Psalms
Maskil. Van Asaf.+
2 Met ’n spreekwoord sal ek my mond oopmaak;+
Ek sal raaisels van lank gelede laat uitborrel,+
En wat ons vaders ons vertel het;+
4 Wat ons nie vir hulle kinders verberg nie,+
Maar selfs vir die komende geslag vertel,+
Die lofprysinge van Jehovah en sy sterkte+
En sy wonderlike dinge wat hy gedoen het.+
5 En hy het ’n herinnering in Jakob gegee,+
En ’n wet het hy in Israel gestel,+
Dinge wat hy ons voorvaders beveel het,+
Om dit aan hulle kinders bekend te maak;+
6 Sodat die komende geslag, die kinders wat gebore sou word, dit kon weet,+
Sodat hulle kon opstaan en dit vir hulle kinders kon vertel,+
7 En sodat hulle hulle vertroue in God kon stel+
En die handelinge van God nie sou vergeet nie,+ maar sy gebooie sou bewaar.+
8 En hulle moes nie soos hulle voorvaders word nie,+
’n Hardkoppige en opstandige geslag,+
’n Geslag wat nie hulle hart voorberei het nie+
En wie se gees nie trou was teenoor God nie.+
9 Hoewel die kinders van Eʹfraim gewapende boogskutters was,+
Het hulle teruggetrek op die dag van die stryd.+
13 Hy het die see gekloof, sodat hy hulle kon laat deurtrek,+
En hy het die waters soos ’n dam laat staan.+
15 Hy het rotse in die wildernis gekloof,+
Sodat hy hulle oorvloedig kon laat drink soos uit waterdieptes.+
17 En hulle het nog meer teen hom bly sondig+
Deur in die waterlose streek teen die Allerhoogste in opstand te kom;+
18 En hulle het God in hulle hart op die proef gestel+
Deur vir hulle siel iets te ete te vra.+
20 Kyk! Hy het ’n rots geslaan+
Sodat waters gevloei het en strome in vloed was.+
“Kan hy ook brood gee,+
Of kan hy voedsel vir sy volk berei?”+
21 Daarom het Jehovah gehoor en grimmig geword;+
En ’n vuur is teen Jakob aangesteek,+
En toorn het ook teen Israel opgekom.+
24 En hy het aanhoudend manna op hulle laat reën om te eet,+
En die graan van die hemel het hy aan hulle gegee.+
27 En hy het voedsel op hulle laat reën net soos stof,+
Ja, gevleuelde voëls net soos die sandkorrels van die seë.+
30 Hulle het hulle nog nie van hulle begeerte afgewend nie,
Terwyl hulle voedsel nog in hulle mond was,+
31 Toe het God se gramskap teen hulle opgekom.+
En hy het van hulle fris manne gedood;+
En die jong manne van Israel het hy laat inmekaarsak.
33 Daarom het hy hulle dae tot ’n einde gebring asof dit ’n blote asemstoot was,+
En hulle jare deur die ontsteltenis.
34 Elke keer as hy hulle gedood het, het hulle na hom gevra,+
En hulle het teruggekeer en God gesoek.+
35 En hulle het daaraan begin dink dat God hulle Rots was+
En dat God, die Allerhoogste, hulle Wreker was.+
36 En hulle het hom met hulle mond probeer mislei;+
En met hulle tong het hulle vir hom probeer lieg.+
38 Maar hy was barmhartig;+ hy het die oortreding bedek+ en nie vernietiging gebring nie.+
En hy het sy toorn dikwels afgewend,+
En hy het nie al sy woede opgewek nie.
40 Hoe dikwels het hulle in die wildernis teen hom in opstand gekom,+
Het hulle hom in die woestyn gekrenk!+
42 Hulle het nie aan sy hand gedink nie,+
Aan die dag toe hy hulle van die teenstander verlos het nie,+
43 Hoe hy sy tekens in Egipte gestel het+
En sy wonderwerke in die veld van Soan;+
44 En hoe hy hulle Nylkanale in bloed begin verander het,+
Sodat hulle nie uit hulle eie strome kon drink nie.+
45 Hy het steekvlieë oor hulle gestuur, sodat dié hulle sou verteer;+
En paddas, sodat dié verwoesting oor hulle sou bring.+
46 En hy het hulle opbrengs aan die kakkerlakke begin gee,
En hulle moeisame arbeid aan die sprinkane.+
49 Hy het sy brandende toorn oor hulle gestuur,+
Grimmigheid en veroordeling en benoudheid,+
Afvaardigings van engele wat rampspoed bring.+
50 Hy het ’n pad vir sy toorn gebaan.+
Hy het nie hulle siel van die dood teruggehou nie;
En hulle lewe het hy aan die pes oorgegee.+
51 Uiteindelik het hy al die eersgeborenes in Egipte getref,+
Die begin van hulle voortplantingsvermoë in die tente van Gam.+
52 Daarna het hy sy volk laat wegtrek net soos ’n kudde+
En hulle gelei soos ’n trop in die wildernis.+
53 En hy het hulle in veiligheid bly lei, en hulle was nie beangs nie;+
En die see het hulle vyande bedek.+
55 En ter wille van hulle het hy die nasies geleidelik verdryf,+
En deur die meetsnoer het hy aan hulle ’n erfdeel toegemeet,+
Sodat hy die stamme van Israel in hulle eie huise laat woon het.+
56 En hulle het God, die Allerhoogste, op die proef begin stel en teen hom in opstand gekom,+
En sy herinneringe het hulle nie onderhou nie.+
57 Hulle het ook bly terugdraai en verraderlik gehandel soos hulle voorvaders;+
Hulle het omgedraai soos ’n slap boog.+
58 En hulle het hom bly aanstoot gee met hulle hoogtes,+
En met hulle gesnede beelde het hulle hom tot jaloesie bly opwek.+
60 En hy het uiteindelik die tabernakel van Silo prysgegee,+
Die tent waarin hy onder mense gewoon het.+
61 En hy het sy sterkte aan gevangenskap oorgegee+
En sy luisterrykheid in die hand van die teenstander.+
66 En hy het sy teenstanders van agter getref;+
’n Smaad wat onbepaald voortduur, het hy hulle gegee.+
69 En hy het sy heiligdom begin bou soos die hoogtes,+
Soos die aarde wat hy tot onbepaalde tyd gegrondves het.+