Josua
14 Dit is wat die Israeliete as ’n erfdeel in die land Kanaän geneem het, wat die priester Eleaʹsar en Josua, die seun van Nun, en die hoofde van die vaderhuise van die stamme van Israel as ’n erfdeel aan hulle gegee het.+ 2 Hulle erfdeel is deur middel van die lot toegewys,+ net soos Jehovah die nege en ’n half stamme deur Moses beveel het.+ 3 Moses het die ander twee en ’n half stamme ’n erfdeel aan die ander kant* van die Jordaanrivier gegee,+ en hy het nie aan die Leviete ’n erfdeel onder hulle gegee nie.+ 4 Die nakomelinge van Josef is as twee stamme beskou,+ Manasʹse en Eʹfraim,+ maar die Leviete het nie ’n deel van die land ontvang nie, behalwe stede+ om in te woon en weivelde vir hulle vee.+ 5 Die Israeliete het die land dus verdeel net soos Jehovah Moses beveel het.
6 Toe het die manne van Juda na Josua toe gekom in Gilgal,+ en Kaleb,+ die seun van Jefunʹne, die Kenissiet, het vir hom gesê: “Jy weet goed wat Jehovah in Kaʹdes-Barneʹa+ oor my en jou vir Moses, die man van die ware God,+ gesê het.+ 7 Ek was 40 jaar oud toe Moses, die kneg van Jehovah, my van Kaʹdes-Barneʹa af gestuur het om die land te verken,+ en ek het met ’n eerlike verslag* teruggekeer.+ 8 Al het my broers wat saam met my gegaan het, die volk laat moed verloor,* het ek Jehovah my God heelhartig* gevolg.+ 9 Moses het op daardie dag gesweer: ‘Die land waarop jy geloop het, sal vir jou en jou seuns ’n permanente erfdeel word omdat jy Jehovah my God heelhartig gevolg het.’+ 10 Net soos Jehovah belowe het,+ het hy my lewe bewaar+ hierdie 45 jaar sedert Jehovah hierdie belofte aan Moses gemaak het, toe Israel deur die wildernis getrek het.+ Nou is ek 85 jaar oud, en ek lewe nog steeds. 11 En ek is vandag nog net so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het. My krag om oorlog te voer en om ander dinge te doen, is nou net soos dit destyds was. 12 Gee my dus hierdie bergstreek wat Jehovah op daardie dag belowe het. Jy het op daardie dag gehoor dat daar Enakiete+ met groot versterkte stede+ is, maar Jehovah sal beslis* met my wees,+ en ek sal hulle verdryf, net soos Jehovah belowe het.”+
13 Toe het Josua hom geseën en Heʹbron aan Kaleb, die seun van Jefunʹne, as ’n erfdeel gegee.+ 14 Daarom behoort Heʹbron tot vandag toe aan Kaleb, die seun van Jefunʹne, die Kenissiet, want hy het Jehovah, die God van Israel, heelhartig gevolg.+ 15 Die naam van Heʹbron was voorheen Kirjat-Arba+ (Arba was die belangrikste man onder die Enakiete). En die land het vrede gehad, en daar was nie oorlog nie.+