Psalms
BOEK VYF
2 Só moet dié sê wat deur Jehovah teruggeëis is,+
Wat hy uit die hand van die teenstander teruggeëis het,+
3 En wat hy selfs uit die lande bymekaargemaak het,+
Van die sonsopgang en van die sonsondergang af,+
Uit die noorde en uit die suide.+
4 Hulle het rondgedwaal in die wildernis,+ in die woestyn;+
Hulle het geen pad gevind na ’n stad om in te woon nie.+
6 En hulle het tot Jehovah bly roep in hulle benoudheid;+
Uit hulle angste het hy hulle verlos+
7 En hulle op die regte pad laat wandel,+
Sodat hulle by ’n stad kon kom om in te woon.+
8 Laat mense Jehovah dank vir sy liefderyke goedhartigheid+
En vir sy wonderlike werke teenoor die mensekinders.+
11 Want hulle het hulle opstandig gedra+ teen die woorde van God;+
En die raad van die Allerhoogste het hulle geminag.+
12 Daarom het hy hulle hart deur moeite onderwerp;+
Hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.+
13 En hulle het tot Jehovah om hulp begin roep in hulle benoudheid;+
Uit hulle angste het hy hulle soos gewoonlik gered.+
15 Laat mense Jehovah dank vir sy liefderyke goedhartigheid+
En vir sy wonderlike werke teenoor die mensekinders.+
17 Dié wat dwaas was, weens die weg van hulle oortreding+
En weens hulle ongeregtighede, het uiteindelik vir hulleself ellende veroorsaak.+
19 En hulle het tot Jehovah om hulp begin roep in hulle benoudheid;+
Uit hulle angste het hy hulle soos gewoonlik gered.+
21 Laat mense Jehovah dank vir sy liefderyke goedhartigheid+
En vir sy wonderlike werke teenoor die mensekinders.+
23 Dié wat na die see afgaan in die skepe,+
Wat handel dryf op uitgestrekte waters,+
24 Hulle het die werke van Jehovah gesien+
En sy wonderlike werke in die dieptes;+
25 Hoe hy die woord spreek en ’n stormwind laat opsteek,+
Sodat dit die golwe daarvan ophef.+
31 Laat mense Jehovah dank vir sy liefderyke goedhartigheid+
En vir sy wonderlike werke teenoor die mensekinders.+
32 En laat hulle hom in die gemeente van die volk verhef;+
En laat hulle hom in die sitplek van die bejaarde manne loof.+
33 Hy verander riviere in ’n wildernis,+
En waterfonteine in ’n dorsland,+
34 Vrugbare land in brak grond,+
Weens die slegtheid van dié wat daarin woon.
35 Hy verander ’n wildernis in ’n waterpoel vol riete,+
En die land van ’n waterlose streek in waterfonteine.+
40 Hy stort veragting oor edeles uit,+
Sodat hy hulle in ’n barre plek laat ronddwaal, waar daar geen pad is nie.+