Jesaja
1 Die visioen wat Jesaja,*+ die seun van Amos, in die tyd van Ussiʹa,+ Jotam,+ Agas+ en Hiskiʹa,+ konings van Juda,+ in verband met Juda en Jerusalem gesien het:
My volk tree nie verstandig op nie.”
4 Dit sal sleg gaan met die sondige nasie,+
die volk wat baie oortredings het,
nakomelinge van goddelose mense, slegte kinders!
Hulle het Jehovah verlaat,+
hulle het geen respek vir die Heilige van Israel getoon nie,
hulle het hulle rug op hom gedraai.
5 Waar wil julle nog geslaan word? Hoekom bly julle opstandig?+
Die hele kop is siek,
en die hele hart is aangetas.+
6 Van kop tot tone is daar geen gesonde plek nie.
Daar is wonde en kneusplekke en oop sere
– hulle is nie skoongemaak* of verbind of met olie behandel nie.+
7 Julle land is verlate.
Julle stede is met vuur verbrand.
Julle land word voor julle oë deur uitlanders gestroop.+
Dit is soos ’n land wat deur uitlanders verwoes is.+
8 Die dogter van Sion het oorgebly soos ’n skuiling in ’n wingerd,
soos ’n hut in ’n komkommerland,
soos ’n beleërde stad.+
9 As Jehovah van die leërmagte nie vir ons ’n paar oorlewendes laat oorbly het nie,
sou ons net soos Sodom geword het
en sou ons soos Gomorʹra gewees het.+
10 Hoor die woord van Jehovah, regeerders* van Sodom.+
Luister na die wet* van ons God, volk van Gomorʹra.+
11 “Van watter nut is al julle offerandes vir my?”+ sê Jehovah.
“Ek het genoeg gehad van julle brandoffers van ramme+ en die vet van vetgevoerde diere.+
Ek wil nie die bloed+ van jong bulle+ en lammers en bokke+ hê nie.
13 Hou op om nog waardelose graanoffers te bring.
Julle reukwerk is vir my afskuwelik.+
Nuwemane,+ sabbatte,+ die organisering van byeenkomste+
– ek kan dit nie verdra dat julle heilige vergaderinge hou en terselfdertyd toorkrag+ gebruik nie.
14 Ek haat julle nuwemane en julle feeste.
Dit het vir my ’n las geword.
Ek kan dit nie meer verdra nie.
Julle hande is vol bloed.+
Hou op met julle slegte dade.+
18 “Kom, laat ons sake regstel tussen ons,” sê Jehovah.+
“Al is julle sondes so rooi soos skarlaken,
sal dit so wit soos sneeu gemaak word.+
Al is dit so rooi soos bloed,
sal dit so wit soos wol word.
20 Maar as julle weier en opstandig is,
sal julle deur die swaard doodgemaak word,+
want dit is wat Jehovah gesê het.”
21 Die getroue stad+ het ’n prostituut geword!+
23 Jou leiers is hardkoppig en werk saam met diewe.+
Elkeen van hulle is lief vir ’n omkoopgeskenk en soek belonings.+
Hulle laat die weeskinders* nie geregtigheid kry nie,
en hulle luister nie na die regsaak van die weduwee nie.+
24 Daarom sê die ware Heer, Jehovah van die leërmagte,
die Magtige van Israel:
“Ek sal ontslae raak van my teenstanders,
en ek sal wraak neem op my vyande.+
25 Ek sal jou straf,
en ek sal jou metaalskuim heeltemal laat wegsmelt,
en ek sal al jou onsuiwerhede verwyder.+
Daarna sal jy genoem word: Stad van Regverdigheid, Getroue Stad.+
28 Die opstandiges en die sondaars sal saam vernietig word,+
en dié wat Jehovah verlaat, sal aan hulle einde kom.+
29 Want hulle sal hulle skaam oor die magtige bome wat julle begeer het,+
en julle sal verneder voel weens die tuine* wat julle gekies het.+
Hulle sal al twee saam in vlamme opgaan,
en niemand sal die vuur blus nie.”