Die handelinge van die apostels
9 Maar Saulus, wat nog steeds die dissipels van die Here gedreig het+ en hulle wou vermoor, het na die hoëpriester toe gegaan 2 en hom gevra om briewe vir die sinagoges in Damaskus te skryf, sodat hy enigiemand wat hy gevind het wat aan Die Weg behoort,+ mans en vrouens, in boeie kon sit en hulle na Jerusalem kon bring.
3 Toe hy naby Damaskus gekom het, het daar skielik ’n lig uit die hemel op hom geskyn,+ 4 en hy het op die grond geval en gehoor hoe ’n stem vir hom vra: “Saul, Saul, hoekom vervolg jy my?” 5 Hy het gevra: “Wie is u, Here?” Die stem het gesê: “Ek is Jesus,+ die een wat jy vervolg.+ 6 Maar staan op en gaan in die stad in, en daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.” 7 Die mans wat saam met hom gereis het, was so verbaas dat hulle niks kon sê nie, want hulle het ’n stem gehoor, maar niemand gesien nie.+ 8 Saulus het toe van die grond af opgestaan, en al was sy oë oop, kon hy niks sien nie. Hulle het hom dus aan die hand gelei en hom in Damaskus ingebring. 9 En hy het drie dae lank niks gesien nie,+ en hy het ook niks geëet of gedrink nie.
10 In Damaskus was daar ’n dissipel met die naam Ananiʹas,+ en die Here het in ’n visioen vir hom gesê: “Ananiʹas!” Hy het gesê: “Hier is ek, Here.” 11 Die Here het vir hom gesê: “Staan op, gaan na die straat wat Reguit genoem word en soek na ’n man met die naam Saulus, van Tarsus,+ by die huis van Judas. Want kyk! hy is besig om te bid, 12 en hy het in ’n visioen gesien hoe ’n man met die naam Ananiʹas inkom en sy hande op hom lê sodat hy weer kan sien.”+ 13 Maar Ananiʹas het geantwoord: “Here, ek het by baie mense van hierdie man gehoor, van al die skadelike dinge wat hy aan u heiliges in Jerusalem gedoen het. 14 En nou het hy toestemming van die hoofpriesters om almal wat u naam aanroep, te arresteer.”*+ 15 Maar die Here het vir hom gesê: “Gaan, want ek het hierdie man gekies+ om die nasies sowel as konings+ en die Israeliete van my naam te vertel.+ 16 Want ek sal vir hom wys wat hy alles vir my naam moet ly.”+
17 Toe het Ananiʹas vertrek en in die huis ingegaan, en hy het sy hande op hom gelê en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus wat op die pad hierheen aan jou verskyn het, het my gestuur sodat jy weer kan sien en met heilige gees gevul kan word.”+ 18 En onmiddellik het iets wat soos skubbe gelyk het, van sy oë afgeval, en hy kon weer sien. Hy het toe opgestaan en is gedoop, 19 en hy het iets geëet en weer krag gekry.
Hy het ’n paar dae lank by die dissipels in Damaskus gebly,+ 20 en hy het onmiddellik in die sinagoges begin preek oor Jesus, dat hy die Seun van God is. 21 Maar almal wat na hom geluister het, was verbaas en het gevra: “Is dit nie die man wat Jesus se volgelinge* in Jerusalem swaar vervolg het nie?+ Het hy nie hierheen gekom om hulle te arresteer en hulle na die hoofpriesters te vat* nie?”+ 22 Maar Saulus het al hoe kragtiger geword in sy bediening, en die Jode wat in Damaskus gewoon het, is uit die veld geslaan, omdat hy logies bewys het dat Jesus die Christus is.+
23 Ná ’n hele paar dae het die Jode planne beraam om hom te vermoor,+ 24 maar Saulus het hiervan uitgevind. Hulle het die poorte ook dag en nag dopgehou sodat hulle hom kon doodmaak. 25 Daarom het sy dissipels hom geneem en hom in die nag deur ’n opening in die muur in ’n mandjie laat sak.+
26 Toe hy in Jerusalem aankom,+ het hy by die dissipels probeer aansluit, maar hulle almal was bang vir hom, want hulle het nie geglo dat hy ’n dissipel is nie. 27 Toe het Barʹnabas+ hom kom help en hom na die apostels toe gevat, en hy het vir hulle in besonderhede vertel hoe hy die Here op die pad gesien het+ en dat hy met hom gepraat het en dat hy in Damaskus moedig in die naam van Jesus gepreek het.+ 28 Hy het by hulle gebly en het vryelik in Jerusalem rondbeweeg en het moedig in die naam van die Here gepreek. 29 Hy het met die Griekssprekende Jode gepraat en met hulle geredeneer, maar hulle het hom probeer doodmaak.+ 30 Toe die broers daarvan uitvind, het hulle hom na Sesareʹa geneem en hom daarna na Tarsus gestuur.+
31 Toe het die gemeente deur die hele Judeʹa en Galileʹa en Samariʹa+ ’n tydperk van vrede ingegaan, en hulle is opgebou. Die gemeente het getoon dat hulle Jehovah* vrees en in die vertroosting van die heilige gees lewe,+ en hulle het bly vermeerder.
32 En terwyl Petrus deur die hele gebied gereis het, het hy ook na die heiliges gegaan wat in Lidda+ gewoon het. 33 Daar het hy ’n man met die naam Eneʹas gevind, wat al agt jaar lank plat op sy bed gelê het, want hy was verlam. 34 Petrus het vir hom gesê: “Eneʹas, Jesus Christus maak jou gesond.+ Staan op en maak jou bed op.”+ En hy het onmiddellik opgestaan. 35 Toe almal in Lidda en op die Vlakte van Saron hom gesien het, het hulle hulle tot die Here bekeer.
36 In Joppe was daar ’n dissipel met die naam Tabiʹta. (Tabiʹta word as “Dorkas”* vertaal.) Sy het altyd goeie dinge vir ander gedoen en die armes gehelp.* 37 Maar in daardie dae het sy siek geword en gesterf. Toe het hulle haar gewas en haar in ’n bo-kamer neergelê. 38 Omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus in daardie stad is, het hulle twee mans na hom toe gestuur om vir hom te sê: “Kom asseblief so gou as moontlik na ons toe.” 39 Toe het Petrus opgestaan en saam met hulle gegaan, en toe hy daar aankom, het hulle hom na die bo-kamer geneem. Daar het al die weduwees by hom kom staan terwyl hulle gehuil het en vir hom baie van die klere* gewys het wat Dorkas gemaak het toe sy nog by hulle was. 40 Petrus het toe almal uitgestuur,+ op sy knieë gegaan en gebid. Toe het hy na die liggaam gedraai en gesê: “Tabiʹta, staan op!” Sy het haar oë oopgemaak, en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.+ 41 Hy het sy hand vir haar gegee en haar opgehelp, en hy het die heiliges en die weduwees geroep en vir hulle gewys dat sy lewe.+ 42 Almal in Joppe het daarvan gehoor, en baie het in die Here begin glo.+ 43 Hy het ’n hele paar dae in Joppe gebly by ’n leerlooier* met die naam Simon.+