Psalms
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.
31 Tot u, o Jehovah, het ek my toevlug geneem.+
Laat my tog nooit beskaamd staan nie.+
Verskaf aan my ontkoming in u regverdigheid.+
7 Ek sal bly wees en my in u liefderyke goedhartigheid verbly,+
Omdat u my ellende gesien het;+
U het geweet van die benoudhede van my siel,+
8 En u het my nie in die hand van die vyand oorgelewer nie.+
U het my voete op ’n ruim plek laat staan.+
10 Want met droefheid het my lewe tot ’n einde gekom,+
En my jare in gesug.+
Weens my oortreding het my krag gestruikel,+
En selfs my gebeente het swak geword.+
11 Vanuit die standpunt van almal wat my vyandiggesind is,+ het ek ’n voorwerp van smaad geword,+
En vir my bure in groot mate,+
En ’n skrik vir my kennisse.+
Wanneer hulle my buite gesien het, het hulle van my af weggevlug.+
12 Soos iemand wat dood en nie in die hart is nie, is ek vergeet;+
Ek het soos ’n beskadigde houer geword;+
13 Want ek het die slegte berig deur baie gehoor,+
Skrik aan alle kante.+
Wanneer hulle soos een man teen my saamspan,+
Beraam hulle planne om my siel weg te neem.+
17 O Jehovah, laat my nie beskaamd staan nie, want ek het u aangeroep.+
Laat die goddeloses beskaamd staan;+
Laat hulle stilbly in Sjeool.+
19 Hoe oorvloedig is u goedheid tog,+ wat u as ’n skat bewaar het vir dié wat u vrees!+
Wat u bewys het aan dié wat hulle toevlug tot u neem,
Voor die oë van die mensekinders.+
20 U sal hulle in die skuilplek van u aangesig verberg+
Vir die samespanning van manne.+
U sal hulle in u hut wegsteek vir die twis van tonge.+
Want hy het wonderbare liefderyke goedhartigheid aan my bewys+ in ’n stad wat in benoudheid verkeer het.+
22 Wat my betref, toe ek paniekerig geraak het,+ het ek gesê:
“Ek sal beslis uitgeroei word, weg van u oë af.”+
Waarlik, u het die stem van my dringende versoeke gehoor toe ek tot u om hulp geroep het.+