Deuteronomium
32 “Luister, o hemele, en ek sal praat,
en laat die aarde die woorde van my mond hoor.
2 My onderrigting sal val soos die reën,
my woorde sal drup soos die dou,
soos sagte reën op die gras
en soos oorvloedige reënbuie op die plante.
3 Want ek sal die naam van Jehovah bekend maak.+
Verkondig die grootheid van ons God!+
5 Hulle het goddeloos opgetree.+
Hulle is nie sy kinders nie, die fout lê by hulle.+
Hulle is ’n oneerlike en verdraaide geslag!+
Is hy nie julle Vader wat julle geskep het,+
die Een wat julle gemaak en stewig gevestig het nie?
7 Onthou die dae van ouds,
dink terug aan die jare van vorige geslagte.
Vra jou pa, en hy kan vir jou vertel,+
julle ouermanne, en hulle sal vir julle sê.
8 Toe die Allerhoogste aan die nasies hulle erfdeel gegee het,+
toe hy die kinders van Adam* van mekaar geskei het,+
het hy die grens van die volke vasgestel+
volgens die getal van die kinders van Israel.+
11 Net soos ’n arend haar kleintjies leer om te vlieg,
oor haar kleintjies sweef,
haar vlerke uitsprei, hulle opneem,
hulle op haar vlerkvere dra,+
12 het net Jehovah hom* bly lei.+
Daar was geen vreemde god by hom nie.+
Hy het hom gevoed met heuning uit die groot rots,
met olie uit ’n vuurkliprots,
14 met botter van die beeste en melk van die kleinvee,
met die beste* skape,
met skaapramme van Basan, met bokramme
En julle het wyn van die bloed* van druiwe gedrink.
15 Toe Jesuʹrun* vet begin word het, het hy opstandig geraak en geskop.
Ja, jy het vet geword, jy het dik geword, jy het jou ooreet.+
Daarom het hy God, wat hom gemaak het, verlaat+
en geen respek vir die Rots van sy redding getoon nie.
16 Hulle het hom woedend gemaak met vreemde gode.+
Hulle het hom aanstoot gegee met afskuwelike dinge.+
17 Hulle het aan demone geoffer, nie aan God nie,+
aan gode wat hulle nie geken het nie,
nuwes wat onlangs aangekom het,
aan gode wat julle voorvaders nie geken het nie.
18 Julle het die Rots wat julle Vader geword het, vergeet,+
en julle het nie die God wat aan julle geboorte gegee het, onthou nie.+
20 Daarom het hy gesê: ‘Ek sal my gesig van hulle af wegdraai.+
Ek sal sien wat van hulle gaan word.
21 Hulle het my woedend* gemaak met iets wat nie ’n god is nie.+
Hulle het my aanstoot gegee met hulle waardelose afgode.+
Daarom sal ek hulle jaloers maak met dit wat nie ’n volk is nie.+
Ek sal hulle aanstoot gee met ’n dwase nasie.+
22 Want my woede het ’n vuur aangesteek+
wat tot in die dieptes van die Graf*+ sal brand,
en dit sal die aarde en sy opbrengs verteer
en die fondamente van berge aan die brand steek.
23 Ek sal die een ramp ná die ander oor hulle laat kom.
Ek sal al my pyle op hulle afskiet.
24 Hulle sal uitgeput wees van die honger+
en verteer word deur brandende koors en bittere vernietiging.+
Ek sal die tande van diere teen hulle stuur,+
en die gif van reptiele van die stof.
25 Buite sal ’n swaard hulle van kinders beroof.+
Binne is daar vrees+
vir jong man sowel as maagd,
klein kindjie sowel as bejaarde.+
26 Ek sou gesê het: “Ek sal hulle verstrooi.
Ek sal seker maak dat niemand hulle onthou nie,”
27 maar ek was bang vir die vyand se reaksie,+
want die vyand sou dit dalk misverstaan.+
Hulle sou dalk sê: “Danksy ons krag het ons oorwin.+
Dit was nie Jehovah wat dit alles gedoen het nie.”
29 As hulle maar net wys was!+ Dan sou hulle hieroor nadink.+
Hulle sou dink oor wat hulle uiteinde sal wees.+
Nie tensy hulle Rots hulle verkoop het+
en Jehovah hulle oorgelewer het nie.
32 Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van Sodom
en uit die terrasse van Gomorʹra.+
Hulle druiwe is giftige druiwe,
hulle trosse is bitter.+
33 Hulle wyn is die gif van slange,
die wrede gif van kobras.
35 Die wraak is myne, en die straf,+
op die vasgestelde tyd wanneer hulle voet gly.+
Want die dag van hulle ongeluk is naby,
en wat op hulle wag, sal gou kom.’
36 Want Jehovah sal sy volk oordeel,+
en hy sal jammer voel vir* sy knegte+
wanneer hy sien dat hulle krag minder geword het
en dat net die hulpeloses en swakkes oorbly.
37 Dan sal hy sê: ‘Waar is hulle gode,+
die rots by wie hulle beskerming gesoek het,
38 wat die vet van hulle offerandes geëet het,*
wat die wyn van hulle drankoffers gedrink het?+
Laat hulle opstaan en julle help.
Laat hulle vir julle as ’n beskerming dien.
en daar is geen ander God as ek nie.+
Ek maak dood en ek maak lewend.+
en niemand kan uit my hand red nie.+
41 wanneer ek my glinsterende swaard skerp maak
en my hand gereedmaak om te oordeel,+
sal ek wraak neem op my vyande+
en diegene straf wat my haat.
42 Ek sal my pyle dronk maak van die bloed,
en my swaard sal vlees eet:
die bloed van dié wat doodgemaak is en die gevangenes,
die koppe van die leiers van die vyand.’
43 Wees bly, o nasies, saam met sy volk,+
want hy sal die bloed van sy knegte wreek,+
en hy sal wraak neem op sy vyande+
en versoening doen vir die land van sy volk.”*
44 So het Moses al die woorde van hierdie lied voor die volk opgesê,+ hy en Hoseʹa,*+ die seun van Nun. 45 Nadat Moses al hierdie woorde aan die hele Israel oorgedra het, 46 het hy vir hulle gesê: “Neem al die woorde van die waarskuwing wat ek julle vandag gee,+ ter harte sodat julle julle kinders kan beveel om al die woorde van hierdie Wet streng te gehoorsaam.+ 47 Want dit is nie vir julle leë woorde nie, maar julle lewe hang daarvan af,+ en deur middel van hierdie woorde sal julle lank kan lewe in die land wat julle gaan besit nadat julle deur die Jordaanrivier getrek het.”
48 Jehovah het op daardie selfde dag vir Moses gesê: 49 “Klim op teen die berg Nebo+ in die Abaʹrim-berge,+ wat in die land Moab is en wat op Jeʹrigo uitkyk, en kyk na die land Kanaän, wat ek aan die Israeliete as ’n besitting gee.+ 50 Dan sal jy sterf op die berg waarteen jy sal opklim en tot jou volk versamel word,* net soos jou broer Aäron op die berg Hor gesterf het+ en tot sy volk versamel is, 51 omdat julle al twee ontrou was aan my onder die Israeliete by die waters van Meʹriba+ by Kades, in die wildernis Zin, toe julle my nie voor die Israeliete geheilig het nie.+ 52 Jy sal die land van ver af sien, maar jy sal nie in die land ingaan wat ek aan die Israeliete gee nie.”+