Jesaja
53 Wie het geloof gestel in wat ons gesê* het?+
En aan wie is die mag* van Jehovah+ geopenbaar?+
2 Hy sal soos ’n takkie+ voor hom* opkom, soos ’n wortel in dorre grond.
Hy het nie ’n indrukwekkende vorm of enige prag nie.+
En wanneer ons hom sien, trek sy voorkoms ons nie tot hom aan nie.
3 Mense het op hom neergesien en hom vermy.+
Hy was ’n man wat pyn sou leer ken* en wat met siekte bekend was.
Dit was asof ons sy gesig nie kon sien nie.*
Daar is op hom neergesien, en ons het hom as onbelangrik beskou.+
Maar ons het hom beskou as iemand wat met ’n plaag getref is, wat deur God geslaan is en verdruk is.
5 Maar hy is vir ons oortreding+ deurboor.+
Weens ons sondes het hy verskriklik gely.+
6 Soos skape het ons almal rondgedwaal.+
Elkeen het sy eie pad gevolg.
En Jehovah het ons almal se sonde op hom laat neerkom.+
Soos ’n skaap is hy gebring om geslag te word,+
soos ’n ooi wat nie ’n geluid maak voor die skeerders nie,
en hy het nie sy mond oopgemaak nie.+
8 Weens ’n onregverdige vonnis* is hy weggeneem.
En wie sal aandag skenk aan die besonderhede van sy geslag?*
Want hy is uit die land van die lewendes afgesny.+
Weens die oortreding van my volk is hy geslaan.*+
9 Hy het ’n graf tussen die goddeloses gekry,+
en toe hy gesterf het, is hy by die rykes* begrawe,+
hoewel hy niks verkeerds gedoen* het nie
en nooit iets bedriegliks gesê het nie.+
10 Maar dit was Jehovah se wil dat hy moes ly, en hy het hom siek laat word.
As u sy lewe as ’n skuldoffer aanbied,+
sal hy sy nageslag* sien en sal hy sy lewe verleng,+
en deur hom sal Jehovah se wil uitgevoer word.+
11 Weens sy bitter lyding sal hy tevrede wees met wat hy sal sien.
Deur middel van sy kennis sal die regverdige, my kneg,+
baie mense help om ’n regverdige posisie te verkry,+
en hy sal hulle sondes dra.+