Spreuke
13 ’n Wyse seun aanvaar sy pa se dissipline,+
maar die spotter luister nie wanneer hy bestraf word nie.+
3 Die een wat ’n wag voor sy mond sit,* bewaar sy lewe,+
maar die een wat sy lippe wyd oopmaak, sal rampspoed ondervind.+
7 Party gee voor dat hulle ryk is, tog het hulle niks.+
Ander gee voor dat hulle arm is, tog is hulle baie ryk.
11 Rykdom wat vinnig verkry word, sal minder word,+
maar die rykdom van die een wat dit bietjie vir bietjie bymekaarmaak, sal meer word.
12 ’n Uitgestelde verwagting* maak die hart siek,+
maar ’n vervulde begeerte is ’n boom van die lewe.+
13 Die een wat onderrigting verwerp, sal die gevolge dra,+
maar die een wat die gebod respekteer, sal beloon word.+
14 Die onderrigting* van die wyse is ’n bron van lewe.+
Dit hou ’n mens weg van die strikke van die dood.
15 Goeie insig wen die goedkeuring van ander,
maar die weg van dié wat bedrieglik is, sal moeilik wees.
18 Armoede en skande wag op enigiemand wat dissipline verwerp,
maar die een wat teregwysing aanvaar, sal eer ontvang.+
19 ’n Vervulde begeerte is vir ’n mens soet,+
maar die dwaas haat dit om weg te draai van wat sleg is.+
20 Die een wat met wyse persone assosieer, sal wys word,+
maar dit sal sleg gaan met die een wat met dwase te doen het.+
22 Iemand wat goed is, laat ’n erfenis na vir sy kleinkinders,
maar die sondaar se rykdom sal vir die regverdige bewaar word.+
23 Die geploegde grond van ’n arm man lewer baie kos op,
maar dit* kan deur ongeregtigheid weggevee word.