Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Levitikus 20:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 6 “‘Wat die siel betref wat hom tot die geestemediums+ en die beroepsvoorspellers+ van gebeure wend om onsedelike gemeenskap met hulle te hê, ek sal beslis my aangesig teen dié siel rig en hom uitroei onder sy volk uit.+

  • Deuteronomium 18:11
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 11 of wat ’n towerspreuk oor ander uitspreek+ of ’n geestemedium+ of ’n beroepsvoorspeller van gebeure om inligting vra+ of die dooies raadpleeg+ nie.

  • 1 Samuel 28:7
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 7 Uiteindelik het Saul vir sy knegte gesê: “Soek vir my ’n vrou wat ’n meesteres van geestemediumskap+ is, en ek sal na haar toe gaan en haar raadpleeg.” Toe het sy knegte vir hom gesê: “Kyk! In En-Dor+ is daar ’n vrou wat ’n meesteres van geestemediumskap is.”

  • 1 Kronieke 10:13
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 13 So het Saul gesterf weens sy ontrouheid waarmee hy troueloos+ teenoor Jehovah gehandel het met betrekking tot die woord van Jehovah wat hy nie onderhou het nie en ook omdat hy ’n geestemedium+ gevra het om navraag te doen.

  • 2 Kronieke 33:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 6 En hy het sy eie seuns deur die vuur laat gaan+ in die vallei van die seun van Hinnom+ en het die toorkuns beoefen+ en van waarsêery gebruik gemaak+ en towery beoefen+ en spiritistiese mediums+ en beroepsvoorspellers+ van gebeure aangestel. Hy het op groot skaal gedoen wat sleg was in die oë van Jehovah, om hom aanstoot te gee.+

  • Jesaja 8:19
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 19 En as hulle vir julle sou sê: “Wend julle tot die spiritistiese mediums+ of tot dié wat ’n voorspellende gees het, wat piep+ en mompel”—moet ’n volk hom nie tot sy God wend nie?+ Moet mense hulle wend tot die dooies ten behoewe van die lewendes?+

  • Galasiërs 5:20
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 20 afgodediens, die beoefening van spiritisme,+ vyandskappe, twis, jaloesie, vlae van toorn, rusies, verdeeldhede, sektes,

  • Openbaring 21:8
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 8 Maar wat die lafaards betref en dié sonder geloof+ en dié wat walglik is in hulle vuilheid+ en moordenaars+ en hoereerders+ en dié wat spiritisme beoefen en afgodedienaars+ en al die leuenaars,+ hulle deel sal wees in die poel wat met vuur+ en swael+ brand. Dit beteken die tweede dood.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel