Aan die Efesiërs
5 Word dan navolgers van God,+ as geliefde kinders, 2 en hou aan om liefde te betoon,+ net soos die Christus ook liefde aan ons* betoon het+ en homself vir ons* gegee het as ’n gawe en ’n offerande, ’n aangename geur vir God.+
3 Laat seksuele onsedelikheid* en elke soort onreinheid of gierigheid nie eers onder julle genoem word nie,+ net soos dit vir heilige mense+ gepas is, 4 en ook nie skandelike gedrag of dwase praatjies of vuil grappe nie,+ want dit is dinge wat ongepas is, maar doen eerder dankgebede.+ 5 Want julle weet en julle besef self dat niemand wat seksueel onsedelik*+ of onrein of gierig+ is – wat beteken om ’n afgodedienaar te wees – ’n erfdeel in die Koninkryk van die Christus en van God het nie.+
6 Laat niemand julle met leë woorde bedrieg nie, want as gevolg van sulke dinge kom die woede van God oor die kinders van ongehoorsaamheid. 7 Moet dus nie doen wat hulle doen nie,* 8 want julle was eens duisternis, maar julle is nou lig+ in verband met die Here.+ Gaan voort om as kinders van die lig te lewe, 9 want die vrug van die lig bestaan uit elke soort goedheid en regverdigheid en waarheid.+ 10 Hou aan om seker te maak van wat vir die Here aanvaarbaar is,+ 11 en hou op om die onvrugbare werke te doen wat aan die duisternis behoort,+ maar ontmasker eerder hierdie werke. 12 Want die dinge wat hulle in die geheim doen, is te skandelik om selfs te noem. 13 Alles wat dan nou ontmasker* word, word deur die lig geopenbaar, want alles wat geopenbaar word, is lig. 14 Daarom word daar gesê: “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood,+ en die Christus sal op jou skyn.”+
15 Hou dus aan om noukeurig te let op hoe julle julle gedra, dat dit nie as onwyse persone is nie, maar as wyse persone, 16 en maak die beste gebruik van julle tyd,*+ want die dae is goddeloos. 17 Hou dus op om onredelik te wees, maar probeer verstaan wat die wil van Jehovah* is.+ 18 En moenie dronk word van wyn,+ wat tot wilde gedrag* lei nie, maar word voortdurend met gees gevul. 19 Versterk mekaar* deur psalms, lofliedere en liedere vir aanbidding te sing.+ Sing en maak musiek+ vir Jehovah* in julle harte,+ 20 terwyl julle ons God en Vader altyd vir alles in die naam van ons Here Jesus Christus+ dank.+
21 Wees onderdanig aan mekaar+ uit diep respek vir Christus. 22 Laat vrouens onderdanig wees aan hulle mans+ soos aan die Here, 23 want ’n man is die hoof van sy vrou,+ net soos die Christus ook die hoof van die gemeente is,+ die liggaam wat hy gered het. 24 Ja, soos die gemeente aan die Christus onderdanig is, so moet vrouens ook in alles aan hulle mans onderdanig wees. 25 Mans, hou aan om julle vrouens lief te hê,+ net soos die Christus ook die gemeente liefgehad het en homself daarvoor opgeoffer het,+ 26 sodat hy dit kon heilig en reinig deur dit in die water van die woord te bad,+ 27 en sodat hy die gemeente in die prag daarvan voor hom kon aanbied, sonder ’n vlek of ’n plooi of iets soortgelyks,+ maar heilig en sonder enige soort merk.+
28 Net so moet mans hulle vrouens liefhê soos hulle eie liggame. ’n Man wat sy vrou liefhet, het homself lief, 29 want geen man het al ooit sy eie liggaam* gehaat nie, maar hy voed dit en versorg dit, net soos die Christus ook met die gemeente doen, 30 want ons is lede van sy liggaam.+ 31 “Daarom sal ’n man sy pa en sy ma verlaat, en hy sal sy vrou aankleef,* en die twee sal een vlees wees.”+ 32 Hierdie heilige geheim+ is groot. Ek praat nou oor Christus en die gemeente.+ 33 Maar elkeen van julle moet sy vrou liefhê+ soos homself, en die vrou moet diep respek vir haar man hê.+