Jesaja
2 En die gees van Jehovah sal op hom rus,+
die gees van wysheid+ en van insig,
die gees van raad en van mag,+
die gees van kennis en van vrees vir Jehovah.
3 En hy sal vreugde daarin vind om Jehovah te vrees.+
Hy sal nie oordeel net volgens wat sy oë sien nie,
en ook nie teregwys net volgens wat sy ore hoor nie.+
4 Hy sal die armes met geregtigheid* oordeel,
en met regverdigheid sal hy teregwysing gee ten gunste van die nederiges van die aarde.
6 Die wolf sal ’n ruk by die lam wees,+
en die luiperd sal by die boklam gaan lê,
en die kalf en die leeu* en die vetgevoerde dier sal almal saam wees,*+
en ’n seuntjie sal hulle lei.
7 Die koei en die beer sal saam wei,
en hulle kleintjies sal bymekaar lê.
Die leeu sal strooi eet soos die bul.+
8 ’n Baba* sal by die lêplek van ’n kobra speel.
En ’n kind* sal sy hand op die nes van ’n giftige slang sit.
of enige skade aanrig op my hele heilige berg nie,+
want die aarde sal beslis vol wees van die kennis van Jehovah
soos die waters die seebodem bedek.+
10 In daardie dag sal die wortel van Isai+ opstaan en ’n banier* vir die volke wees.+
11 In daardie dag sal Jehovah weer sy hand uitsteek, ’n tweede keer, om die oorblyfsel van sy volk terug te bring uit Assiʹrië,+ Egipte,+ Patros,+ Kus,+ Elam,+ Siʹnear,* Hamat en die eilande van die see.+ 12 Hy sal ’n banier* vir die nasies oprig en dié van Israel wat verstrooi is, versamel.+ En hy sal dié van Juda wat verstrooi is, uit die uithoeke van die aarde bymekaarmaak.+
Eʹfraim sal nie jaloers wees op Juda nie,
en Juda sal Eʹfraim nie vyandig behandel nie.+
14 Hulle sal die Filistyne* in die weste aanval.
Saam sal hulle die mense van die ooste stroop.