Die eerste boek van Samuel
2 Toe het Hanna in gebed gesê:
“My hart is bly danksy Jehovah.+
Jehovah het my krag gegee.*
Ek praat moedig teen my vyande,
want ek is bly as gevolg van u reddingsdade.
2 Niemand is heilig soos Jehovah nie,
daar is niemand behalwe u nie,+
en daar is geen rots soos ons God nie.+
3 Hou op om groot te praat.
Laat geen hoogmoedige woorde uit julle mond kom nie,
want Jehovah is ’n God van kennis,+
en hy is regverdig wanneer hy dade beoordeel.
5 Dié wat genoeg kos gehad het, moet hulleself verhuur om brood te kry,
maar dié wat honger was, is nie meer honger nie.+
Die onvrugbare vrou het aan sewe kinders geboorte gegee,+
maar sy wat baie seuns gehad het, is nou verlate.
6 Jehovah maak dood, en hy bewaar lewe.*
Hy laat mense na die Graf* afgaan, en hy laat hulle opstaan.+
8 Hy tel die hulpelose uit die stof op,
en hy haal die een wat arm is, van die ashoop* af+
om hulle by prinse te laat sit
en hulle ’n posisie van eer te gee.
Die fondamente van die aarde behoort aan Jehovah,+
en hy plaas die vrugbare land daarop.
9 Hy bewaar die voetstappe van sy lojales,+
maar die goddeloses sal in die duisternis vernietig word,+
want ’n man oorwin nie deur middel van krag nie.+
10 Jehovah sal dié wat teen hom veg, vernietig.*+
Sy stem sal vanuit die hemel soos die donder teen
hulle dreun.+
Jehovah sal tot aan die eindes van die aarde oordeel.+
Hy sal mag aan sy koning gee,+
11 Toe het Elkaʹna na sy huis in Rama gegaan, maar die seun het ’n dienaar van Jehovah+ geword onder die toesig van die priester Eli.*
12 Die seuns van Eli was slegte manne.+ Hulle het geen respek vir Jehovah gehad nie. 13 Met die deel van die offer wat die volk aan die priesters moes gee, het hulle die volgende gedoen:+ Wanneer iemand ’n offerande gebring het, het ’n dienaar van die priester gekom met ’n drietandvurk in sy hand terwyl die vleis gekook het. 14 Hy het die vurk dan in die kom of die kookpot met twee handvatsels of die kookketel of die kookpot met een handvatsel gesteek. Alles wat aan die vurk vasgesit het, het die priester vir homself gevat. Dit is wat hulle gedoen het met al die Israeliete wat na Silo gekom het. 15 En soms het die dienaar van die priester gekom nog voordat rook uit die vet van die offerande getrek het+ en vir die man wat die offerande bring, gesê: “Gee vir die priester vleis om te braai. Hy wil nie gekookte vleis van jou hê nie, net rou vleis.” 16 As die man vir hom gesê het: “Laat die vet eers rook,+ dan kan jy vir jou vat wat jy ook al wil hê,” het hy gesê: “Nee, gee dit nou vir my, anders neem ek dit met geweld!” 17 Die dienaars se sonde was baie ernstig vir Jehovah,+ want die manne het geen respek vir Jehovah se offers gehad nie.
18 Samuel het voor Jehovah gedien,+ al was hy maar net ’n seun, en hy het ’n linne-efod gedra.+ 19 Sy ma het elke jaar vir hom ’n moulose oorkleed gemaak en dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man gekom het om die jaarlikse offer te bring.+ 20 Eli het Elkaʹna en sy vrou geseën en gesê: “Mag Jehovah uit hierdie vrou vir jou ’n kind gee in die plek van die een wat aan Jehovah geleen is.”+ En hulle het terug huis toe gegaan. 21 Jehovah het aan Hanna gedink, en sy het swanger geword.+ Sy het aan nog drie seuns en twee dogters geboorte gegee. En die seun Samuel het voor Jehovah grootgeword.+
22 Eli was al baie oud, maar hy het gehoor van alles wat sy seuns aan die hele Israel gedoen het+ en hoe hulle seksuele omgang gehad het met die vrouens wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.+ 23 Hy het dikwels vir hulle gesê: “Hoekom hou julle aan om hierdie dinge te doen? Want al die mense sê slegte dinge van julle. 24 Nee, my seuns, die berigte wat onder Jehovah se volk rondgaan, is nie goed nie. 25 As ’n mens teen ’n ander mens sondig, kan iemand vir hom by Jehovah pleit,* maar as ’n mens teen Jehovah sondig,+ wie kan dan vir hom bid?” Hulle het egter geweier om na hulle pa te luister, want Jehovah het besluit om hulle dood te maak.+ 26 Intussen het die seun Samuel bly groei, en hy het al hoe meer geliefd geword by Jehovah en mense.+
27 ’n Man van God het na Eli toe gekom en vir hom gesê: “Dít is wat Jehovah sê: ‘Het ek my nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou voorvader terwyl hulle slawe van die huis van Farao in Egipte was nie?+ 28 En jou voorvader is uit al die stamme van Israel gekies+ om as my priester te dien en om op my altaar+ offerandes te bring, om reukwerk te brand* en om ’n efod voor my te dra. Ek het aan die huis van jou voorvader al die vuuroffers van die Israeliete gegee.+ 29 Hoekom toon julle geen respek vir* my offerande en offergawe wat ek gesê het in my woonplek geoffer moet word nie?+ Hoekom eer jy jou seuns meer as wat jy my eer? Hoekom maak julle julleself vet met die beste dele van elke offer van my volk Israel?+
30 “‘Daarom is dít wat Jehovah, die God van Israel, sê: “Ek het wel gesê dat jou huis en die huis van jou voorvader altyd voor my sal dien.”+ Maar nou sê Jehovah: “Dit sal nie gebeur nie! Want dié wat my eer, sal ek eer, en dié wat geen respek vir my het nie,+ sal sonder respek behandel word.” 31 Kyk! Die dae kom wanneer ek jou krag* en die krag van jou voorvader se huis sal wegneem, sodat niemand in jou huis oud sal word nie.+ 32 En terwyl Israel met goeie dinge geseën word, sal jy ’n vyand in my woonplek vind,+ en daar sal nooit weer ’n ou man in jou huis wees nie. 33 Die man uit jou familie wat ek sal toelaat om by my altaar te bly dien, sal jou oë laat ingee en sal vir jou baie hartseer veroorsaak, maar die meeste van jou huis sal deur die swaard van mense sterf.+ 34 En wat met jou twee seuns, Hofni en Piʹnehas, sal gebeur, sal vir jou die teken wees: Op een dag sal hulle al twee sterf.+ 35 Dan sal ek vir my ’n getroue priester aanstel.+ Hy sal optree in ooreenstemming met die begeerte van my hart,* en ek sal vir hom ’n blywende huis* gee, en hy sal altyd as priester vir my gesalfde dien. 36 Enigiemand van jou huis wat oorbly, sal voor hom kom neerbuig om geld en ’n brood te verdien, en hy sal sê: “Laat my asseblief as ’n priester dien, sodat ek ’n stukkie brood kan hê om te eet.”’”+