Die eerste brief van Petrus
3 Vrouens, net so moet julle onderdanig wees aan julle mans,+ sodat mans wat nie aan die woord gehoorsaam is nie, sonder ’n woord deur die gedrag van hulle vrouens gewen kan word+ 2 omdat hulle ooggetuies is van julle goeie* gedrag+ en diep respek. 3 Julle versiering moenie uiterlike dinge wees, soos kunstig gevlegde hare, goue versierings+ en mooi klere nie 4 maar die innerlike,* die blywende prag van die stille en sagmoedige gees+ wat baie waardevol is in die oë van God. 5 Want dit is hoe die heilige vrouens wat op God gehoop het, hulle destyds versier het, en hulle was onderdanig aan hulle mans. 6 Byvoorbeeld, Sara het Abraham gehoorsaam en hom heer genoem.+ En julle het haar kinders geword, solank julle aanhou om goed te doen en julle nie deur enigiets laat afskrik nie.+
7 Mans, net so moet julle aanhou om volgens kennis met julle vrouens saam te lewe.* Behandel julle vrouens met respek,+ want die vrou is swakker, soos ’n delikate houer, en hulle is ook saam met julle erfgename+ van die onverdiende gawe van die lewe. Anders sal God nie na julle gebede luister nie.
8 Laastens moet julle almal verenig wees in julle denke.+ Betoon medelye,* broederlike liefde, empatie+ en nederigheid.+ 9 Moenie een slegte daad met ’n ander slegte daad terugbetaal+ of een belediging met ’n ander belediging nie.+ Betaal eerder terug met ’n seën,+ want julle is geroep om ander te seën, sodat julle ’n seën kan ontvang.
10 Want “wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong weghou van slegte praatjies+ en sy lippe van bedrog. 11 Hy moet wegdraai van wat sleg is+ en doen wat goed is.+ Hy moet vrede soek en dit nastreef.+ 12 Want die oë van Jehovah* is op die regverdiges, en sy ore luister na hulle smeekgebede,+ maar Jehovah* is teen* dié wat slegte dinge doen.”+
13 Ja, wie sal iets slegs aan julle doen as julle ywerig word vir wat goed is?+ 14 Maar selfs as julle ter wille van regverdigheid sou ly, is julle gelukkig.+ Moet egter nie bang wees vir dit waarvoor hulle bang is* nie, en moet ook nie ontsteld raak nie.+ 15 Maar heilig die Christus as Here in julle harte. Wees altyd gereed om julle te verdedig voor elkeen wat aandring op ’n rede vir die hoop wat julle het, maar doen dit met sagmoedigheid+ en diep respek.+
16 Behou ’n goeie gewete,+ sodat dié wat enigiets slegs teen julle sê, skaam kan kry+ as gevolg van julle goeie gedrag as volgelinge van Christus.+ 17 Want as dit God se wil is dat julle ly omdat julle iets goeds doen,+ is dit beter as om te ly omdat julle iets slegs doen.+ 18 Want Christus het eens en vir altyd vir sondes gesterf,+ ’n regverdige vir onregverdiges,+ om julle na God te lei.+ Hy is doodgemaak in die vlees,+ maar lewend gemaak in die gees.+ 19 Hy het in hierdie toestand vir die geeste in die gevangenis gaan preek,+ 20 wat voorheen ongehoorsaam was toe God geduldig* in Noag se dag gewag het+ terwyl die ark gebou is,+ waarin ’n paar mense, naamlik agt siele,* veilig deur die water gebring is.+
21 Doop, wat hiermee ooreenkom, red julle ook nou deur die opstanding van Jesus Christus. (Doop verwyder nie die vuilheid van die vlees nie, maar dit is ’n versoek tot God vir ’n goeie gewete.)+ 22 Hy is aan God se regterhand,+ want hy het na die hemel gegaan, en engele en owerhede en magte is aan hom onderwerp.+