Die tweede boek van Samuel
22 En Dawid het die woorde van hierdie lied vir Jehovah gesing+ op die dag toe Jehovah hom gered het uit die hand van al sy vyande+ en uit Saul se hand.+ 2 Hy het gesê:
“Jehovah is my groot rots en my vesting+ en die Een wat my red.+
3 My God is my rots,+ by wie ek beskerming soek,
my skild+ en my horing* van redding,* my veilige skuilplek*+
en die plek waarheen ek kan vlug,+ my redder.+ U red my van geweld.
4 Ek roep Jehovah aan, wat verdien om geloof te word,
en ek sal van my vyande gered word.
5 Die branders van die dood het om my gebreek.+
Stortvloede van nikswerd mense het my baie bang gemaak.+
Toe het hy vanuit sy tempel my stem gehoor,
en my geroep om hulp het sy ore bereik.+
8 Die aarde het begin skud en bewe,+
en die fondamente van die hemel het gebewe+
en heen en weer geskud omdat hy woedend gemaak is.+
9 Rook het uit sy neusgate gekom,
en ’n verterende vuur het by sy mond uitgekom.+
Gloeiende kole het uit hom voortgekom.
10 Hy het die hemel laat buig terwyl hy neergedaal het,+
en daar was digte, donker wolke onder sy voete.+
11 Hy het op ’n gerub+ gery en aangevlieg gekom.
Hy was sigbaar op die vlerke van ’n gees.*+
13 Uit die helderheid voor hom het brandende kole opgevlam.
14 Toe het Jehovah se stem soos donderslae vanuit die hemel gedreun.+
Die Allerhoogste het sy stem laat hoor.+
16 Die seebodem het sigbaar geword.+
Die fondamente van die land is deur die straf van Jehovah blootgelê,
deur die geblaas van die asem van sy neusgate.+
17 Hy het sy hand vanuit die hoogte uitgestrek.
Hy het my gegryp en my uit diep waters getrek.+
22 Want ek het die weë van Jehovah gevolg,
en ek het nie goddeloos opgetree deur my God te verlaat nie.
Ek sal nie afwyk van sy wetsbepalings+ nie.
27 Vir die een wat rein is, toon u dat u rein is,+
maar deur die een wat bedrieglik is, word u nie bedrieg nie.*+
31 Die weg van die ware God is volmaak,+
en die woord van Jehovah is suiwer.+
Hy is ’n skild vir almal wat beskerming by hom kom soek.+
32 Want wie is God buiten Jehovah?+
En wie is ’n rots behalwe ons God?+
34 Hy maak my voete soos dié van ’n takbok.
Hy laat my op hoë plekke staan.+
35 Hy leer my hande om oorlog te voer,
en my arms kan ’n boog van koper span.
38 Ek sal my vyande agternasit en hulle doodmaak.
Ek sal nie terugkeer totdat hulle vernietig is nie.
39 En ek sal hulle vernietig en verpletter sodat hulle nie sal opstaan nie,+
en hulle sal onder my voete val.
42 Hulle roep om hulp, maar daar is niemand om hulle te red nie.
Hulle roep selfs tot Jehovah, maar hy antwoord hulle nie.+
43 Ek sal hulle so fyn stamp soos die stof van die aarde.
Ek sal hulle verpletter en vertrap soos modder in die strate.
44 U sal my red van die foutvindery van my volk.+
U sal my bewaar om die hoof van nasies te wees.+
’n Volk wat ek nie geken het nie, sal my dien.+
47 Jehovah lewe! Mag my Rots+ geloof word!
Laat God, die rots van my redding, verheerlik word.+
49 Hy red my van my vyande.
50 Daarom sal ek u dank onder die nasies,+ o Jehovah,