Psalms
Van Dawid.
א [ʼAʹlef]
37 Moenie driftig wees oor die kwaaddoeners nie.+
Moenie afgunstig wees op dié wat onregverdigheid bedryf nie.+
ב [Bet]
ג [Giʹmel]
6 En hy sal beslis jou regverdigheid te voorskyn laat kom soos die lig,+
En jou geregtigheid soos die middag.+
ד [Daʹlet]
En wag vol verlange op hom.+
Moenie driftig wees oor enigiemand wat sy weg suksesvol maak nie,+
Oor die man wat sy idees uitvoer nie.+
ה [Heʼ]
8 Laat staan die toorn en laat vaar die woede;+
Moenie driftig wees nie; dit is net om kwaad te doen.+
9 Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word,+
Maar dié wat op Jehovah hoop, hulle sal die aarde besit.+
ו [Wau]
10 En nog net ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie meer wees nie;+
En jy sal beslis ag gee op sy plek, en hy sal daar nie wees nie.+
11 Maar die sagmoediges sal die aarde besit,+
En hulle sal hulle inderdaad verlustig in die oorvloed van vrede.+
ז [Saʹjin]
ח [Get]
14 Die goddeloses het ’n swaard getrek en het hulle boog gespan+
Om die geteisterde en arme te laat val,+
Om dié dood te maak wat regskape is in hulle weg.+
ט [Tet]
17 Want die arms van die goddeloses sal verbreek word,+
Maar Jehovah sal die regverdiges ondersteun.+
י [Jod]
19 Hulle sal nie in die tyd van rampspoed beskaamd staan nie,+
En in die dae van hongersnood sal hulle versadig word.+
כ [Kaf]
20 Want die goddeloses sal vergaan,+
En die vyande van Jehovah sal soos die kosbaarheid van die weivelde wees;
Hulle sal aan hulle einde kom.+ In rook sal hulle aan hulle einde kom.+
ל [Laʹmed]
22 Want dié wat deur hom geseën word, sal die aarde besit,+
Maar dié oor wie hy ’n vloek uitspreek, sal uitgeroei word.+
מ [Mem]
נ [Noen]
25 Ek was eens ’n jong man, ook het ek oud geword,+
En tog het ek geen regverdige heeltemal verlate gesien+
Of dat sy nageslag brood soek nie.+
ס [Saʹmek]
ע [ʽAʹjin]
Tot onbepaalde tyd sal hulle beslis bewaar word;+
Maar wat die nageslag van die goddeloses betref, hulle sal inderdaad uitgeroei word.+
פ [Peʼ]
צ [Sadeʹ]
33 Wat Jehovah betref, hy sal hom nie aan sy hand oorlaat nie,+
En hy sal hom nie goddeloos verklaar wanneer hy geoordeel word nie.+
ק [Kof]
34 Hoop op Jehovah en hou sy weg,+
En hy sal jou verhef om die aarde in besit te neem.+
Wanneer die goddeloses uitgeroei word, sal jy dit sien.+
ר [Resj]
35 Ek het gesien dat die goddelose ’n tiran is+
En dat hy hom uitbrei soos ’n blaarryke boom op eie bodem.+
36 En tog het hy verdwyn, en kyk, hy was daar nie;+
En ek het hom bly soek, en hy is nie gevind nie.+
ש [Sjin]
37 Gee ag op die onberispelike en kyk na die regskapene,+
Want die toekoms van dié man sal vreedsaam wees.+
38 Maar die oortreders sal beslis saam verdelg word;+
Die toekoms van die goddeloses sal inderdaad afgesny word.+
ת [Tau]