het uitgevloei.+
Dit het soos ’n rivier deur die woestyn gevloei.+
42 Want hy het gedink aan die heilige belofte wat hy aan sy kneg Abraham gemaak het.+
43 Hy het sy volk met uitroepe van vreugde uitgelei,+
die volk wat hy uitgekies het, met ’n vreugdevolle geroep.
44 Hy het die lande van nasies aan hulle gegee.+
Hulle het geërf wat ander volke hard gewerk het om voort te bring,+
45 sodat hulle sy bevele sou gehoorsaam+
en sy wette sou nakom.
Loof Jah!*