Die tweede boek van Kronieke
36 Toe het die volk Joʹahas, die seun van Josiʹa,+ in die plek van sy pa koning gemaak in Jerusalem.+ 2 Joʹahas was 23 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande lank in Jerusalem regeer. 3 Maar die koning van Egipte het hom uit sy posisie as koning in Jerusalem verwyder en het vereis dat die land ’n boete van 100 talente* silwer en ’n talent goud+ moet betaal. 4 En die koning van Egipte het Joʹahas se broer Eljaʹkim koning oor Juda en Jerusalem gemaak en sy naam na Jojaʹkim verander. Nego+ het Joʹahas na Egipte geneem.+
5 Jojaʹkim+ was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 11 jaar lank in Jerusalem regeer. Hy het bly doen wat sleg is in die oë van Jehovah sy God.+ 6 Koning Nebukadneʹsar+ van Babilon het teen hom opgetrek om hom met twee koperboeie te bind en na Babilon te neem.+ 7 En Nebukadneʹsar het van die voorwerpe van die huis van Jehovah na Babilon geneem en dit in sy paleis in Babilon gesit.+ 8 Wat die res van die geskiedenis van Jojaʹkim betref, die afskuwelike dinge wat hy gedoen het en die dinge wat teen hom gevind is, dit is opgeteken in die Boek van die konings van Israel en van Juda. En sy seun Jojaʹgin het in sy plek koning geword.+
9 Jojaʹgin+ was 18 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande en tien dae in Jerusalem regeer. En hy het bly doen wat sleg is in Jehovah se oë.+ 10 Aan die begin van die jaar* het koning Nebukadneʹsar hom na Babilon laat bring,+ saam met waardevolle goed van die huis van Jehovah.+ En hy het Sedekiʹa, sy pa se broer, koning oor Juda en Jerusalem gemaak.+
11 Sedekiʹa+ was 21 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 11 jaar lank in Jerusalem regeer.+ 12 Hy het bly doen wat sleg is in die oë van Jehovah sy God. Hy het nie berou getoon toe die profeet Jeremia die woorde van Jehovah verkondig het nie.+ 13 Hy het ook teen koning Nebukadneʹsar in opstand gekom,+ al het Nebukadneʹsar hom voor God laat sweer dat hy getrou aan hom sal bly. En hy het hardkoppig gebly* en sy hart bly verhard en geweier om Jehovah, die God van Israel, te dien. 14 Al die hoofde van die priesters, sowel as die volk, was verskriklik ontrou en het al die afskuwelike dinge van die nasies gedoen, en hulle het die huis van Jehovah, wat Hy in Jerusalem geheilig het, onrein gemaak.+
15 Jehovah, die God van hulle voorvaders, het hulle keer op keer deur middel van sy boodskappers gewaarsku, want hy het jammer gevoel vir sy volk en sy tempel.* 16 Maar hulle het die boodskappers van die ware God bly spot,+ en hulle het sy woorde geïgnoreer+ en sy profete uitgelag,+ totdat Jehovah vir sy volk woedend geword het+ en daar geen hoop was dat hulle genees kon word nie.
17 Daarom het hy die koning van die Galdeërs+ teen hulle laat optrek, wat hulle jong manne in hulle heiligdom*+ met die swaard doodgemaak het.+ Hy het nie jammer gevoel vir jong manne of maagde, oumense of swakkes nie.+ God het alles in sy hand gegee.+ 18 Hy het al die voorwerpe, groot en klein, van die huis van die ware God, sowel as die skatte van die huis van Jehovah en die skatte van die koning en sy hoë amptenare na Babilon geneem.+ 19 Hy het die huis van die ware God afgebrand,+ die muur van Jerusalem afgebreek,+ al die versterkte torings aan die brand gesteek en alles wat van waarde was, verwoes.+ 20 Hy het almal wat nie met die swaard doodgemaak is nie, as gevangenes na Babilon geneem,+ en hulle het vir hom en sy seuns knegte geword+ totdat die koninkryk van Persië begin regeer het+ 21 en totdat die land sy sabbatte afbetaal het.+ Dit het vervul wat Jehovah deur middel van Jeremia gesê het.+ Die hele tyd dat die land onbewoon was, het die land gerus,* totdat 70 jaar vervul was.+
22 In die eerste jaar van koning Kores+ van Persië, het Jehovah hom beweeg* om ’n aankondiging regoor sy koninkryk te laat maak. Dit het vervul wat Jehovah deur middel van Jeremia gesê het.+ Die aankondiging, wat die koning ook laat neerskryf het,+ het gesê: 23 “Dít is wat koning Kores van Persië sê: ‘Jehovah, die God van die hemel, het al die koninkryke van die aarde aan my gegee,+ en hy het my die opdrag gegee om vir hom ’n huis in Jerusalem, wat in Juda is, te bou.+ Laat elkeen van julle wat deel van sy volk is, daarheen gaan, en mag Jehovah sy God met hom wees.’”+