Jesaja
64 As u maar net die hemel uitmekaargeskeur het en neergedaal het.
Dan sou die berge weens u bewe,
2 soos wanneer ’n vuur die fynhout aan die brand steek
en die vuur die water laat kook.
Dan sou u vyande u naam ken,
en die nasies sou voor u bewe!
3 Toe u ontsagwekkende dinge gedoen het wat ons nie verwag het nie,+
het u neergedaal, en die berge het voor u gebewe.+
4 Niemand het nog ooit van ’n God soos u gehoor
of ’n God soos u gesien
U het kwaad geword, terwyl ons bly sondig het.+
Ons het lank daarmee aangehou.
Moet ons nou gered word?
6 En ons het almal geword soos iemand wat onrein is,
en al ons regverdige dade is soos die doek van ’n menstruerende vrou.+
Ons sal almal soos blare verlep,
en ons oortredings sal ons wegwaai soos die wind.
7 Daar is niemand wat u naam aanroep nie,
niemand wat hom inspan om u vas te gryp nie,
want u het u gesig van ons af weggedraai,+
en u laat ons wegteer as gevolg van ons oortredings.
8 Maar u is ons Vader, o Jehovah.+
Ons is die klei, en u is ons Pottebakker.*+
Ons is almal die werk van u hande.
Kyk asseblief na ons, want ons is almal u volk.
10 U heilige stede het ’n wildernis geword.
Sion het ’n wildernis geword,
Jerusalem ’n woesteny.+
11 Ons heilige en glorieryke* tempel,
waar ons voorvaders u geloof het,
is met vuur verbrand,+
en alles wat vir ons kosbaar was, is verwoes.
12 Sal u dan nie optree nie, o Jehovah?
Sal u stilbly en toelaat dat ons so bitterlik ly?+