Deuteronomium
31 Toe het Moses uitgegaan en hierdie woorde aan die hele Israel oorgedra 2 en vir hulle gesê: “Ek is vandag 120 jaar oud.+ Ek kan julle nie meer lei nie* omdat Jehovah vir my gesê het: ‘Jy sal nie deur hierdie Jordaanrivier trek nie.’+ 3 Jehovah julle God trek voor julle deur, en hy sal hierdie nasies voor julle vernietig, en julle sal hulle verdryf.+ Josua sal voor julle deurtrek en julle lei,+ net soos Jehovah gesê het. 4 Jehovah sal met hulle doen net soos hy met Sihon+ en Og,+ die konings van die Amoriete, en met hulle land gedoen het toe hy hulle vernietig het.+ 5 Jehovah sal hulle vir julle verslaan, en julle moet aan hulle doen volgens die hele gebod wat ek julle gegee het.+ 6 Wees moedig en sterk.+ Moet hulle nie vrees nie en moenie vir hulle bang wees nie,+ want Jehovah julle God trek saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat of julle verlaat nie.”+
7 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom voor die oë van die hele Israel gesê: “Wees moedig en sterk,+ want jy sal hierdie volk in die land inbring wat Jehovah aan hulle voorvaders met ’n eed belowe het om aan hulle te gee, en jy sal dit aan hulle as ’n erfdeel gee.+ 8 Jehovah gaan voor jou uit, en hy sal voortdurend met jou wees.+ Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie. Moenie bang wees of vrees nie.”+
9 Toe het Moses hierdie Wet neergeskryf+ en dit gegee aan die priesters, die Leviete, wat die ark van Jehovah se verbond dra, en aan al die ouermanne van Israel. 10 Moses het hulle die volgende bevele gegee en gesê: “Aan die einde van elke sewe jaar, op die vasgestelde tyd van die jaar wanneer skuld afgeskryf word,+ gedurende die Huttefees,*+ 11 wanneer die hele Israel voor Jehovah julle God verskyn+ op die plek wat hy uitkies, moet julle hierdie Wet lees sodat die hele Israel dit kan hoor.+ 12 Laat die volk bymekaarkom,+ die mans, die vrouens, die kinders en die uitlanders wat in julle stede* woon sodat hulle na Jehovah julle God kan luister, van hom kan leer, hom kan vrees en kan seker maak dat hulle al die woorde van hierdie Wet gehoorsaam. 13 Dan sal hulle kinders wat nie hierdie Wet geken het nie, luister+ en leer om Jehovah julle God te vrees al die dae wat julle in die land woon wat julle gaan besit nadat julle deur die Jordaanrivier getrek het.”+
14 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Kyk! Die tyd vir jou om te sterf, het nader gekom.+ Roep Josua en gaan staan saam met hom* by die tent van samekoms, sodat ek hom as leier kan aanstel.”+ Moses en Josua het toe by die tent van samekoms gaan staan. 15 Toe het Jehovah by die tent in die wolkkolom verskyn, en die wolkkolom het by die ingang van die tent gaan staan.+
16 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Jy gaan nou sterf,* en hierdie volk sal die vreemde gode begin aanbid* wat in die land is waarheen hulle gaan.+ Hulle sal my verlaat+ en my verbond verbreek wat ek met hulle gemaak het.+ 17 Dan sal my woede teen hulle opvlam,+ en ek sal hulle verlaat+ en my gesig van hulle af wegdraai,+ totdat hulle verslind is. En nadat baie rampspoed oor hulle gekom het en hulle baie swaargekry het,+ sal hulle sê: ‘Het hierdie rampspoed nie oor ons gekom omdat ons God nie by ons is nie?’+ 18 Maar op daardie dag sal ek my gesig wegdraai as gevolg van al die goddelose dinge wat hulle gedoen het toe hulle ander gode aanbid het.+
19 “Skryf dan nou vir julle hierdie lied neer+ en leer dit vir die Israeliete.+ Laat hulle dit leer* sodat hierdie lied as my getuie teen die Israeliete kan dien.+ 20 Wanneer ek hulle inbring in die land wat ek aan hulle voorvaders met ’n eed belowe het+ – ’n land wat oorloop van melk en heuning+ – en hulle eet en versadig word en dit met hulle goed gaan,*+ sal hulle op ander gode vertrou en hulle dien en my sonder respek behandel en my verbond verbreek.+ 21 Wanneer baie rampspoed oor hulle gekom het en hulle baie swaargekry het,+ dan sal hierdie lied teen hulle getuig (want hulle nageslag moet dit nie vergeet nie), want ek weet goed watter neiging hulle ontwikkel+ selfs voordat ek hulle in die land inbring wat ek hulle met ’n eed belowe het.”
22 Toe het Moses op daardie dag hierdie lied neergeskryf en dit vir die Israeliete geleer.
23 Hy* het Josua,+ die seun van Nun, toe as leier aangestel en gesê: “Wees moedig en sterk,+ want jy sal die Israeliete in die land inbring wat ek met ’n eed aan hulle belowe het,+ en ek sal met jou wees.”
24 Nadat Moses al die woorde van hierdie Wet in ’n boek neergeskryf het,+ 25 het Moses die Leviete, wat die ark van Jehovah se verbond dra, die volgende bevel gegee en gesê: 26 “Julle moet hierdie Wetboek+ neem en dit langs die ark+ van die verbond van Jehovah julle God neersit, en daar sal dit as ’n getuie teen julle dien. 27 Want ek weet goed dat julle opstandig+ en hardkoppig+ is. As julle so opstandig teen Jehovah is terwyl ek nog lewe en by julle is, hoeveel opstandiger sal julle dan nie ná my dood wees nie! 28 Laat al die ouermanne van julle stamme en al julle beamptes by my bymekaarkom, sodat ek hierdie woorde vir hulle kan sê, en laat ek die hemel en die aarde as getuies teen hulle neem.+ 29 Want ek weet goed dat julle ná my dood goddeloos sal optree+ en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het. En aan die einde van die dae sal rampspoed vir seker oor julle kom+ omdat julle sal doen wat sleg is in die oë van Jehovah en hom aanstoot sal gee met die werk van julle hande.”
30 Toe het Moses die woorde van hierdie lied, van begin tot einde, voor die hele gemeente van Israel opgesê:+