Psalms
78 Luister, my volk, na my wet.*
Skenk aandag aan die woorde van my mond.
2 Ek sal my mond oopmaak met ’n spreekwoord.
Ek sal raaisels van lank gelede vertel.+
3 Die dinge wat ons gehoor het en wat ons weet,
wat ons vaders ons vertel het,+
4 sal ons nie vir hulle kinders wegsteek nie.
Ons sal die geslag wat kom,
van die lofwaardige dade van Jehovah en van sy krag vertel,+
van die wonderlike dinge wat hy gedoen het.+
5 Hy het ’n herinnering in Jakob gegee
en ’n wet in Israel gemaak.
Hy het ons voorvaders beveel
om hierdie dinge aan hulle kinders bekend te maak,+
6 sodat die volgende geslag,
die kinders wat nog gebore sal word, daarvan kan weet.+
Hulle sal weer hulle kinders daarvan vertel.+
7 Dan sal hulle hulle vertroue in God stel.
Hulle sal God se werke nie vergeet nie.+
Hulle sal sy gebooie gehoorsaam.+
8 Dan sal hulle nie soos hulle voorvaders wees nie,
’n hardkoppige en opstandige geslag,+
’n geslag wie se hart nie standvastig* was nie+
en wie se gees nie aan God getrou was nie.
9 Die Efraimiete was met die boog gewapen,
maar hulle het teruggetrek op die dag van die geveg.
12 Hy het wonderlike dinge voor die oë van hulle voorvaders gedoen,+
in Egipte, die gebied van Soan.+
15 Hy het rotse in die wildernis oopgebreek.
Hy het hulle genoeg laat drink, asof uit diep waters.+
17 Maar hulle het aangehou om teen hom te sondig
deur teen die Allerhoogste in opstand te kom in die woestyn.+
“Kan hy vir ons ook brood gee,
of kan hy vir sy volk vleis gee?”+
21 Toe Jehovah hoor wat hulle sê, het hy woedend geword.+
’n Vuur+ het teen Jakob gebrand,
en sy woede het teen Israel opgevlam+
22 omdat hulle nie geloof in God gestel het+
of vertroue gehad het in sy vermoë om hulle te red nie.
23 Hy het die bewolkte lug ’n bevel gegee,
en hy het die deure van die hemel oopgemaak.
24 Hy het aangehou om manna te laat reën vir hulle om te eet.
Hy het die graan van die hemel vir hulle gegee.+
25 Mense het die brood van magtiges* geëet.+
Hy het genoeg voorsien om hulle te versadig.+
27 En hy het vleis op hulle laat reën net soos stof,
voëls soos die sand van die see.
28 Hy het dit in die middel van sy kamp laat val,
al om sy tente.
29 En hulle het geëet en hulle ooreet.
Hy het hulle gegee wat hulle begeer het.+
30 Maar voordat hulle hulle begeerte heeltemal bevredig het,
terwyl hulle kos nog in hulle mond was,
Hy het hulle sterkste manne doodgemaak.+
Hy het die jong manne van Israel neergeslaan.
32 Ten spyte hiervan het hulle selfs verder gesondig+
en geen geloof in sy wonderlike werke gestel nie.+
33 Daarom het hy hulle dae tot ’n einde gebring, asof dit net asem was,+
en hulle jare beëindig deur middel van verskriklike dinge wat skielik oor hulle gekom het.
34 Maar elke keer wanneer hy party van hulle doodgemaak het, het hulle hom gesoek.+
Hulle het teruggekeer en God gesoek.
36 Maar hulle het hom met hulle mond probeer mislei
en met hulle tong vir hom gelieg.
37 Hulle hart was nie standvastig teenoor hom nie.+
En hulle was nie getrou aan sy verbond nie.+
Hy het hulle oortreding vergewe* en hulle nie vernietig nie.+
Hy het sy woede dikwels teruggehou+
in plaas daarvan om dit te laat opvlam.
40 Hoe dikwels het hulle teen hom in die wildernis in opstand gekom+
en sy gevoelens in die woestyn seergemaak!+
41 Keer op keer het hulle God se geduld getoets,+
en hulle het die Heilige van Israel hartseer gemaak.*
42 Hulle het vergeet van sy krag,*
die dag toe hy hulle van die vyand gered* het,+
43 hoe hy sy tekens in Egipte vertoon het+
en sy wonderwerke in die gebied van Soan,
44 en hoe hy die Nylkanale in bloed verander het,+
sodat hulle nie uit hulle strome kon drink nie.
45 Hy het swerms steekvlieë gestuur om hulle te verslind+
en paddas om verwoesting oor hulle te bring.+
46 Hy het hulle oeste aan die gulsige sprinkane gegee,
die vrug van hulle arbeid aan die swerms sprinkane.+
49 Hy het sy brandende woede oor hulle gebring,
groot woede en paniek,
groepe engele wat rampspoed bring.
50 Hy het ’n pad vir sy woede oopgemaak.
Hy het hulle nie van die dood teruggehou nie,
en hy het hulle* aan vreeslike siektes oorgegee.
51 Uiteindelik het hy al die eersgeborenes van Egipte doodgemaak,+
die begin van hulle voortplantingsvermoë in die tente van Gam.
Die see het hulle vyande bedek.+
55 Hy het die nasies voor hulle uit verdryf.+
Hy het ’n erfdeel met die maatlyn aan hulle toegeken.+
Hy het die stamme van Israel in hulle huise laat woon.+
56 Maar hulle het aangehou om God, die Allerhoogste, uit te daag* en om teen hom in opstand te kom.+
Hulle het nie aandag geskenk aan sy herinneringe nie.+
57 Hulle het ook bly wegdraai en was net so bedrieglik soos hulle voorvaders.+
Hulle was net so onbetroubaar soos ’n slap boog.+
60 Hy het uiteindelik die tabernakel van Silo+ verlaat,
die tent waar hy onder die mense gewoon het.+
65 Toe het Jehovah wakker geword asof hy geslaap het,+
soos ’n magtige man+ wat wakker word nadat hy baie wyn gedrink het.
66 En hy het sy vyande teruggedryf.+
Hy het permanente skande oor hulle gebring.
67 Hy het die tent van Josef verwerp.
Hy het nie die stam van Eʹfraim uitgekies nie.
69 Hy het sy heiligdom so permanent soos die hemel gemaak,*+
soos die aarde wat hy vir ewig gevestig het.+