Jesaja
30 “Dit sal sleg gaan met die hardkoppige kinders,”+ sê Jehovah,
“wat planne uitvoer wat nie van my af kom nie,+
wat ooreenkomste maak,* maar nie onder leiding van my gees nie.
So voeg hulle die een sonde by die ander.
2 Hulle gaan na Egipte+ sonder om my te raadpleeg,+
om beskerming te soek by Farao
en skuiling te soek in die skaduwee van Egipte!
3 Maar die beskerming van Farao sal vir julle skaamte veroorsaak,
en skuiling in die skaduwee van Egipte sal vernedering veroorsaak.+
5 Hulle sal almal verneder word
deur ’n volk wat vir hulle geen voordeel kan bring nie,
wat geen hulp bied en geen voordeel bring nie,
maar net skaamte en skande.”+
6 ’n Oordeelsboodskap teen die diere van die suide:
Rykdom word op die rûe van donkies vervoer,
en voorrade op die bulte van kamele,
deur die land van rampspoed en moeilikheid,
van die leeu, die brullende leeu,
van die adder en die vinnige giftige* slang.
Maar hierdie dinge sal die volk nie help nie.
7 Want Egipte se hulp is heeltemal nutteloos.+
Daarom het ek dit genoem: “Rahab,+ wat niks doen nie.”
8 “Gaan skryf dit nou in hulle teenwoordigheid op ’n skryfbordjie,
en skryf dit in ’n boek neer,+
sodat dit in die toekoms kan dien
as ’n permanente getuienis.+
10 Hulle sê vir die sieners: ‘Moenie visioene sien nie,’
en vir die profete: ‘Moenie vir ons voorspel wat waar is nie.+
Vertel vir ons wat ons graag wil hoor.* Voorspel misleidende dinge.+
11 Verlaat die weg. Dwaal van die pad af.
Hou op om met ons te praat oor die Heilige van Israel.’”+
12 Daarom sê die Heilige van Israel:
“Omdat julle hierdie woord verwerp+
en julle op leuens en bedrog vertrou
en daarop steun,+
13 sal hierdie oortreding vir julle soos ’n gebreekte muur wees,
soos ’n hoë muur wat uitbult en reg is om te val.
Dit sal skielik val, in ’n oomblik.
14 Dit sal soos ’n groot kleihouer gebreek word.
Dit sal so stukkend geslaan word dat daar nie eers ’n stukkie sal oorbly
waarmee vuur uit die vuurmaakplek gekrap kan word
of water uit ’n poeletjie* geskep kan word nie.”
15 Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah, die Heilige van Israel, sê:
“As julle na my toe terugkeer en rustig is, sal julle gered word.
Julle krag sal daarin lê dat julle kalm bly en vertroue het.”+
Maar julle wou nie.+
16 Julle het eerder gesê: “Nee, ons sal op perde vlug!”
En daarom sal julle vlug.
“Ons sal op vinnige perde ry!”+
En daarom sal julle agtervolgers vinnig wees.+
17 ’n Duisend sal bewe as een julle bedreig.+
As vyf julle bedreig, sal julle vlug
totdat dié van julle wat oorbly, soos ’n paal op ’n bergtop
18 Maar Jehovah wag geduldig* om goedheid aan julle te betoon,+
en hy sal opstaan om genade aan julle te betoon.+
Want Jehovah is ’n God van geregtigheid.+
Gelukkig is almal wat gretig op hom bly wag.+
19 Wanneer die volk in Sion, in Jerusalem,+ woon, sal jy beslis nie huil nie.+ Hy sal vir seker goedheid aan jou betoon wanneer jy om hulp roep. Hy sal jou antwoord sodra hy jou hoor.+ 20 Hoewel Jehovah vir julle rampspoed as voedsel en onderdrukking as water sal gee,+ sal jou Groot Onderrigter hom nie langer verberg nie, en jy sal jou Groot Onderrigter+ met jou eie oë sien. 21 En jou ore sal ’n woord agter jou hoor wat sê: “Dit is die weg.+ Volg dit,” ingeval jy regs sou gaan of ingeval jy links sou gaan.+
22 En julle sal die silwerlaag op julle beelde en die goue laag op julle metaalbeelde onrein maak.+ Julle sal hulle weggooi soos die doek van ’n menstruerende vrou en sê: “Weg is julle!”*+ 23 En hy sal die reën gee vir die saad wat jy in die grond saai,+ en die grond sal baie kos oplewer en dit sal voedsaam wees.+ In daardie dag sal jou vee in uitgestrekte weivelde wei.+ 24 En die beeste en die donkies wat die grond bewerk, sal voer eet waaruit die kaf verwyder is en waarby suring gevoeg is. 25 En op elke hoë berg en op elke hoë heuwel sal daar strome en watervore wees+ op die dag van die groot slagting wanneer die torings val. 26 En die lig van die volmaan sal soos die lig van die son word, en die lig van die son sal sewe keer sterker word,+ soos die lig van sewe dae, op die dag wanneer Jehovah die wond* van sy volk+ verbind en die ernstige besering genees wat veroorsaak is deur die hou wat hy hulle gegee het.+
27 Kyk! Die naam van Jehovah kom van ver af,
met sy brandende woede en met swaar wolke.
Veroordeling is op sy lippe,
en sy tong is soos ’n verterende vuur.+
28 Sy gees* is soos ’n stroom vloedwaters wat skouerhoogte* bereik,
om die nasies te skud in ’n sif van vernietiging.
En die volke sal ’n toom tussen hulle kakebene hê+ wat hulle op ’n dwaalspoor bring.
29 Maar julle lied sal soos die lied wees wat in die nag gesing word
En julle sal vreugdevol wees soos iemand
wat met ’n fluit loop*
op pad na die berg van Jehovah, na die Rots van Israel.+
30 Jehovah sal sorg dat sy indrukwekkende stem+ gehoor word
31 Want weens die stem van Jehovah sal Assiʹrië baie bang wees.+
Hy sal dit met ’n stok slaan.+
32 En elke keer dat Jehovah sy stok swaai
om Assiʹrië te straf,
sal die geluid van tamboeryne en harpe gehoor word+
terwyl hy met sy magtige arm teen hulle veg.+
Hy het die houtstapel daarvan diep en breed gemaak,
met baie hout en vuur.
Soos ’n stroom swael sal die asem van Jehovah
dit aan die brand steek.