Jesaja
“Moenie bang wees nie, want ek het jou teruggekoop.+
Ek het jou op jou naam geroep.
Jy behoort aan my.
2 As jy deur die waters gaan, sal ek met jou wees,+
en as jy riviere oorsteek, sal dit nie bo-oor jou spoel nie.+
As jy deur die vuur loop, sal jy nie geskroei word nie,
en die vlam sal jou ook nie brand nie.
3 Want ek is Jehovah jou God,
die Heilige van Israel, jou Redder.
Ek het Egipte as ’n losprys vir jou gegee,
Etiopië en Seba in ruil vir jou.
4 Want jy het kosbaar geword in my oë.+
Jy is geëer, en ek is lief vir jou.+
Daarom sal ek mense in ruil vir jou gee,
en nasies in ruil vir jou lewe.
5 Moenie bang wees nie, want ek is met jou.+
6 Ek sal vir die noorde sê: ‘Gee hulle terug!’+
en vir die suide: ‘Laat hulle gaan.
Bring my seuns van ver af, en my dogters van die eindes van die aarde af,+
en wat ek ter wille van my heerlikheid geskep het,
wat ek gemaak en gevorm het.’+
Laat hulle hulle getuies bring om te probeer bewys dat hulle reg is,
of laat mense dit hoor en sê: ‘Dit is die waarheid!’”+
10 “Julle is my getuies,”+ sê Jehovah,
“ja, my kneg wat ek uitgekies het+
sodat julle my kan ken en geloof in my kan hê,*
en sodat julle kan verstaan dat ek dieselfde is.+
Voor my is geen God gevorm nie,
en ná my was daar nie een nie.+
11 Ek – ek is Jehovah,+ en daar is geen ander redder as ek nie.”+
12 “Ek is die Een wat dit verkondig het en julle gered het en dit bekend gemaak het
toe daar geen vreemde god by julle was nie.+
Daarom is julle my getuies,” sê Jehovah, “en ek is God.+
Wie kan my keer wanneer ek optree?”+
14 Dít is wat Jehovah, julle Terugkoper,+ die Heilige van Israel,+ sê:
“Ter wille van julle sal ek ’n leërmag na Babilon stuur en die grendels van die poorte laat afkom,+
en die Galdeërs, in hulle skepe, sal ontsteld uitroep.+
15 Ek is Jehovah, julle Heilige,+ julle Koning,+ die Skepper van Israel.”+
16 Dít is wat Jehovah sê,
die Een wat ’n weg deur die see
en ’n pad deur onstuimige waters maak,+
17 die Een wat die strydwa en die perd laat optrek,+
die leërmag en die magtige vegters:
“Hulle sal gaan lê en nie weer opstaan nie.+
Hulle sal verdwyn. Hulle sal soos ’n lamp uitgedoof word.”
18 “Vergeet van die vorige dinge,
en moenie bly dink aan die verlede nie.
Dit begin nou al gebeur.
Sien julle dit nie?
20 Die wilde diere van die veld sal my eer,
die jakkalse en die volstruise,
want ek voorsien water in die wildernis,
riviere in die woestyn,+
sodat my volk, die volk wat ek uitgekies het,+ kan drink.
23 Jy het nie vir my skape vir jou heelbrandoffers gebring
of my met jou offerandes verheerlik nie.
Ek het jou nie gedwing om vir my ’n gawe te bring
of dit vir jou moeilik gemaak deur wierook te verwag nie.+
24 Jy het nie vir my geurige riet met jou geld gekoop nie,
en jy het my nie versadig met die vet van jou offerandes nie.+
Jy het my eerder met jou sondes belas
en my moeg gemaak met jou oortredings.+
25 Ek – ek is die Een wat jou oortredings* om my eie onthalwe+ uitwis,+
en ek sal nie aan jou sondes dink nie.+
26 Laat ons ’n regsaak teen mekaar voer.
Herinner my. Vertel my jou kant van die saak om te bewys dat jy reg is.