DIE EERSTE BOEK VAN KRONIEKE
5 Die seuns van Jafet was Gomer, Magog, Madai, Jawan, Tubal,+ Meseg+ en Tiras.+
6 Die seuns van Gomer was Asʹkenas, Rifat en Togarʹma.+
7 Die seuns van Jawan was Eliʹsa, Tarsis, Kittim en Roʹdanim.
8 Die seuns van Gam was Kus,+ Misraʹim, Put en Kanaän.+
9 Die seuns van Kus was Seba,+ Haʹwila, Sabta, Raäma+ en Sabʹtega.
Die seuns van Raäma was Skeba en Dedan.+
10 Kus het die vader geword van Nimrod.+ Hy het die eerste magtige persoon op die aarde geword.
11 Misraʹim het die vader geword van Ludim,+ Aʹnamim, Leʹhabim, Nafʹtuhim,+ 12 Paʹtrusim,+ Kasʹluhim (van wie die Filistyne+ afstam) en Kafʹtorim.+
13 Kanaän het die vader geword van Sidon,+ sy eersgeborene, en Het,+ 14 sowel as die Jebusiete,+ die Amoriete,+ die Girgasiete,+ 15 die Hewiete,+ die Arkiete, die Siniete, 16 die Arwadiete,+ die Semariete en die Hamatiete.
18 Arpagʹsad het die vader geword van Selag,+ en Selag het die vader geword van Eber.
19 Eber het twee seuns gehad. Die naam van die een was Peleg,*+ want dit was in sy leeftyd dat die bevolking van die aarde* verdeel is. Sy broer se naam was Joktan.
20 Joktan het die vader geword van Almoʹdad, Selef, Hasarmaʹwet, Jerag,+ 21 Hadoʹram, Usal, Dikla, 22 Obal, Abiʹmael, Skeba, 23 Ofir,+ Haʹwila+ en Jobab. Hulle almal was die seuns van Joktan.
28 Die seuns van Abraham was Isak+ en Isʹmael.+
29 Dít is die name van hulle nakomelinge: Neʹbajot,+ die eersgeborene van Isʹmael, dan Kedar,+ Adʹbeël, Mibsam,+ 30 Misma, Duma, Massa, Hadad, Tema, 31 Jetur, Nafis en Kedma. Dit was die seuns van Isʹmael.
32 Die seuns aan wie Ketuʹra,+ Abraham se byvrou, geboorte gegee het, was Simran, Joksan, Medan, Miʹdian,+ Jisbak en Suag.+
Die seuns van Joksan was Skeba en Dedan.+
33 Die seuns van Miʹdian was Efa,+ Efer, Hanog, Abiʹda en Elʹdaä.
Hulle almal was die seuns van Ketuʹra.
34 Abraham het die vader geword van Isak.+ Die seuns van Isak was Esau+ en Israel.+
35 Die seuns van Esau was Eʹlifas, Reʹhuel, Jeüs, Jalam en Korag.+
36 Die seuns van Eʹlifas was Teman,+ Omar, Sefo, Gatam, Kenas, Timna en Aʹmalek.+
37 Die seuns van Reʹhuel was Nahat, Serag, Samma en Missa.+
38 Die seuns van Seïr+ was Lotan, Sobal, Siʹbeon, Ana, Dison, Eser en Disan.+
39 Die seuns van Lotan was Hori en Homam. Lotan se suster was Timna.+
40 Die seuns van Sobal was Alwan, Manaʹhat, Ebal, Sefo en Onam.
Die seuns van Siʹbeon was Aja en Ana.+
41 Die seun* van Ana was Dison.
Die seuns van Dison was Hemdan, Esban, Jitran en Keran.+
42 Die seuns van Eser+ was Bilhan, Saʹäwan en Akan.
Die seuns van Disan was Us en Aran.+
43 Dít is die konings wat in die land Edom+ regeer het voordat enige koning oor die Israeliete regeer het:+ Bela, die seun van Beor. Die naam van sy stad was Dinhaʹba. 44 Toe Bela gesterf het, het Jobab, die seun van Serag, uit Bosra,+ in sy plek begin regeer. 45 Toe Jobab gesterf het, het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek begin regeer. 46 Toe Husam gesterf het, het Hadad, die seun van Bedad, in sy plek begin regeer. Hy het Miʹdian in die gebied* van Moab verslaan. Die naam van sy stad was Awit. 47 Toe Hadad gesterf het, het Samla, uit Masʹreka, in sy plek begin regeer. 48 Toe Samla gesterf het, het Saul, uit Reʹhobot by die Rivier, in sy plek begin regeer. 49 Toe Saul gesterf het, het Baäl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek begin regeer. 50 Toe Baäl-Hanan gesterf het, het Hadad in sy plek begin regeer. Die naam van sy stad was Pahu, en die naam van sy vrou was Mehetaʹbel, die dogter van Matred, die dogter van Meʹsahab. 51 Toe het Hadad gesterf.
Die sjeiks* van Edom was sjeik Timna, sjeik Alwa, sjeik Jetet,+ 52 sjeik Oholibaʹma, sjeik Ela, sjeik Pinon, 53 sjeik Kenas, sjeik Teman, sjeik Mibsar, 54 sjeik Magʹdiël en sjeik Iram. Dit was die sjeiks van Edom.
2 Dít was die seuns van Israel:+ Ruben,+ Siʹmeon,+ Levi,+ Juda,+ Isʹsaskar,+ Seʹbulon,+ 2 Dan,+ Josef,+ Benjamin,+ Nafʹtali,+ Gad+ en Aser.+
3 Die seuns van Juda was Er, Onan en Sela. Hy het hierdie drie seuns by Sua se dogter, die Kanaänitiese vrou, gehad.+ Maar Er, die eersgeborene van Juda, was sleg in die oë van Jehovah, en daarom het Hy hom doodgemaak.+ 4 Juda het Peres+ en Serag by sy skoondogter Tamar+ gehad. Juda het altesaam vyf seuns gehad.
5 Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.+
6 Die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Dara. Hulle was vyf in totaal.
7 Die seun* van Karmi was Agar,* wat rampspoed* oor Israel gebring het.+ Hy was ontrou omdat hy nie gebly het by die gebod oor die dinge wat vernietig moes word nie.+
8 Die seun* van Etan was Asarʹja.
9 Die seuns van Hesron was Jeragʹmeël,+ Ram+ en Keluʹbai.*
10 Ram het die vader geword van Amminaʹdab.+ Amminaʹdab het die vader geword van Nagson,+ die hoofman van die nakomelinge van Juda. 11 Nagson het die vader geword van Salma.+ Salma het die vader geword van Boas.+ 12 Boas het die vader geword van Obed. Obed het die vader geword van Isai.+ 13 Isai het die vader geword van Eliʹab, sy eersgeborene. Sy tweede seun was Abinaʹdab,+ die derde Siʹmea,+ 14 die vierde Netaʹnel, die vyfde Raddai, 15 die sesde Osem en die sewende Dawid.+ 16 Hulle susters was Seruʹja en Abiʹgail.+ Die seuns van Seruʹja was Abiʹsai,+ Joab+ en Aʹsahel,+ altesaam drie. 17 Abiʹgail het aan Amaʹsa+ geboorte gegee, en die vader van Amaʹsa was Jeter, die Ismaeliet.
18 Kaleb,* die seun van Hesron, het seuns gehad by sy vrou Asuʹba en by Jeriʹot. Dít was haar seuns: Jeser, Sobab en Ardon. 19 Toe Asuʹba gesterf het, het Kaleb met Efrat+ getrou, en hy het Hur+ by haar gehad. 20 Hur het die vader geword van Uri. Uri het die vader geword van Besaʹleël.+
21 Later het Hesron seksuele omgang gehad met die dogter van Magir,+ die vader* van Giʹlead.+ Hy was 60 jaar oud toe hy met haar getrou het, en sy het aan Segub geboorte gegee. 22 Segub het die vader geword van Jaïr,+ wat 23 stede in die land Giʹlead gehad het.+ 23 Gesur+ en Sirië+ het later Hawwot-Jaïr,+ asook Kenat+ en sy afhanklike* dorpe, van hulle afgeneem, altesaam 60 stede. Hulle was almal nakomelinge van Magir, die vader van Giʹlead.
24 Ná Hesron+ se dood in Kaʹleb-Eʹfrata het sy vrou Abiʹa geboorte gegee aan Asgur,+ die vader van Tekoʹa.+
25 Die seuns van Jeragʹmeël, die eersgeborene van Hesron, was Ram, die eersgeborene, Buna, Oren, Osem en Ahiʹa. 26 Jeragʹmeël het nog ’n vrou gehad, met die naam Ataʹra. Sy was die ma van Onam. 27 Die seuns van Ram, die eersgeborene van Jeragʹmeël, was Maäs, Jamin en Eker. 28 Die seuns van Onam was Sammai en Jada. Die seuns van Sammai was Nadab en Abiʹsur. 29 Die naam van Abiʹsur se vrou was Abiʹhail, by wie hy Agban en Molid gehad het. 30 Die seuns van Nadab was Seled en Appaʹim. Maar Seled het gesterf sonder dat hy kinders gehad het. 31 Die seun* van Appaʹim was Jisʹeï. En die seun* van Jisʹeï was Sesan, en die seun* van Sesan was Aglai. 32 Die seuns van Jada, die broer van Sammai, was Jeter en Joʹnatan. Maar Jeter het gesterf sonder dat hy kinders gehad het. 33 Die seuns van Joʹnatan was Pelet en Sasa. Dit was die nakomelinge van Jeragʹmeël.
34 Sesan het geen seuns gehad nie, net dogters. En Sesan het ’n Egiptiese kneg gehad met die naam Jarha. 35 Sesan het sy dogter as vrou aan sy kneg Jarha gegee, en hy het Attai by haar gehad. 36 Attai het die vader geword van Natan. Natan het die vader geword van Sabad. 37 Sabad het die vader geword van Eflal. Eflal het die vader geword van Obed. 38 Obed het die vader geword van Jehu. Jehu het die vader geword van Asarʹja. 39 Asarʹja het die vader geword van Heles. Heles het die vader geword van Eleaʹsa. 40 Eleaʹsa het die vader geword van Sismai. Sismai het die vader geword van Sallum. 41 Sallum het die vader geword van Jekamʹja. Jekamʹja het die vader geword van Elisaʹma.
42 Die seuns van Kaleb,*+ die broer van Jeragʹmeël, was Mesa, sy eersgeborene, wat die vader van Sif was, en daar was die seuns van Mareʹsa, die vader van Heʹbron. 43 Die seuns van Heʹbron was Korag, Tappuʹag, Rekem en Sema. 44 Sema het die vader geword van Raham, die vader van Jorʹkeam. Rekem het die vader geword van Sammai. 45 Die seun van Sammai was Maon. Maon was die vader van Bet-Sur.+ 46 Kaleb se byvrou Efa het geboorte gegee aan Haran, Mosa en Gases. Haran het die vader geword van Gases. 47 Die seuns van Jadai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf. 48 Kaleb se byvrou Maʹäga het aan Seber en Tirʹhana geboorte gegee. 49 Ná verloop van tyd het sy geboorte gegee aan Saäf, die vader van Madmanʹna,+ en aan Sewa, die vader van Magbeʹna en Giʹbea.+ Kaleb+ se dogter was Agsa.+ 50 Dit was die nakomelinge van Kaleb.
Die seuns van Hur,+ die eersgeborene van Eʹfrata,+ was Sobal, die vader van Kirʹjat-Jeaʹrim,+ 51 Salma, die vader van Betlehem,+ en Haref, die vader van Bet-Gader. 52 Sobal, die vader van Kirʹjat-Jeaʹrim, het seuns gehad: Haʹroë en die helfte van die Menuʹhotiete. 53 Die families van Kirʹjat-Jeaʹrim was die Jitriete,+ die Putiete, die Sumatiete en die Misraïete. Die Soratiete+ en die Estaoliete+ het van hulle afgestam. 54 Die nakomelinge van Salma was die inwoners van Betlehem,+ Netoʹfa, Atrot-Bet-Joab, die Soriete en die helfte van die Manahatiete. 55 Die families van die skrywers wat in Jabes gewoon het, was die Tiratiete, die Simeatiete en die Sugatiete. Dit was die Keniete,+ die nakomelinge van Hammat, die vader van die huis van Regab.+
3 Dít is die seuns van Dawid wat in Heʹbron gebore is:+ Sy eersgeborene was Amnon,+ en sy ma was Ahiʹnoam+ van Jisʹreël. Die tweede was Daniël, en sy ma was Abiʹgail,+ die Karmelitiese vrou. 2 Die derde was Absalom,+ die seun van Maʹäga, die dogter van koning Talmai van Gesur. Die vierde was Adoʹnia,+ die seun van Haggit. 3 Die vyfde was Sefatʹja, en sy ma was Abiʹtal. Die sesde was Jitʹream, en sy ma was Dawid se vrou Egla. 4 Hierdie ses seuns van Dawid is in Heʹbron gebore. Hy het 7 jaar en 6 maande daar regeer, en hy het 33 jaar lank in Jerusalem regeer.+
5 Dít is die name van Dawid se seuns wat in Jerusalem gebore is:+ Siʹmea, Sobab, Natan+ en Salomo.+ Batseʹba,+ die dogter van Ammiʹël, was die ma van hierdie vier. 6 Die name van nege van sy ander seuns was: Jibhar, Elisaʹma, Elifeʹlet, 7 Noga, Nefeg, Jaʹfia, 8 Elisaʹma, Eljaʹda en Elifeʹlet. 9 Dit was al die seuns van Dawid, buiten die seuns van sy byvrouens, en hulle suster se naam was Tamar.+
10 Die seun van Salomo was Rehaʹbeam.+ Sy seun was Abiʹa.+ Sy seun was Asa.+ Sy seun was Joʹsafat.+ 11 Sy seun was Joram.+ Sy seun was Ahaʹsia.+ Sy seun was Joas.+ 12 Sy seun was Amaʹsia.+ Sy seun was Asarʹja.+ Sy seun was Jotam.+ 13 Sy seun was Agas.+ Sy seun was Hiskiʹa.+ Sy seun was Manasʹse.+ 14 Sy seun was Amon,+ en sy seun was Josiʹa.+ 15 Die seuns van Josiʹa was Johaʹnan, die eersgeborene, Jojaʹkim,+ die tweede, Sedekiʹa,+ die derde en Sallum, die vierde. 16 Die seun van Jojaʹkim was Jegonʹja,+ en sy seun was Sedekiʹa. 17 Die seuns van die gevangene Jegonʹja was Sealʹtiël, 18 Malkiʹram, Pedaʹja, Senasʹsar, Jekamʹja, Hosaʹma en Nedabʹja. 19 Die seuns van Pedaʹja was Serubbaʹbel+ en Siʹmeï. Die seuns van Serubbaʹbel was Mesulʹlam en Hananʹja (en hulle suster se naam was Seʹlomit). 20 Die name van vyf van sy ander seuns was: Haʹsuba, Ohel, Beregʹja, Hasadʹja en Jusab-Hesed. 21 En die seuns van Hananʹja was Pelatʹja en Jesaja. Die seun* van Jesaja was Refaʹja. Die seun* van Refaʹja was Arnan. Die seun* van Arnan was Obadʹja. Die seun* van Obadʹja was Seganʹja. 22 Die seun* van Seganʹja was Semaʹja, en die seuns van Semaʹja was: Hattus, Jigal, Bariʹag, Nearʹja en Safat, altesaam ses. 23 En die seuns van Nearʹja was Eljoënai, Hiskiʹa en Asriʹkam, altesaam drie. 24 En die seuns van Eljoënai was Hodawʹja, Eljaʹsib, Pelaʹja, Akkub, Johaʹnan, Delaʹja en Anaʹni, altesaam sewe.
4 Die seuns van Juda was Peres,+ Hesron,+ Karmi, Hur+ en Sobal.+ 2 Reaʹja, die seun van Sobal, het die vader geword van Jahat. Jahat het die vader geword van Ahuʹmai en Lahad. Dit was die families van die Soratiete.+ 3 Dít was die seuns van die vader* van Etam:+ Jisʹreël, Jisma en Jidbas (en die naam van hulle suster was Hasselelpoʹni). 4 Pnuel was die vader van Gedor. Eser was die vader van Husa. Dit was die seuns van Hur,+ die eersgeborene van Eʹfrata en die vader van Betlehem.+ 5 Asgur,+ die vader van Tekoʹa,+ het twee vrouens gehad: Hela en Naʹära. 6 Naʹära het geboorte gegee aan Ahusʹsam, Hefer, Temeʹni en Ahastaʹri. Dit was die seuns van Naʹära. 7 En die seuns van Hela was Seret, Jishar en Etnan. 8 Kos het die vader geword van Anub, Sobeʹba en die families van Aharʹhel, die seun van Harum.
9 Jabes is meer geëer as sy broers, en sy ma het hom Jabes* genoem en gesê: “Ek het met pyn aan hom geboorte gegee.” 10 Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: “Seën my asseblief en vergroot my gebied en help my* en beskerm my teen rampspoed sodat niks slegs met my sal gebeur nie!” En God het gedoen wat hy gevra het.
11 Kelub, die broer van Suha, het die vader geword van Mehir, wat die vader van Eston was. 12 Eston het die vader geword van Bet-Rafa, Paseʹag en Tehinʹna, die vader van Ir-Nahas. Dit was die manne van Rega. 13 En die seuns van Kenas was Otʹniël+ en Seraʹja, en die seun* van Otʹniël was Hatat. 14 Meonoʹtai het die vader geword van Ofra. Seraʹja het die vader geword van Joab, die vader van Ge-Haʹrasim,* wat so genoem is omdat die mense daar ambagsmanne was.
15 Die seuns van Kaleb,+ die seun van Jefunʹne, was Iru, Ela en Naäm. En die seun* van Ela was Kenas. 16 Die seuns van Jehalʹlelel was Sif, Sifa, Tiʹreja en Asaʹrel. 17 Die seuns van Esra was Jeter, Mered, Efer en Jalon. Sy* het geboorte gegee aan Mirjam, Sammai en Jisbag, die vader van Estemoʹa. 18 (En sy Joodse vrou het geboorte gegee aan Jered, die vader van Gedor, Heber, die vader van Sogo, en Jekuʹtiël, die vader van Sanoʹag.) Dit was die seuns van Bitja, die dogter van Farao, met wie Mered getrou het.
19 Die seuns van Hodiʹa se vrou, die suster van Naham, was die vaders van Kehiʹla, die Garmiet, en Estemoʹa, die Maägatiet. 20 En die seuns van Simon was Amnon, Rinna, Ben-Hanan en Tilon. En die seuns van Jisʹeï was Sohet en Ben-Sohet.
21 Die seuns* van Sela,+ die seun van Juda, was Er, die vader van Lega, en Lada, die vader van Mareʹsa, en die families van die vervaardigers van goeie materiaal van die huis van Asbeʹa, 22 Jokim, die manne van Koseʹba, Joas en Saraf, wat met Moabitiese vrouens getrou het, en Jasuʹbi-Leʹhem. (Hierdie verslae is baie oud.)* 23 Hulle was pottebakkers wat in Netaʹim en Gedeʹra gewoon het. Hulle het daar gewoon en vir die koning gewerk.
24 Die seuns van Siʹmeon+ was Neʹmuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.+ 25 Sy seun was Sallum, sy seun was Mibsam en sy seun was Misma. 26 En die seuns van Misma was Hamʹmuel, sy seun Sakkur en sy seun Siʹmeï. 27 En Siʹmeï het 16 seuns en 6 dogters gehad. Maar sy broers het nie baie seuns gehad nie, en nie een van hulle families het soveel seuns gehad soos die manne van Juda nie.+ 28 Hulle het gewoon in Berseʹba,+ Moʹlada,+ Hasar-Sual,+ 29 Bilha, Esem,+ Tolad, 30 Beʹtuel,+ Horma,+ Siklag,+ 31 Bet-Markaʹbot, Hasar-Susim,+ Bet-Biri en Saäraʹim. Dit was hulle stede totdat Dawid regeer het.
32 Hulle het ook gewoon in Etam, Ajin, Rimmon, Togen en Asan,+ vyf stede, 33 en in die dorpe rondom hierdie stede tot by Baäl. Dit was hulle geslagsregisters en hulle woonplekke. 34 Meʹsobab, Jamleg, Josa, die seun van Amaʹsia, 35 Joël, Jehu, die seun van Josibʹja, die seun van Seraʹja, die seun van Aʹsiël, 36 Eljoënai, Jaäkoʹba, Jesohaʹja, Asaʹja, Aʹdiël, Jesiʹmiël, Benaʹja, 37 Sisa, die seun van Sifi, die seun van Allon, die seun van Jedaʹja, die seun van Simri, die seun van Semaʹja – 38 al hierdie manne wat by name genoem is, was die hoofmanne van hulle families. En hulle families het al hoe groter geword. 39 En hulle het na die ingang van Gedor gegaan, na die oostekant van die vallei, om weiding vir hulle kuddes te soek. 40 Hulle het uiteindelik goeie weiding gevind, en die land was uitgestrek en stil, en daar was vrede. Die mense wat voorheen daar gewoon het, was Gamiete.+ 41 Hierdie mense wie se name op die lys is, het in die tyd van koning Hiskiʹa+ van Juda die tente van die Gamiete vernietig en die Meüniete wat daar was, verslaan. Hulle het hulle heeltemal vernietig, en hulle het daar gaan woon omdat daar weivelde vir hulle kleinvee was.
42 Party van die Simeoniete, 500 manne, het na die berg Seïr+ gegaan, en Pelatʹja, Nearʹja, Refaʹja en Usʹsiël, die seuns van Jisʹeï, het hulle gelei. 43 En hulle het die res van die Amalekiete+ wat weggekom het, doodgemaak, en hulle woon vandag nog daar.
5 Hier volg die name van die seuns van Ruben,+ Israel se eersgeborene. Hy was die eersgeborene, maar omdat hy die bed van sy pa onteer het,+ is sy eersgeboortereg gegee aan die seuns van Josef,+ die seun van Israel. Daarom is hy nie in die geslagsregister opgeteken as die seun met die eersgeboortereg nie. 2 Juda+ was beter as sy broers, en die een wat die leier+ sou wees, was een van sy nakomelinge, maar die eersgeboortereg het aan Josef behoort. 3 Die seuns van Ruben, Israel se eersgeborene, was Hanog, Pallu, Hesron en Karmi.+ 4 Die seuns* van Joël was Semaʹja, sy seun Gog, sy seun Siʹmeï, 5 sy seun Miga, sy seun Reaʹja, sy seun Baäl 6 en sy seun Beëra, wat koning Tilʹgat-Pilneʹser+ van Assiʹrië in ballingskap weggeneem het. Beëra was ’n hoofman van die Rubeniete. 7 Sy broers volgens hulle families in die geslagsregister, volgens hulle nakomelinge, was Jeïel, wat die hoof was, Sagariʹa 8 en Bela, die seun van Asas, die seun van Sema, die seun van Joël. Bela se familie het in die gebied gewoon van Aʹroër+ tot by Nebo en Baäl-Meon.+ 9 Omdat hulle vee baie geword het in die land Giʹlead,+ het hulle na die ooste uitgesprei tot teen die wildernis by die Eufraatrivier.+ 10 In Saul se tyd het hulle teen die Hagriete oorlog gevoer. Hulle het die Hagriete verslaan en in hulle tente gaan woon in die hele gebied oos van Giʹlead.
11 Die nakomelinge van Gad het langs hulle in die land Basan gewoon tot by Salka.+ 12 Joël was die hoof, en Safam was tweede in bevel. Janai en Safat was ook leiers in Basan. 13 En hulle familielede wat aan hulle vaderhuise behoort het, was Miʹgael, Mesulʹlam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber, altesaam sewe. 14 Dit was die seuns van Abiʹhail, die seun van Huri, die seun van Jaroʹag, die seun van Giʹlead, die seun van Miʹgael, die seun van Jesiʹsai, die seun van Jagdo, die seun van Bus. 15 Ahi, die seun van Abʹdiël, die seun van Guni, was die hoof van hulle vaderhuis. 16 Hulle het gewoon in Giʹlead,+ in Basan+ en sy afhanklike* dorpe en in al die weivelde van Saron so ver as wat dit gestrek het. 17 Hulle name is in die geslagsregister opgeteken in die tyd van koning Jotam+ van Juda en in die tyd van koning Jeroʹbeam*+ van Israel.
18 Die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse het 44 760 magtige vegters in hulle leërmag gehad wat met die skild, swaard en boog gewapen was, en hulle was opgelei om oorlog te voer. 19 Hulle het oorlog gevoer teen die Hagriete+ en die nakomelinge van Jetur, Nafis+ en Nodab. 20 Omdat hulle God vir hulp gevra het in die oorlog en op hom vertrou het, het hy hulle smeekgebed beantwoord. Hulle het hulp ontvang in die oorlog, en die Hagriete en almal wat by hulle was, is in hulle hand gegee.+ 21 Hulle het hulle vee afgevat – 50 000 kamele, 250 000 skape en 2 000 donkies. Hulle het ook 100 000 mense* gevange geneem. 22 Baie van hulle vyande is doodgemaak omdat die ware God die oorlog gevoer het.+ En hulle het in hulle gebied gewoon tot die tyd van die ballingskap.+
23 Die nakomelinge van die halwe stam van Manasʹse+ het in die land gewoon van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en die berg Hermon.+ Hulle was baie. 24 Dít was die hoofde van hulle vaderhuise: Efer, Jisʹeï, Eʹliël, Asʹriël, Jeremia, Hodawʹja en Jagdiʹël. Hulle was magtige vegters, beroemde manne en hoofde van hulle vaderhuise. 25 Maar hulle was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het die gode aanbid* van die volke van die land,+ wat God voor hulle vernietig het. 26 Daarom het die God van Israel koning Pul van Assiʹrië+ (dit wil sê koning Tilʹgat-Pilneʹser+ van Assiʹrië) beweeg om die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse in ballingskap weg te neem na Halag, Habor, Hara en die Gosanrivier,+ en hulle is vandag nog daar.
6 Die seuns van Levi+ was Gerson, Kehat+ en Meraʹri.+ 2 Die seuns van Kehat was Amram, Jishar,+ Heʹbron en Usʹsiël.+ 3 Die kinders* van Amram+ was Aäron,+ Moses+ en Mirjam.+ En die seuns van Aäron was Nadab, Abiʹhu,+ Eleaʹsar+ en Iʹtamar.+ 4 Eleaʹsar het die vader geword van Piʹnehas.+ Piʹnehas het die vader geword van Abisuʹa. 5 Abisuʹa het die vader geword van Bukki. En Bukki het die vader geword van Ussi. 6 Ussi het die vader geword van Seragʹja. Seragʹja het die vader geword van Meʹrajot. 7 Meʹrajot het die vader geword van Amarʹja. Amarʹja het die vader geword van Ahiʹtub.+ 8 Ahiʹtub het die vader geword van Sadok.+ Sadok het die vader geword van Ahiʹmaäs.+ 9 Ahiʹmaäs het die vader geword van Asarʹja. Asarʹja het die vader geword van Johaʹnan. 10 Johaʹnan het die vader geword van Asarʹja. Hy het as priester gedien in die huis wat Salomo in Jerusalem gebou het.
11 Asarʹja het die vader geword van Amarʹja. Amarʹja het die vader geword van Ahiʹtub. 12 Ahiʹtub het die vader geword van Sadok.+ Sadok het die vader geword van Sallum. 13 Sallum het die vader geword van Hilkiʹa.+ Hilkiʹa het die vader geword van Asarʹja. 14 Asarʹja het die vader geword van Seraʹja.+ Seraʹja het die vader geword van Joʹsadak.+ 15 En Joʹsadak is in ballingskap weggeneem toe Jehovah Juda en Jerusalem deur die hand van Nebukadneʹsar in ballingskap laat gaan het.
16 Die seuns van Levi was Gersom,* Kehat en Meraʹri. 17 Dít is die name van die seuns van Gersom: Libni en Siʹmeï.+ 18 Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Heʹbron en Usʹsiël.+ 19 Die seuns van Meraʹri was Magli en Musi.
Dít was die families van die Leviete volgens hulle voorvaders:+ 20 Van Gersom:+ sy seun Libni, sy seun Jahat, sy seun Simma, 21 sy seun Joag, sy seun Iddo, sy seun Serag, sy seun Jeʹatrai. 22 Die nakomelinge van Kehat was sy seun Amminaʹdab, sy seun Korag,+ sy seun Assir, 23 sy seun Elkaʹna,+ sy seun Ebjaʹsaf, sy seun Assir, 24 sy seun Tahat, sy seun Uʹriël, sy seun Ussiʹa en sy seun Saul. 25 Die seuns van Elkaʹna was Amaʹsai en Aʹhimot. 26 Die nakomelinge van Elkaʹna was sy seun Sofai, sy seun Nahat, 27 sy seun Eliʹab,+ sy seun Jeroʹham, sy seun Elkaʹna. 28 Die seuns van Samuel+ was Joël, die eersgeborene, en Abiʹa, die tweede.+ 29 Die nakomelinge van Meraʹri was Magli,+ sy seun Libni, sy seun Siʹmeï, sy seun Ussa, 30 sy seun Siʹmea, sy seun Haggiʹa en sy seun Asaʹja.
31 Dawid het hierdie manne aangestel om die sangers by die huis van Jehovah te lei nadat die Ark daarin gesit is.+ 32 Hulle was verantwoordelik vir die sang by die tabernakel, die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van Jehovah in Jerusalem gebou het.+ Hulle het hulle diens gedoen soos dit vir hulle voorgeskryf was.+ 33 Dít is die manne wat saam met hulle seuns gedien het: Van die seuns van die Kehatiete was daar Heman,+ die sanger. Hy was die seun van Joël,+ die seun van Samuel, 34 die seun van Elkaʹna,+ die seun van Jeroʹham, die seun van Eʹliël, die seun van Toag, 35 die seun van Suf, die seun van Elkaʹna, die seun van Mahat, die seun van Amaʹsai, 36 die seun van Elkaʹna, die seun van Joël, die seun van Asarʹja, die seun van Sefanʹja, 37 die seun van Tahat, die seun van Assir, die seun van Ebjaʹsaf, die seun van Korag, 38 die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, die seun van Israel.
39 Sy broer Asaf+ het aan sy regterkant gestaan. Asaf was die seun van Beregʹja, die seun van Siʹmea, 40 die seun van Miʹgael, die seun van Baäseʹja, die seun van Malkiʹa, 41 die seun van Etni, die seun van Serag, die seun van Adaʹja, 42 die seun van Etan, die seun van Simma, die seun van Siʹmeï, 43 die seun van Jahat, die seun van Gersom, die seun van Levi.
44 Die nakomelinge van Meraʹri,+ hulle broers, was aan hulle linkerkant. Daar was Etan,+ die seun van Kisi, die seun van Abdi, die seun van Mallug, 45 die seun van Hasabʹja, die seun van Amaʹsia, die seun van Hilkiʹa, 46 die seun van Amsi, die seun van Bani, die seun van Semer, 47 die seun van Magli, die seun van Musi, die seun van Meraʹri, die seun van Levi.
48 Hulle broers, die Leviete, was aangestel* vir die diens by die tabernakel, die huis van die ware God.+ 49 Aäron en sy seuns+ het offerrook laat opgaan op die brandofferaltaar+ en op die reukwerkaltaar+ en het al die take verrig in verband met die besonder heilige dinge om vir Israel versoening te doen,+ net soos Moses, die kneg van die ware God, beveel het. 50 Dít was die nakomelinge van Aäron:+ sy seun Eleaʹsar,+ sy seun Piʹnehas, sy seun Abisuʹa, 51 sy seun Bukki, sy seun Ussi, sy seun Seragʹja, 52 sy seun Meʹrajot, sy seun Amarʹja, sy seun Ahiʹtub,+ 53 sy seun Sadok+ en sy seun Ahiʹmaäs.
54 Hier volg ’n lys met hulle woonplekke, volgens hulle kampe* in hulle gebied. Die eerste lot is gewerp vir die nakomelinge van Aäron wat aan die familie van die Kehatiete behoort het. 55 Hulle het Heʹbron+ in die land van Juda sowel as die omliggende weivelde aan hulle gegee. 56 Maar hulle het die grond om die stad en die omliggende dorpies aan Kaleb,+ die seun van Jefunʹne, gegee. 57 Aan die nakomelinge van Aäron het hulle Heʹbron+ as ’n vrystad*+ gegee, asook Libna+ met sy weivelde, Jattir,+ Estemoʹa met sy weivelde,+ 58 Hilen met sy weivelde, Debir+ met sy weivelde, 59 Asan+ met sy weivelde en Bet-Semes+ met sy weivelde. 60 En uit die gebied van die stam van Benjamin: Geba+ met sy weivelde, Aleʹmet met sy weivelde en Aʹnatot+ met sy weivelde. Hulle families het altesaam 13 stede ontvang.+
61 Die res van die Kehatiete het tien stede ontvang* uit die gebied van die families van ander stamme en uit die gebied van die halwe stam van Manasʹse.+
62 Die families van die Gersomiete het 13 stede ontvang uit die gebied van die stam van Isʹsaskar, die stam van Aser, die stam van Nafʹtali en die stam van Manasʹse in Basan.+
63 Die families van die Merariete het deur middel van die lot 12 stede uit die gebied van die stam van Ruben, die stam van Gad en die stam van Seʹbulon ontvang.+
64 Die Israeliete het hierdie stede met hulle weivelde aan die Leviete gegee.+ 65 En uit die gebied van die stam van Juda, die stam van Siʹmeon en die stam van Benjamin het hulle die stede wat hier genoem word, deur middel van die lot toegewys.
66 Party van die Kehatitiese families het stede van die stam van Eʹfraim as hulle gebied ontvang.+ 67 Hulle het Sigem+ met sy weivelde in die bergstreek van Eʹfraim aan hulle gegee as ’n vrystad,* asook Geser+ met sy weivelde, 68 Jokʹmeam met sy weivelde, Bet-Horon+ met sy weivelde, 69 Aʹjalon+ met sy weivelde en Gat-Rimmon+ met sy weivelde. 70 En uit die gebied van die halwe stam van Manasʹse het hulle Aner met sy weivelde en Biʹleam met sy weivelde aan die res van die families van die Kehatiete gegee.
71 Aan die Gersomiete het hulle Golan+ in Basan met sy weivelde en Asʹtarot met sy weivelde+ uit die gebied van die familie van die halwe stam van Manasʹse gegee. 72 En uit die gebied van die stam van Isʹsaskar: Kedes met sy weivelde, Daʹberat+ met sy weivelde,+ 73 Ramot met sy weivelde en Anem met sy weivelde. 74 Uit die gebied van die stam van Aser: Masal met sy weivelde, Abdon met sy weivelde,+ 75 Hukok met sy weivelde en Rehob+ met sy weivelde. 76 En uit die gebied van die stam van Nafʹtali: Kedes+ in Galileʹa+ met sy weivelde, Hammon met sy weivelde en Kirjataʹim met sy weivelde.
77 Aan die res van die Merariete het hulle Rimmoʹno met sy weivelde en Tabor met sy weivelde uit die gebied van die stam van Seʹbulon+ gegee. 78 En in die Jordaanstreek naby Jeʹrigo, oos van die Jordaanrivier, het hulle die volgende stede uit die gebied van die stam van Ruben ontvang: Beser in die wildernis met sy weivelde, Jahas+ met sy weivelde, 79 Kedeʹmot+ met sy weivelde en Mefaʹät met sy weivelde. 80 En uit die gebied van die stam van Gad het hulle die volgende stede ontvang: Ramot in Giʹlead met sy weivelde, Mahanaʹim+ met sy weivelde, 81 Hesbon+ met sy weivelde en Jaser+ met sy weivelde.
7 Die seuns van Isʹsaskar was Tola, Pua, Jasub en Simron+ – altesaam vier. 2 Die seuns van Tola was Ussi, Refaʹja, Jeʹriël, Jagmai, Jibsam en Seʹmuel. Hulle was die hoofde van hulle vaderhuise. In Dawid se tyd was daar 22 600 magtige vegters wat van Tola afgestam het. 3 Die nakomelinge* van Ussi was Jisragʹja, en die seuns van Jisragʹja was: Miʹgael, Obadʹja, Joël en Jissiʹa – al vyf was hoofmanne.* 4 Volgens die geslagsregister van die hoofde van hierdie vaderhuise was daar onder hulle nakomelinge 36 000 soldate in hulle leërmag wat kon veg, want hulle het baie vrouens en kinders gehad. 5 Hulle broers van al die families van Isʹsaskar was magtige vegters. Daar was 87 000 volgens die geslagsregister.+
6 Die seuns van Benjamin+ was Bela,+ Beger+ en Jediʹael+ – altesaam drie. 7 Die seuns van Bela was Esbon, Ussi, Usʹsiël, Jeʹrimot en Iri – altesaam vyf. Hulle was hoofde van hulle vaderhuise en magtige vegters. En daar was 22 034 in hulle geslagsregister.+ 8 Die seuns van Beger was Semiʹra, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeʹremot, Abiʹa, Aʹnatot en Aleʹmet – hulle almal was die seuns van Beger. 9 In die geslagsregister van hulle nakomelinge was daar 20 200 magtige vegters, wat ingedeel is volgens die hoofde van hulle vaderhuise. 10 Die seuns* van Jediʹael+ was Bilhan en die seuns van Bilhan: Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaʹäna, Setan, Tarsis en Ahisaʹhar. 11 Hulle almal was die seuns van Jediʹael en was die hoofde van hulle vaderhuise. En onder hulle nakomelinge was daar 17 200 magtige vegters wat gereed was om oorlog te voer.
12 Die families van Suppim en Huppim was die seuns van Ir.+ Die families van Husim was die seuns van Aher.
13 Die seuns van Nafʹtali+ was Jagʹsiël, Guni, Jeser en Sallum. Hulle was nakomelinge* van Bilha.+
14 Die seuns van Manasʹse+ was: Asʹriël, wat hy by sy Siriese byvrou gehad het. (Sy het aan Magir+ die vader* van Giʹlead geboorte gegee. 15 Magir het vrouens vir Huppim en Suppim geneem, en sy suster se naam was Maʹäga.) Die naam van die tweede was Selofʹhad,+ maar Selofʹhad het dogters gehad.+ 16 Maʹäga, die vrou van Magir, het aan ’n seun geboorte gegee en hom Peres genoem. Sy broer se naam was Seres. Sy seuns was Ulam en Rekem. 17 Die seun* van Ulam was Bedan. Dit was die seuns van Giʹlead die seun van Magir, die seun van Manasʹse. 18 En sy suster was Hammoleʹket. Sy het aan Ishod, Abiëser en Magla geboorte gegee. 19 Die seuns van Semiʹda was Agjan, Sigem, Likhi en Aniʹam.
20 Die seuns van Eʹfraim+ was Suteʹlag,+ sy seun Bered, sy seun Tahat, sy seun Eleaʹda, sy seun Tahat, 21 sy seun Sabad, sy seun Suteʹlag. Eser en Eʹlead was ook seuns van Eʹfraim. Die manne van Gat+ wat in die land gebore is, het hulle doodgemaak omdat hulle hulle vee wou neem. 22 Eʹfraim, hulle pa, het baie lank getreur, en sy broers het hom heeltyd kom vertroos. 23 Later het hy seksuele omgang met sy vrou gehad, en sy het swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee. Maar hy het hom Beriʹa* genoem omdat sy geboorte gegee het in ’n tyd toe daar rampspoed in sy huis was. 24 Sy dogter was Seʹëra, wat Onder-Bet-Horon+ en Bo-Bet-Horon+ en Usʹsen-Seʹëra gebou het. 25 En daar was sy seuns Refag en Resef. Resef se seun was Telag, sy seun Tahan, 26 sy seun Ladan, sy seun Ammiʹhud, sy seun Elisaʹma, 27 sy seun Nun en sy seun Joʹsua.*+
28 Die woonplekke van die nakomelinge van Eʹfraim was Bet-El+ en sy afhanklike* dorpe, Naʹäran in die ooste, Geser en sy afhanklike dorpe in die weste en Sigem en sy afhanklike dorpe tot by Aja* en sy afhanklike dorpe, 29 en langs die gebied van die nakomelinge van Manasʹse: Bet-Sean+ en sy afhanklike dorpe, Taʹänag+ en sy afhanklike dorpe, Megidʹdo+ en sy afhanklike dorpe en Dor+ en sy afhanklike dorpe. Dit is waar die seuns van Josef, die seun van Israel, gewoon het.
30 Die seuns van Aser was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beriʹa,+ en hulle suster was Sera.+ 31 Die seuns van Beriʹa was Heber en Malʹkiël, wat die vader van Birsaʹjit was. 32 Heber het die vader geword van Jaflet, Somer, Hotam en hulle suster Sua. 33 Die seuns van Jaflet was Pasag, Bimhal en Aswat. Dit was die seuns van Jaflet. 34 Die seuns van Semer* was Ahi, Roga, Jehubʹba en Aram. 35 Die seuns van sy broer Helem* was Sofag, Jimna, Seles en Amal. 36 Die seuns van Sofag was Suag, Harneʹfer, Sual, Beri, Jimra, 37 Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra. 38 Die seuns van Jeter was Jefunʹne, Pispa en Ara. 39 Die seuns van Ulla was Arag, Hanʹniël en Risja. 40 Hulle almal was die seuns van Aser en hoofde van hulle vaderhuise. Hulle was uitstekende, magtige vegters en hoofde van die hoofmanne. En in hulle geslagsregister+ was daar 26 000 manne+ wat in die leërmag was en wat gereed was om oorlog te voer.
8 Benjamin+ het die vader geword van Bela,+ sy eersgeborene. Sy tweede seun was Asbel,+ die derde Agrag, 2 die vierde Noha en die vyfde Rafa. 3 Bela se seuns was: Addar, Gera,+ Abiʹhud, 4 Abisuʹa, Naäman, Ahoʹag, 5 Gera, Sefuʹfan en Huram. 6 Dít is die seuns van Ehud, die hoofde van die vaderhuise van die inwoners van Geba,+ wat in ballingskap weggeneem is na Manaʹhat: 7 Naäman, Ahiʹa en Gera. Gera is die een wat hulle gelei het toe hulle in ballingskap gegaan het, en hy het die vader geword van Ussa en Ahiʹhud. 8 Saharaʹim het kinders gehad in die gebied* van Moab, nadat hy hulle weggestuur het. Husim en Baʹära was sy vrouens.* 9 En by sy vrou Hodes het hy Jobab gehad, sowel as Siʹbja, Mesa, Malkam, 10 Jehus, Sagiʹa en Mirma. Dit was sy seuns, die hoofde van die vaderhuise.
11 By Husim het hy Abiʹtub en Elpaʹäl gehad. 12 En die seuns van Elpaʹäl was Eber, Misam, Semed (wat Ono+ en Lod+ en sy afhanklike* dorpe gebou het), 13 Beriʹa en Sema. Hulle was hoofde van die vaderhuise van die inwoners van Aʹjalon.+ Hulle het die inwoners van Gat uitgedryf. 14 Agjo, Sasak, Jeʹremot, 15 Sebadʹja, Arad, Eder, 16 Miʹgael, Jispa en Joha was die seuns van Beriʹa. 17 Sebadʹja, Mesulʹlam, Hiski, Heber, 18 Jisʹmerai, Jisliʹa en Jobab was die seuns van Elpaʹäl. 19 Jakim, Sigri, Sabdi, 20 Eliënai, Silʹletai, Eʹliël, 21 Adaʹja, Beraʹja en Simrat was die seuns van Siʹmeï. 22 Jispan, Eber, Eʹliël, 23 Abdon, Sigri, Hanan, 24 Hananʹja, Elam, Antotiʹja, 25 Jifdeʹja en Pnuel was die seuns van Sasak. 26 Samʹserai, Seharʹja, Ataʹlia, 27 Jaäresʹja, Eliʹa en Sigri was die seuns van Jeroʹham. 28 Hulle was hoofde van die vaderhuise, soos opgeteken in die geslagsregisters. Hierdie hoofde het in Jerusalem gewoon.
29 Jeïel, die vader* van Giʹbeon,+ het in Giʹbeon gewoon. Sy vrou se naam was Maʹäga.+ 30 Sy seuns se name was Abdon, die eersgeborene, en Sur, Kis, Baäl, Nadab, 31 Gedor, Agjo en Seger. 32 Miklot het die vader geword van Simea. En hulle, sowel as hulle ander broers, het almal naby hulle broers in Jerusalem gewoon.
33 Ner+ het die vader geword van Kis. Kis het die vader geword van Saul.+ Saul het die vader geword van Joʹnatan,+ Malkisua,+ Abinaʹdab+ en Esʹbaäl.*+ 34 Die seun van Joʹnatan was Merib-Baäl.*+ Merib-Baäl het die vader geword van Miga.+ 35 Die seuns van Miga was Piton, Meleg, Tareʹa en Agas. 36 Agas het die vader geword van Jehoʹadda. Jehoʹadda het die vader geword van Aleʹmet, Asmaʹwet en Simri. Simri het die vader geword van Mosa. 37 Mosa het die vader geword van Biʹnea. Biʹnea se seun was Refa. Refa se seun was Eleaʹsa. Eleaʹsa se seun was Asel. 38 Asel het ses seuns gehad, en hulle name was: Asriʹkam, Bogru, Isʹmael, Searʹja, Obadʹja en Hanan. Hulle almal was die seuns van Asel. 39 En die seuns van sy broer Esek was Ulam, sy eersgeborene, Jeüs, die tweede, en Elifeʹlet, die derde. 40 En die seuns van Ulam was magtige vegters en boogskutters, en hulle het baie seuns en kleinseuns gehad, altesaam 150. Hulle almal was nakomelinge van Benjamin.
9 Al die Israeliete is in die geslagsregisters opgeteken, en dit is in die Boek van die konings van Israel neergeskryf. En Juda is in ballingskap na Babilon weggeneem as gevolg van hulle ontrouheid.+ 2 Die eerstes wat na hulle woonplekke in hulle stede teruggekeer het, was ’n aantal Israeliete, die priesters, die Leviete en die tempelknegte.*+ 3 En party van die nakomelinge van Juda,+ Benjamin,+ Eʹfraim en Manasʹse het in Jerusalem gaan woon: 4 Utai, die seun van Ammiʹhud, die seun van Omri, die seun van Imri, die seun van Bani, van die nakomelinge van Peres,+ die seun van Juda. 5 Van die Siloniete: Asaʹja, die eersgeborene, en sy seuns. 6 Van die seuns van Serag:+ Jeüel en 690 van hulle broers.
7 Van die nakomelinge van Benjamin: Sallu, die seun van Mesulʹlam, die seun van Hodawʹja, die seun van Hassenuʹa, 8 Jibʹneja, die seun van Jeroʹham, Ela die seun van Ussi, die seun van Migri en Mesulʹlam, die seun van Sefatʹja, die seun van Reʹhuel, die seun van Jibʹnija. 9 Volgens die geslagsregisters was hulle broers altesaam 956. Al hierdie manne was hoofde van hulle vaderhuise.*
10 Van die priesters was daar Jedaʹja, Jojaʹrib, Jagin,+ 11 Asarʹja, die seun van Hilkiʹa, die seun van Mesulʹlam, die seun van Sadok, die seun van Meʹrajot, die seun van Ahiʹtub, ’n leier van die huis* van die ware God, 12 Adaʹja, die seun van Jeroʹham, die seun van Pasgur, die seun van Malkiʹa, Masai die seun van Aʹdiël, die seun van Jagseʹra, die seun van Mesulʹlam, die seun van Mesilʹlemit, die seun van Immer, 13 en hulle broers, hoofde van die vaderhuise, 1 760 sterk, bekwame manne wat beskikbaar was om by die huis van die ware God te dien.
14 Van die Leviete was daar Semaʹja,+ die seun van Hassub, die seun van Asriʹkam, die seun van Hasabʹja, uit die nakomelinge van Meraʹri; 15 en Bakʹbakkar, Heres, Galal, Mattanʹja die seun van Miga, die seun van Sigri, die seun van Asaf, 16 Obadʹja, die seun van Semaʹja, die seun van Galal, die seun van Jeduʹtun, en Beregʹja, die seun van Asa, die seun van Elkaʹna, wat in die dorpe van die Netofatiete+ gewoon het.
17 Die poortwagters+ was Sallum, Akkub, Talmon, Ahiʹman, en hulle broer Sallum was die hoof, 18 wat tot op daardie tyd by die koning se poort aan die oostekant was.+ Hulle was die poortwagters van die kampe van die Leviete. 19 En Sallum, die seun van Kore, die seun van Ebjaʹsaf, die seun van Korag, en sy broers van sy vaderhuis, die Koragiete, het toesig gehou oor die diens van die deurwagters van die tent. En hulle voorvaders het as wagte van die ingang van die kamp van Jehovah gedien. 20 Vroeër was Piʹnehas,+ die seun van Eleaʹsar,+ hulle leier, en Jehovah was met hom. 21 Sagariʹa,+ die seun van Meselemʹja, was die poortwagter by die ingang van die tent van samekoms.
22 Daar was altesaam 212 manne wat gekies is om poortwagters by die ingange te wees. Hulle het gewoon in hulle dorpe volgens hulle inskrywing in die geslagsregister.+ Dawid en die siener Samuel+ het hulle aangestel omdat hulle betroubaar was. 23 Hulle en hulle seuns het die verantwoordelikheid gehad om as poortwagters van die tent, die huis van Jehovah, te dien.+ 24 Die poortwagters het aan die vier kante gestaan – oos, wes, noord en suid.+ 25 Van tyd tot tyd moes hulle broers vir sewe dae van hulle dorpe af kom om saam met hulle te dien. 26 Daar was vier hoofde* van die poortwagters, wat ’n baie verantwoordelike posisie gehad het. Hulle was Leviete, en hulle het toesig gehou oor die kamers* en oor die skatkamers van die huis van die ware God.+ 27 Hulle het die hele nag op hulle pos gestaan reg rondom die huis van die ware God, want hulle moes wag hou. Die sleutel is ook aan hulle toevertrou, en hulle het die huis elke oggend oopgesluit.
28 Party van hulle was verantwoordelik vir die voorwerpe+ wat vir aanbidding gebruik is. Hulle het dit getel wanneer hulle dit ingebring het en wanneer hulle dit uitgeneem het. 29 Party van hulle was aangestel oor die voorwerpe, oor al die heilige voorwerpe,+ die fynmeel,+ die wyn,+ die olie,+ die wierook+ en die balsemolie.+ 30 Party van die seuns van die priesters het die salf van balsemolie gemeng. 31 Mattitʹja van die Leviete, wat die eersgeborene was van Sallum, die Koragiet, was verantwoordelik vir alles wat in panne gebak is.+ 32 Party van die Kehatiete, hulle broers, het die verantwoordelikheid gehad om die stapelbrode*+ elke sabbat voor te berei.+
33 Dit was die sangers, die hoofde van die vaderhuise van die Leviete. Hulle was in die kamers* en was vrygestel van ander pligte, want hulle moes dag en nag beskikbaar wees vir diens. 34 Hulle was die hoofde van die vaderhuise van die Leviete volgens hulle geslagslyn. Hulle was hoofmanne en het in Jerusalem gewoon.
35 Jeïel, die vader* van Giʹbeon, het in Giʹbeon+ gewoon. Sy vrou se naam was Maʹäga. 36 Sy seuns se name was Abdon, die eersgeborene, en Sur, Kis, Baäl, Ner, Nadab, 37 Gedor, Agjo, Sagariʹa en Miklot. 38 Miklot het die vader geword van Siʹmeam. En hulle, sowel as hulle ander broers, het almal naby hulle broers in Jerusalem gewoon. 39 Ner+ het die vader geword van Kis. Kis het die vader geword van Saul.+ Saul het die vader geword van Joʹnatan,+ Malkisua,+ Abinaʹdab+ en Esʹbaäl. 40 Die seun van Joʹnatan was Merib-Baäl.+ Merib-Baäl het die vader geword van Miga.+ 41 Die seuns van Miga was Piton, Meleg, Tagreʹa en Agas. 42 Agas het die vader geword van Jara. Jara het die vader geword van Aleʹmet, Asmaʹwet en Simri. Simri het die vader geword van Mosa. 43 Mosa het die vader geword van Biʹnea. Biʹnea se seun was Refaʹja. Refaʹja se seun was Eleaʹsa. Eleaʹsa se seun was Asel. 44 Asel het ses seuns gehad, en hulle name was: Asriʹkam, Bogru, Isʹmael, Searʹja, Obadʹja en Hanan. Dit was die seuns van Asel.
10 Die Filistyne het teen Israel geveg. En die manne van Israel het van die Filistyne af weggevlug, en baie van hulle is op die berg Gilboʹa doodgemaak.+ 2 Die Filistyne was heeltyd kort op die hakke van Saul en sy seuns, en hulle het Saul se seuns Joʹnatan, Abinaʹdab en Malkisua+ doodgemaak. 3 Die geveg teen Saul het intens geword, en die boogskutters het hom gevind en gewond.+ 4 Saul het vir sy wapendraer gesê: “Neem jou swaard en maak my dood. Dan kan hierdie onbesnede manne my nie wreed behandel nie.”+ Maar sy wapendraer wou nie, want hy was baie bang. Toe het Saul die swaard geneem, dit teen hom gedruk en daarop geval.+ 5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood is, het hy ook op sy eie swaard geval en gesterf. 6 So het Saul en sy drie seuns en almal van sy huis gesterf.+ 7 Toe al die Israeliete in die vallei sien dat almal gevlug het en dat Saul en sy seuns gesterf het, het hulle hulle stede verlaat en gevlug. Daarna het die Filistyne gekom en in hulle stede gewoon.
8 Die volgende dag, toe die Filistyne die lyke kom stroop, het hulle Saul en sy seuns dood gevind op die berg Gilboʹa.+ 9 Hulle het Saul se klere en sy wapenrusting uitgetrek en sy kop afgekap, en hulle het ’n boodskap deur die hele land van die Filistyne gestuur om die nuus in die tempels van hulle afgode+ en onder die volk te versprei. 10 Daarna het hulle sy wapenrusting in die tempel van hulle god gesit en sy skedel aan die tempel van Dagon+ vasgemaak.
11 Toe die inwoners van Jabes+ in Giʹlead hoor wat die Filistyne alles aan Saul gedoen het,+ 12 het al die vegters die lyke van Saul en sy seuns weggeneem. Hulle het hulle lyke na Jabes geneem en die beendere onder die groot boom in Jabes begrawe,+ en hulle het sewe dae lank gevas.
13 Saul het dus gesterf omdat hy ontrou was aan Jehovah. Hy was nie gehoorsaam aan die woord van Jehovah nie,+ en hy het selfs iemand wat geeste oproep,* geraadpleeg+ 14 eerder as om Jehovah te raadpleeg. Daarom het Hy hom doodgemaak en die koningskap aan Dawid, die seun van Isai, gegee.+
11 Ná verloop van tyd het al die Israeliete by Dawid in Heʹbron+ bymekaargekom en gesê: “Ons is u vlees en bloed.+ 2 Toe Saul koning was, het u Israel in hulle gevegte gelei.*+ En Jehovah u God het vir u gesê: ‘Jy sal my volk Israel as herder lei, en jy sal leier oor my volk Israel word.’”+ 3 Al die ouermanne van Israel het na die koning in Heʹbron gekom, en Dawid het in Heʹbron voor Jehovah ’n verbond met hulle gemaak. Daarna het hulle Dawid as koning oor Israel gesalf,+ net soos Jehovah deur middel van Samuel gesê het.+
4 Later het Dawid en die hele Israel opgetrek teen Jerusalem, dit wil sê Jebus,+ waar die Jebusiete+ gewoon het. 5 Die inwoners van Jebus het Dawid uitgetart en gesê: “Jy sal nooit hier inkom nie!”+ Maar Dawid het die vesting Sion+ ingeneem, wat nou die Stad van Dawid is.+ 6 Toe het Dawid gesê: “Die eerste persoon wat die Jebusiete aanval, sal hoof van die leërmag word.” En Joab,+ die seun van Seruʹja, het die stad eerste aangeval, en hy het die hoof van die leërmag geword. 7 Dawid het in die vesting gaan woon, en daarom word dit die Stad van Dawid genoem. 8 Hy het by die Wal* begin bou en oral in die stad bouwerk gedoen. Joab het die res van die stad herstel. 9 Dawid het al hoe magtiger geword,+ en Jehovah van die leërmagte was met hom.
10 Dít is die hoofde van Dawid se magtige vegters, wat hom saam met die hele Israel as hulle koning ondersteun het. Hulle almal het hom gehelp om koning te word, net soos Jehovah Israel belowe het.+ 11 Dít is die lys van Dawid se magtige vegters: Jasoʹbeam,+ die seun van ’n Hagmoniet, die hoof van die drie.+ Hy het eenkeer 300 manne met sy spies doodgemaak.+ 12 Die tweede van die drie magtige vegters was Eleaʹsar,+ die seun van Dodo, die Ahohiet.+ Hy was een van die drie magtige vegters. 13 Hy was saam met Dawid by Pas-Dammim,+ waar die Filistyne vir die oorlog bymekaargekom het. In Pas-Dammim was daar ’n stuk grond vol gars, en toe die manne vir die Filistyne gevlug het, 14 het hy in die middel van die stuk grond bly staan en dit verdedig en aangehou om die Filistyne dood te maak, en so het Jehovah vir Israel ’n groot oorwinning* gegee.+
15 Drie van die 30 hoofmanne het na Dawid toe gegaan by die rots, by die grot van Adulʹlam,+ terwyl ’n kamp van die Filistynse leërmag in die Refaʹim-vallei was.+ 16 Dawid was toe in die skuilplek, en ’n groep Filistynse soldate was in Betlehem. 17 Dawid het toe gesê: “As ek maar net van die water kon drink uit die reënput by die poort van Betlehem!”+ 18 Die drie het toe die kamp van die Filistyne binnegedring en water geskep uit die reënput by die poort van Betlehem en dit na Dawid toe geneem. Maar Dawid het geweier om dit te drink en het dit voor Jehovah uitgegooi. 19 Hy het gesê: “Uit vrees vir God sal ek nooit eers daaraan dink om dit te doen nie! Moet ek die bloed drink van hierdie manne wat hulle lewens gewaag het?+ Want hulle het hulle lewens gewaag om dit te gaan haal.” Daarom het hy geweier om dit te drink. Dit is die dinge wat sy drie magtige vegters gedoen het.
20 Abiʹsai,+ die broer van Joab,+ het die hoof van drie ander geword. Hy het 300 manne met sy spies doodgemaak, en hy het net so ’n goeie reputasie gehad as die eerste drie.+ 21 Hy was meer gerespekteerd as die ander twee en was hulle hoof, maar hy het nie die status van die eerste drie gehad nie.
22 Benaʹja,+ die seun van Jojaʹda, was ’n dapper man* wat baie magtige dade in Kabʹseël+ gedoen het. Hy het die twee seuns van Aʹriël, die Moabiet, doodgemaak, en op ’n dag toe dit gesneeu het, het hy in ’n waterput afgeklim en ’n leeu doodgemaak.+ 23 Hy het ook ’n Egiptenaar doodgemaak wat buitengewoon groot was – vyf el lank.*+ Hoewel die Egiptenaar ’n spies in sy hand gehad het wat so groot was soos die balk van ’n weefraam,+ het hy met ’n stok teen hom gaan veg en die spies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie spies doodgemaak.+ 24 Dit is wat Benaʹja, die seun van Jojaʹda, gedoen het, en hy het net so ’n goeie reputasie as die drie magtige vegters gehad. 25 Hoewel hy meer gerespekteerd was as die dertig, het hy nie die status van die eerste drie gehad nie.+ Maar Dawid het hom oor sy lyfwag aangestel.
26 Die magtige vegters van die leërmag was: Aʹsahel,+ die broer van Joab; Elhaʹnan, die seun van Dodo uit Betlehem;+ 27 Sammot, die Haroriet; Heles, die Peloniet; 28 Ira,+ die seun van Ikkes, die Tekoïet; Abiëser,+ die Anatotiet; 29 Sibʹbegai,+ die Husatiet; Ilai, die Ahohiet; 30 Maʹharai,+ die Netofatiet; Heled,+ die seun van Baäna, die Netofatiet; 31 Itai, die seun van Ribai uit Giʹbea van die Benjaminiete;+ Benaʹja, die Piratoniet; 32 Hurai van die valleie* van Gaäs;+ Abiʹël, die Arbatiet; 33 Asmaʹwet, die Baharumiet; Eljagʹba, die Saʹälboniet; 34 die seuns van Hasem, die Gisoniet; Joʹnatan, die seun van Sage, die Harariet; 35 Ahiʹam, die seun van Sagar, die Harariet; Eliʹfal, die seun van Ur; 36 Hefer, die Megeratiet; Ahiʹa, die Peloniet; 37 Hesro, die Karmeliet; Naʹärai, die seun van Esbai; 38 Joël, die broer van Natan; Mibhar, die seun van Hagri; 39 Selek, die Ammoniet; Naʹharai, die Berotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Seruʹja; 40 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet; 41 Uriʹa,+ die Hetiet; Sabad, die seun van Aglai; 42 Adiʹna, die seun van Sisa, die Rubeniet, ’n hoof van die Rubeniete, wat 30 manne by hom gehad het; 43 Hanan, die seun van Maʹäga; Joʹsafat, die Mitniet; 44 Usiʹa, die Asteratiet; Sama en Jeïel, die seuns van Hotam, die Aroëriet; 45 Jediʹael, die seun van Simri, en sy broer Joha, die Tisiet; 46 Eʹliël, die Mahawiet; Jeriʹbai en Josawʹja, die seuns van Elnaʹäm; Jitma, die Moabiet; 47 Eʹliël; Obed en Jaäsiël, die Mesobaïet.
12 Die volgende manne het na Dawid toe gekom in Siklag+ toe hy vir Saul, die seun van Kis, weggekruip het,+ en hulle was deel van die groep magtige vegters wat hom in die oorlog gehelp het.+ 2 Hulle was gewapen met die boog, en hulle kon met die regterhand en die linkerhand+ klippe met ’n slingervel gooi+ en pyle met ’n boog skiet. Hulle was van die broers van Saul uit Benjamin.+ 3 Ahiëser, die hoof, en sy broer Joas, die seuns van Semaʹä, die Gibeatiet,+ Jeʹsiël en Pelet, die seuns van Asmaʹwet,+ Beʹraga, Jehu, die Anatotiet, 4 Jismaʹja, die Gibeoniet,+ ’n magtige vegter onder die dertig+ en leier van die dertig, asook Jeremia, Jahaʹsiël, Johaʹnan, Joʹsabad, die Gederatiet, 5 Eluʹsai, Jeʹrimot, Bealʹja, Semarʹja, Sefatʹja, die Harifiet, 6 Elkaʹna, Jissiʹa, Asaʹreël, Joëser en Jasoʹbeam, die Koragiete,+ 7 en Joëla en Sebadʹja, die seuns van Jeroʹham, uit Gedor.
8 Party van die Gadiete het by Dawid aangesluit. Hulle het na hom toe gegaan by sy skuilplek in die wildernis.+ Hulle was magtige vegters, soldate wat opgelei is om oorlog te voer, en elkeen het ’n groot skild en spies gehad. Hulle gesigte was soos die gesigte van leeus en hulle was so vinnig soos die wildsbokke op die berge. 9 Eser was die hoof, Obadʹja die tweede, Eliʹab die derde, 10 Mismanʹna die vierde, Jeremia die vyfde, 11 Attai die sesde, Eʹliël die sewende, 12 Johaʹnan die agtste, Elsaʹbad die negende, 13 Jeremia die tiende en Magbanʹnai die elfde. 14 Hulle was Gadiete,+ hoofde van die leërmag. Die swakste was gelyk aan 100 soldate, en die sterkste was gelyk aan 1 000 soldate.+ 15 Hulle het deur die Jordaanrivier getrek in die eerste maand toe die rivier oorstroom het, en hulle het al die inwoners van die valleie na die ooste en na die weste uitgedryf.
16 Sommige van die manne van Benjamin en Juda het ook na Dawid toe gekom by sy skuilplek.+ 17 Toe het Dawid na hulle toe uitgegaan en vir hulle gesê: “As julle in vrede na my toe gekom het om my te help, sal ek lojaal aan julle wees. Maar as julle gekom het om my aan my vyande te verraai, terwyl ek niks verkeerds gedoen het nie, dan sal die God van ons voorvaders dit sien en julle straf.”+ 18 Toe het die gees oor Amaʹsai gekom,+ die hoof van die dertig, en hy het gesê:
“Ons behoort aan u, o Dawid, en ons is aan u kant, o seun van Isai.+
Vrede, vrede vir u, en vrede vir elkeen wat u help,
want u God help u.”+
Toe het Dawid hulle by hom laat aansluit en hulle as hoofde oor die soldate aangestel.
19 Party uit die stam van Manasʹse het ook na Dawid toe oorgeloop toe hy saam met die Filistyne gegaan het om teen Saul oorlog te voer. Maar hy het die Filistyne nie gehelp nie, want die leiers van die Filistyne+ het die saak bespreek en besluit om hom weg te stuur. Hulle het gesê: “Hy sal oorloop na sy heer Saul, en dit sal ons ons lewens kos.”+ 20 Toe hy na Siklag gegaan het,+ het Adnag, Joʹsabad, Jediʹael, Miʹgael, Joʹsabad, Eliʹhu en Silʹletai na Dawid oorgeloop. Hulle was hoofde van die duisende van Manasʹse.+ 21 Hulle het Dawid gehelp om teen die rowerbende te veg, want hulle was almal sterk, dapper manne,+ en hulle het hoofde in die leërmag geword. 22 Elke dag het mense na Dawid toe gekom+ om hom te help, en sy kamp het so groot geword soos die kamp van God.+
23 Dít was die getalle van die hoofde van die gewapende soldate wat na Dawid in Heʹbron gekom het+ om die koningskap van Saul aan hom te gee, net soos Jehovah beveel het.+ 24 Daar was 6 800 gewapende soldate van Juda wat groot skilde en spiese gehad het. 25 Daar was 7 100 sterk, dapper Simeoniete in die leërmag.
26 Van die Leviete: 4 600. 27 Jojaʹda+ was die leier van die seuns van Aäron,+ en daar was 3 700 by hom, 28 sowel as Sadok,+ ’n sterk en dapper jong man en 22 hoofde van Sadok se vaderhuis.
29 Van die Benjaminiete, die broers van Saul,+ was daar 3 000. Die meeste van hulle het voorheen die huis van Saul ondersteun. 30 Van die vaderhuise van die Efraimiete was daar 20 800 sterk, dapper, beroemde manne.
31 Van die halwe stam van Manasʹse was daar 18 000 wat by naam aangewys is om Dawid koning te gaan maak. 32 Van die stam van Isʹsaskar was daar 200 hoofmanne wat verstaan het in watter tye hulle lewe en wat geweet het wat Israel moet doen, en al hulle broers was onder hulle bevel. 33 Van Seʹbulon was daar 50 000 wat in die leërmag kon dien. Hulle was gewapen en gereed om in gevegsformasie oorlog te voer, en hulle het Dawid heelhartig ondersteun.* 34 Van Nafʹtali was daar 1 000 hoofde, en daar was 37 000 met groot skilde en spiese saam met hulle. 35 Van die Daniete was daar 28 600 wat gereed was om in gevegsformasie oorlog te voer. 36 En van Aser was daar 40 000 wat in die leërmag kon dien en wat gereed was om in gevegsformasie oorlog te voer.
37 Van die ander kant van die Jordaanrivier,+ van die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse, was daar 120 000 soldate met allerhande wapens. 38 Hulle was almal vegters wat in gevegsformasie oorlog kon voer. Hulle het na Heʹbron gekom en was vasbeslote om Dawid koning oor die hele Israel te maak. Die res van Israel was ook vasbeslote* om Dawid koning te maak.+ 39 En hulle het drie dae lank daar by Dawid gebly en geëet en gedrink, want hulle broers het voorbereidings vir hulle getref. 40 En dié wat naby hulle gewoon het en selfs dié van Isʹsaskar, Seʹbulon en Nafʹtali het baie kos gebring op donkies, kamele, muile en beeste – meel, koeke van saamgeperste vye, rosynekoeke, wyn, olie, beeste en skape – want daar was groot vreugde in Israel.
13 Dawid het met die hoofde oor 1 000, die hoofde oor 100 en met al die leiers vergader.+ 2 Toe het Dawid vir die hele gemeente van Israel gesê: “As julle saamstem en as Jehovah ons God dit goedvind, laat ons ’n boodskap stuur aan die res van ons broers in al die streke van Israel en aan die priesters en aan die Leviete in hulle stede+ met weivelde om te vra dat hulle na ons toe moet kom. 3 En laat ons die Ark+ van ons God terugbring.” Want in Saul se tyd het hulle dit verwaarloos.+ 4 Die hele gemeente het ingestem, want hulle het gedink dat dit ’n goeie voorstel is. 5 Daarom het Dawid die hele Israel van die rivier* van Egipte af tot by Lebo-Hamat*+ bymekaar laat kom om die Ark van die ware God uit Kirʹjat-Jeaʹrim te bring.+
6 Dawid en die hele Israel het gegaan na Baʹäla,+ dit wil sê Kirʹjat-Jeaʹrim, wat aan Juda behoort, om die Ark van die ware God, Jehovah, wat op sy troon bo* die gerubs sit, te gaan haal.+ Dit is voor hierdie Ark dat God se naam aangeroep word. 7 Maar hulle het die Ark van die ware God op ’n nuwe wa gesit+ en dit van Abinaʹdab se huis af gebring. Ussa en Agjo het die wa gelei.+ 8 Dawid en die hele Israel het die geleentheid met al hulle mag voor God gevier met liedere, harpe, ander snaarinstrumente, tamboeryne,+ simbale+ en trompette.+ 9 Maar toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het Ussa sy hand uitgesteek en die Ark gegryp, want die beeste het dit amper laat afval. 10 Toe het Jehovah woedend geword vir Ussa, en Hy het hom doodgemaak omdat hy sy hand na die Ark uitgesteek het,+ en hy het daar voor God gesterf.+ 11 En Dawid het kwaad* geword omdat Jehovah dadelik teen Ussa opgetree het, en daardie plek word tot vandag toe Peres-Ussa* genoem.
12 Op daardie dag het Dawid vir die ware God bang geword en gesê: “Hoe sal ek die Ark van die ware God nou na my toe bring?”+ 13 Dawid het nie die Ark na hom toe gebring in die Stad van Dawid nie, maar hy het dit na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat neem. 14 Die Ark van die ware God het drie maande lank in die huis van Obed-Edom gebly, en Jehovah het die huisgesin van Obed-Edom en alles wat hy gehad het, bly seën.+
14 Koning Hiram+ van Tirus het boodskappers na Dawid toe gestuur, en ook sederhout, klipmesselaars* en houtwerkers om vir hom ’n paleis te bou.+ 2 Dawid het geweet dat Jehovah hom stewig gevestig het as koning oor Israel,+ want Hy het sy koningskap verheerlik ter wille van Sy volk Israel.+
3 Dawid het nog vrouens+ in Jerusalem geneem, en hy het nog seuns en dogters gehad.+ 4 Dít is die name van sy kinders wat in Jerusalem gebore is:+ Samʹmua, Sobab, Natan,+ Salomo,+ 5 Jibhar, Elisuʹa, Elpeʹlet, 6 Noga, Nefeg, Jaʹfia, 7 Elisaʹma, Beëlʹjada en Elifeʹlet.
8 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf is,+ het al die Filistyne gekom om teen Dawid te veg.+ Toe Dawid daarvan hoor, het hy teen hulle opgetrek. 9 En die Filistyne het die inwoners van die Refaʹim-vallei+ aangeval. 10 Dawid het God geraadpleeg en gevra: “Moet ek teen die Filistyne gaan veg? Sal u hulle in my hand gee?” Jehovah het vir hom gesê: “Gaan, ek sal hulle beslis in jou hand gee.”+ 11 En Dawid het na Baäl-Peʹrasim+ gegaan, en hy het hulle daar verslaan. Dawid het toe gesê: “Die ware God het my gebruik om deur my vyande se leërmag te breek, net soos waters deur ’n muur breek.” Daarom het hulle daardie plek Baäl-Peʹrasim* genoem. 12 Die Filistyne het hulle gode daar agtergelaat, en op Dawid se bevel is die gode met vuur verbrand.+
13 Later het die Filistyne die inwoners van die vallei weer aangeval.+ 14 Dawid het God weer vir leiding gevra, maar die ware God het vir hom gesê: “Moet hulle nie van voor af aanval nie. Gaan eerder om hulle en val hulle by die baka-bosse van agter af aan.+ 15 En wanneer jy ’n geluid hoor wat klink soos voetstappe in die toppe van die baka-bosse, moet jy aanval, want dan het die ware God voor jou uit gegaan om die leërmag van die Filistyne te verslaan.”+ 16 Toe het Dawid gedoen net soos die ware God hom beveel het,+ en hulle het die Filistynse leërmag verslaan van Giʹbeon af tot by Geser.+ 17 En Dawid se roem het na al die lande versprei, en Jehovah het veroorsaak dat al die nasies hom vrees.+
15 En hy het aangehou om vir hom huise te bou in die Stad van Dawid, en hy het vir die Ark van die ware God ’n plek gereedgemaak en ’n tent daarvoor opgeslaan.+ 2 Toe het Dawid gesê: “Niemand mag die Ark van die ware God dra nie, behalwe die Leviete, want Jehovah het hulle gekies om die Ark van Jehovah te dra en om hom altyd te dien.”+ 3 Toe het Dawid die hele Israel in Jerusalem bymekaar laat kom om die Ark van Jehovah na die plek te bring wat hy daarvoor gereedgemaak het.+
4 Dawid het die nakomelinge van Aäron+ en die Leviete+ bymekaar laat kom. 5 Van die Kehatiete: Uʹriël, die hoof, en 120 van sy broers; 6 van die Merariete: Asaʹja,+ die hoof, en 220 van sy broers; 7 van die Gersomiete: Joël,+ die hoof, en 130 van sy broers; 8 van die nakomelinge van Eliʹsafan:+ Semaʹja, die hoof, en 200 van sy broers; 9 van die nakomelinge van Heʹbron: Eʹliël, die hoof, en 80 van sy broers; 10 en van die nakomelinge van Usʹsiël:+ Amminaʹdab, die hoof, en 112 van sy broers. 11 Dawid het ook die priesters Sadok+ en Abjaʹtar+ en die Leviete Uʹriël, Asaʹja, Joël, Semaʹja, Eʹliël en Amminaʹdab geroep. 12 En hy het vir hulle gesê: “Julle is die hoofde van die vaderhuise van die Leviete. Julle en julle broers moet julle heilig en die Ark van Jehovah, die God van Israel, na die plek bring wat ek daarvoor gereedgemaak het. 13 Omdat julle dit nie die eerste keer gedra het nie,+ het Jehovah ons God baie kwaad vir ons geword.+ Ons het nie seker gemaak wat die regte prosedure is nie.”+ 14 Die priesters en die Leviete het hulle dus geheilig sodat hulle die Ark van Jehovah, die God van Israel, kon dra.
15 Toe het die Leviete die pale op hulle skouers gesit en die Ark van die ware God gedra,+ net soos Jehovah deur middel van Moses beveel het. 16 Dawid het toe vir die hoofde van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, aan te stel om met vreugde te sing, onder begeleiding van musiekinstrumente: harpe,+ ander snaarinstrumente en simbale.+
17 Toe het die Leviete Heman,+ die seun van Joël, aangestel, en van sy broers:+ Asaf, die seun van Beregʹja, en van hulle broers, die Merariete: Etan,+ die seun van Kusaʹja. 18 En saam met hulle was hulle broers van die tweede afdeling:+ Sagariʹa, Ben, Jaäsiël, Semiʹramot, Jehiʹël, Unni, Eliʹab, Benaʹja, Maäseʹja, Mattitʹja, Elifeʹle, Mikneʹja en die poortwagters Obed-Edom en Jeïel. 19 Die sangers Heman,+ Asaf+ en Etan moes die kopersimbale slaan.+ 20 En Sagariʹa, Aʹsiël, Semiʹramot, Jehiʹël, Unni, Eliʹab, Maäseʹja en Benaʹja het op snaarinstrumente gespeel wat op Alamot* ingestem was.+ 21 En Mattitʹja,+ Elifeʹle, Mikneʹja, Obed-Edom, Jeïel en Asasʹja het op harpe gespeel wat op Sjeminit* ingestem was,+ en hulle was die musiekleiers. 22 Kenanʹja,+ die hoof van die Leviete, het toesig gehou oor die vervoer van die Ark, want hy was baie goed daarmee. 23 En Beregʹja en Elkaʹna was wagte by die Ark. 24 Die priesters Sebanʹja, Joʹsafat, Netaʹnel, Amaʹsai, Sagariʹa, Benaʹja en Eliëser het voor die Ark van die ware God hard op die trompette geblaas,+ en Obed-Edom en Jehiʹa was ook wagte by die Ark.
25 Toe het Dawid en die ouermanne van Israel en die hoofde oor 1 000 die ark van die verbond van Jehovah met vreugde by die huis van Obed-Edom+ gaan haal.+ 26 Omdat die ware God die Leviete gehelp het wat die ark van die verbond van Jehovah gedra het, het hulle sewe jong bulle en sewe ramme geoffer.+ 27 Dawid het ’n moulose oorkleed van goeie materiaal aangehad. Al die Leviete wat die Ark gedra het, die sangers en Kenanʹja, die hoof van die draers en die sangers, het ook so ’n oorkleed gedra. Dawid het ook ’n linne-efod aangehad.+ 28 Al die Israeliete het die ark van die verbond van Jehovah met uitroepe van vreugde+ na die stad gebring, en hulle het op die horing en trompette geblaas,+ simbale geslaan en op harpe en ander snaarinstrumente gespeel.+
29 Maar toe die ark van die verbond van Jehovah by die Stad van Dawid aankom,+ het Saul se dogter Migal+ deur die venster afgekyk en gesien hoe koning Dawid rondhuppel en feesvier. En sy het hom in haar hart begin verag.+
16 Toe het hulle die Ark van die ware God in die tent gesit wat Dawid daarvoor opgeslaan het,+ en hulle het brandoffers en vrede-offers* voor die ware God geoffer.+ 2 Nadat Dawid die brandoffers+ en die vrede-offers*+ geoffer het, het hy die volk in die naam van Jehovah geseën. 3 En hy het aan al die Israeliete, aan elke man en vrou, ’n ronde brood, ’n dadelkoek en ’n rosynekoek gegee. 4 Toe het hy party van die Leviete aangestel om voor die Ark van Jehovah+ te dien en om Jehovah, die God van Israel, te eer,* te dank en te loof. 5 Asaf+ was die hoof, en Sagariʹa was tweede in bevel. En Jeïel, Semiʹramot, Jehiʹël,+ Mattitʹja, Eliʹab, Benaʹja, Obed-Edom en Jeïel het op harpe en ander snaarinstrumente gespeel,+ en Asaf het die simbale geslaan.+ 6 En die priesters Benaʹja en Jahaʹsiël het heeltyd voor die ark van die verbond van die ware God op die trompette geblaas.
7 Op daardie dag het Dawid vir die eerste keer vir Asaf+ en sy broers gesê om ’n danklied vir Jehovah te sing wat hy gekomponeer het:
8 “Dank Jehovah,+ roep sy naam aan!
Maak sy dade onder die volke bekend!+
Soek altyd sy goedkeuring.+
12 Dink aan sy wonderlike dade,+
sy wonderwerke en sy oordele,
13 o nageslag* van Israel, sy kneg,+
o kinders van Jakob, dié wat hy uitgekies het.+
15 Dink vir ewig aan sy verbond.
Dink tot in ’n duisend geslagte aan die belofte wat hy gemaak het,*+
16 die verbond wat hy met Abraham gemaak het,+
en die eed wat hy aan Isak gesweer het.+
17 Hy het dit as ’n bevel vir Jakob vasgestel,+
en as ’n permanente verbond vir Israel,
18 toe hy gesê het: ‘Ek sal vir jou die land Kanaän gee+
as jou erfdeel.’+
21 Hy het nie toegelaat dat enigiemand hulle onderdruk nie,+
maar ter wille van hulle het hy konings tereggewys+
22 en gesê: ‘Moenie aan my gesalfdes raak nie,
en moet niks slegs aan my profete doen nie.’+
23 Sing vir Jehovah, almal op aarde!
Maak dag ná dag sy redding bekend!+
24 Maak sy heerlikheid onder die nasies bekend,
sy wonderlike werke onder al die volke.
25 Want Jehovah is groot en verdien al die eer.
Hy is ontsagwekkender as al die ander gode.+
28 Gee Jehovah wat hy verdien, o families van die volke,
gee Jehovah wat hy verdien weens sy heerlikheid en krag.+
30 Bewe voor hom, almal op aarde!
Die aarde* is stewig gevestig. Dit kan nie beweeg word* nie.+
31 Laat die hemel vreugdevol wees, en laat die aarde bly wees.+
Verkondig onder die nasies: ‘Jehovah het Koning geword!’+
32 Laat die see en alles daarin dreun.
Laat die veld en alles daarin vreugdevol wees.
33 Laat die bome van die woud ook van vreugde voor Jehovah uitroep,
want hy kom* om die aarde te oordeel.
35 Sê vir hom: ‘Red ons, o God van ons redding.+
Maak ons bymekaar en red ons van die nasies,
sodat ons u heilige naam kan prys+
36 Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word
tot in alle ewigheid.’”
En die hele volk het gesê: “Amen!”* en het Jehovah geloof.
37 Dawid het Asaf+ en sy broers toe by die ark van die verbond van Jehovah agtergelaat om gereeld voor die Ark te dien,+ volgens die daaglikse roetine.+ 38 Obed-Edom en sy broers – altesaam 68 – en Obed-Edom, die seun van Jeduʹtun, en Hosa was poortwagters. 39 En die priester Sadok+ en die ander priesters was voor die tabernakel van Jehovah op die offerhoogte in Giʹbeon+ 40 om gereeld, in die oggend en in die aand, brandoffers aan Jehovah op die brandofferaltaar te offer en om alles te doen wat geskryf is in die Wet van Jehovah wat hy aan Israel gegee het.+ 41 Saam met hulle was Heman en Jeduʹtun+ en die res van die manne wat by naam aangewys is om Jehovah te dank,+ want “sy lojale liefde duur vir ewig”.+ 42 Heman+ en Jeduʹtun het saam met hulle musiek gemaak met die trompette, simbale en die ander instrumente wat gebruik is om die ware God mee te prys.* En die seuns van Jeduʹtun+ was by die poort. 43 Toe het die hele volk na hulle huise toe gegaan, en Dawid het almal in sy huis gaan seën.
17 Nadat Dawid in sy paleis ingetrek het, het hy vir die profeet Natan+ gesê: “Hier woon ek in ’n huis van sederhout,+ terwyl die ark van die verbond van Jehovah in ’n tent is.”+ 2 Natan het vir Dawid gesê: “Doen wat u hart u beweeg om te doen, want die ware God is met u.”
3 Maar daardie selfde nag het God vir Natan gesê: 4 “Gaan sê vir my kneg Dawid: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Jy sal nie die een wees wat vir my ’n huis bou om in te woon nie.+ 5 Van die dag af dat ek Israel uit Egipte gebring het tot vandag toe, het ek nie in ’n huis gewoon nie, maar ek het van die een tent na die ander getrek, en van die een tabernakel na die ander.*+ 6 Het ek in al die tyd dat ek saam met al die Israeliete rondgetrek het, ooit vir enige van die rigters van Israel wat ek as ’n herder oor my volk aangestel het, gevra: ‘Hoekom het julle nie vir my ’n huis van sederhout gebou nie?’”’
7 “Sê vir my kneg Dawid: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: “Ek het jou uit die weiveld geneem, waar jy skape opgepas het, om ’n leier oor my volk Israel te word.+ 8 En ek sal met jou wees waar jy ook al gaan,+ en ek sal al jou vyande voor jou vernietig.+ Ek sal vir jou ’n groot naam maak, soos dié van die magtige manne van die aarde.+ 9 Ek sal vir my volk Israel ’n plek gee en hulle daar vestig, en hulle sal in vrede daar woon. En goddelose mense sal hulle nie weer onderdruk* soos hulle in die verlede gedoen het nie,+ 10 ja, van die dag af dat ek rigters oor my volk Israel aangestel het.+ En ek sal al jou vyande onderwerp.+ Ek sê vir jou: ‘Jehovah sal vir jou ’n koningshuis gee.’
11 “‘“Wanneer jy sterf,* sal ek jou nageslag,* een van jou seuns, koning maak ná jou,+ en ek sal sy koningskap stewig vestig.+ 12 Hy is die een wat vir my ’n huis sal bou,+ en ek sal sy troon vir ewig stewig vestig.+ 13 Ek sal sy vader word, en hy sal my seun word.+ Ek sal nie my lojale liefde van hom af wegneem+ soos ek dit weggeneem het van die een wat voor jou regeer het nie.+ 14 Ek sal hom vir ewig op my troon laat sit,+ en sy koningskap sal vir ewig bestaan.”’”+
15 Natan het al hierdie woorde aan Dawid oorgedra en hom van hierdie hele visioen vertel.
16 Toe het koning Dawid voor Jehovah gaan sit en gesê: “O Jehovah God, wie is ek en wat is my huis dat u my so ver gebring het?+ 17 En asof dit nie genoeg is nie, o God, sê u ook nog dat die huis van u kneg tot in die verre toekoms sal bly bestaan,+ en u beskou my as ’n man wat nog meer verheerlik moet word,* o Jehovah God. 18 Wat kan u kneg Dawid nog vir u sê oor die eer wat ek ontvang het? Want u ken my so goed.+ 19 O Jehovah, ter wille van u kneg en omdat dit u wil is, het u al hierdie groot dinge gedoen en u grootheid geopenbaar.+ 20 O Jehovah, daar is niemand soos u nie,+ en daar is geen God behalwe u nie.+ Alles wat ons gehoor het, bevestig dit. 21 En watter ander nasie op die aarde is soos u volk Israel?+ Die ware God het hulle gaan bevry en hulle sy volk gemaak.+ U het ’n groot naam vir uself gemaak deur groot en ontsagwekkende dinge te doen+ en deur nasies uit te dryf voor u volk,+ wat u uit Egipte bevry het. 22 U het u volk Israel vir altyd u volk gemaak,+ en u, o Jehovah, het hulle God geword.+ 23 En nou, o Jehovah, mag die belofte wat u oor u kneg en oor sy huis gemaak het, vir altyd betroubaar wees, en mag u doen net soos u belowe het.+ 24 Mag u naam vir ewig bestaan* en verheerlik word,+ sodat mense kan sê: ‘Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, is God vir Israel,’ en mag die huis van u kneg Dawid stewig gevestig wees voor u.+ 25 Want u, my God, het aan u kneg geopenbaar dat u vir my ’n koningshuis gaan gee. Daarom het u kneg die vrymoedigheid om hierdie gebed tot u te rig. 26 En nou, o Jehovah, u is die ware God, en u het hierdie goeie dinge aan u kneg belowe. 27 Seën dus asseblief die huis van u kneg, en mag dit vir ewig voor u bestaan, want u, o Jehovah, het dit geseën, en dit is vir ewig geseënd.”
18 Later het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp, en hy het Gat+ en sy afhanklike* dorpe by die Filistyne afgevat.+ 2 Toe het hy Moab verslaan,+ en die Moabiete het Dawid se knegte geword en het skatting* betaal.+
3 Dawid het koning Hadadeʹser+ van Soba+ naby Hamat+ verslaan toe Hadadeʹser op pad was om beheer te verkry oor die gebied by die Eufraatrivier.+ 4 Dawid het 1 000 strydwaens by hom afgevat, en hy het 7 000 van sy perderuiters en 20 000 van sy voetsoldate gevange geneem.+ Toe het Dawid die hakskeensenings van al die strydwaperde afgesny, maar hy het 100 van die perde laat oorbly.+ 5 Die Siriërs van Damaskus het koning Hadadeʹser van Soba kom help, en Dawid het 22 000 van die Siriërs doodgemaak.+ 6 Dawid het toe groepe soldate in Sirië van Damaskus gestasioneer, en die Siriërs het Dawid se knegte geword en het skatting* betaal. Waar Dawid ook al gegaan het, het Jehovah hom die oorwinning* gegee.+ 7 Dawid het ook die ronde skilde van goud van die knegte van Hadadeʹser na Jerusalem gebring. 8 Dawid het baie koper geneem uit Tibhat en Kun, stede van Hadadeʹser. Salomo het dit gebruik om die Kopersee,+ die pilare en die kopervoorwerpe+ te maak.
9 Toe koning Toü van Hamat hoor dat Dawid die hele leërmag van koning Hadadeʹser van Soba+ verslaan het,+ 10 het hy onmiddellik sy seun Hadoʹram na koning Dawid toe gestuur om sy groete oor te dra en hom geluk te wens omdat hy Hadadeʹser verslaan het (want Hadadeʹser het dikwels teen Toü geveg). Hy het allerhande voorwerpe van goud, silwer en koper saamgebring. 11 Koning Dawid het dit vir Jehovah geheilig,+ net soos hy gedoen het met die silwer en die goud wat hy geneem het van al die nasies: van Edom, Moab, die Ammoniete,+ die Filistyne+ en die Amalekiete.+
12 Abiʹsai,+ die seun van Seruʹja,+ het 18 000 Edomiete in die Soutvallei doodgemaak.+ 13 Hy het groepe soldate in Edom gestasioneer, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword.+ Waar Dawid ook al gegaan het, het Jehovah hom die oorwinning* gegee.+ 14 Dawid het oor die hele Israel bly regeer,+ en hy was ’n regverdige regter vir sy hele volk.+ 15 Joab, die seun van Seruʹja, was oor die leërmag,+ Joʹsafat,+ die seun van Ahiʹlud, was die geskiedskrywer, 16 Sadok, die seun van Ahiʹtub, en Ahimeʹleg, die seun van Abjaʹtar, was priesters, en Sausa was die sekretaris. 17 Benaʹja, die seun van Jojaʹda, was oor die Keretiete+ en die Peletiete.+ En Dawid se seuns was die hoofamptenare van die koning.
19 Later het Nahas, die koning van die Ammoniete, gesterf, en sy seun het in sy plek koning geword.+ 2 Toe het Dawid gesê: “Ek sal lojale liefde+ aan Hanun, die seun van Nahas, betoon omdat sy pa lojale liefde aan my betoon het.” Daarom het Dawid boodskappers gestuur om Hanun ná sy pa se dood te vertroos. Maar toe Dawid se knegte in die land van die Ammoniete+ kom om Hanun te vertroos, 3 het die leiers van die Ammoniete vir Hanun gevra: “Dink u dat Dawid vertroosters na u toe stuur om u pa te eer? Is dit nie om die land deeglik te deursoek en te verwoes en te verken dat sy knegte na u toe gekom het nie?” 4 Hanun het Dawid se knegte toe geneem en hulle baarde afgeskeer+ en hulle klere by die heupe afgesny en hulle weggestuur. 5 Toe Dawid hoor wat met die manne gebeur het, het hy dadelik ander manne na hulle toe gestuur omdat die manne baie verneder gevoel het. En die koning het vir hulle gesê: “Bly in Jeʹrigo+ totdat julle baarde teruggroei, en dan moet julle terugkom.”
6 Met verloop van tyd het die Ammoniete besef dat Dawid hulle begin haat het, en daarom het Hanun en die Ammoniete manne met 1 000 talente* silwer gestuur om strydwaens en perderuiters uit Mesopotaʹmië,* Aʹram-Maʹäga en Soba te huur.+ 7 Hulle het 32 000 strydwaens gehuur, sowel as die koning van Maʹäga en sy manne. Die koning van Maʹäga en sy manne het voor Medeʹba+ kamp opgeslaan, en die Ammoniete het uit hulle stede uitgegaan om oorlog te voer.
8 Toe Dawid hiervan hoor, het hy Joab+ en die hele leërmag, insluitende sy magtigste vegters, gestuur.+ 9 En die Ammoniete het in gevegsformasie by die ingang van die stad gaan staan, terwyl die konings wat gekom het, eenkant in die oop veld was.
10 Toe Joab sien dat hy van voor en van agter aangeval word, het hy van die beste soldate in Israel gekies en hulle in gevegsformasie laat staan om teen die Siriërs te veg.+ 11 Hy het die res van die manne onder die bevel* van sy broer Abiʹsai+ geplaas sodat hulle in gevegsformasie teen die Ammoniete kon gaan veg. 12 Toe het hy gesê: “As die Siriërs+ vir my te sterk word, dan moet jy my kom red, maar as die Ammoniete vir jou te sterk word, sal ek jou kom red. 13 Ons moet sterk en moedig wees+ ter wille van ons volk en die stede van ons God, en Jehovah sal doen wat goed is in sy oë.”
14 Joab en sy manne het teen die Siriërs gaan veg, en hulle het voor hom gevlug.+ 15 Toe die Ammoniete sien dat die Siriërs gevlug het, het hulle ook van sy broer Abiʹsai af gevlug en in die stad ingegaan. Daarna het Joab na Jerusalem gegaan.
16 Toe die Siriërs sien dat Israel hulle verslaan het, het hulle boodskappers onder die leiding van Sofag, die hoof van Hadadeʹser se leërmag,+ uitgestuur om die Siriërs wat in die streek van die Rivier*+ was, te gaan roep.
17 Toe Dawid hiervan hoor, het hy onmiddellik die hele Israel bymekaar laat kom en deur die Jordaanrivier getrek, en hulle het na die Siriërs toe gegaan en in gevegsformasie gaan staan. Dawid het hulle in gevegsformasie teen die Siriërs laat optrek, en die Siriërs het teen hom geveg.+ 18 Maar die Siriërs het voor Israel gevlug. Dawid het 7 000 van die Siriërs se strydwadrywers en 40 000 van hulle voetsoldate doodgemaak, en hy het Sofag, die hoof van die leërmag, doodgemaak. 19 Toe die knegte van Hadadeʹser sien dat Israel hulle verslaan het,+ het hulle dadelik met Dawid vrede gemaak en sy onderdane geword.+ En van toe af wou Sirië die Ammoniete nie meer help nie.
20 Aan die begin van die jaar,* die tyd wanneer konings uitgaan om oorlog te voer, het Joab+ die leërmag gelei en teen die Ammoniete gaan veg en hulle land verwoes. Hy het Rabba+ beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het.+ Joab het Rabba aangeval en dit afgebreek.+ 2 Toe het Dawid die kroon van Malkam se kop afgehaal. Dit was van een talent* goud gemaak en met edelstene versier. Die kroon is toe op Dawid se kop gesit. Hy het ook baie buit uit die stad geneem.+ 3 Hy het die mense van die stad gevange geneem, en hy het hulle klippe laat saag en hulle met skerp ystergereedskap en byle laat werk.+ Dit is wat Dawid met al die stede van die Ammoniete gedoen het. Uiteindelik het Dawid en al die soldate na Jerusalem teruggekeer.
4 Daarna het daar oorlog teen die Filistyne uitgebreek in Geser. Toe is Sippai, ’n nakomeling van die Refaïete,+ deur Sibʹbegai,+ die Husatiet, doodgemaak, en die Filistyne is verslaan.
5 En daar het weer oorlog teen die Filistyne uitgebreek, en Elhaʹnan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goʹliat,+ die Gittiet, doodgemaak. Die steel van Lagmi se spies was so groot soos die balk van ’n weefraam.+
6 Oorlog het weer uitgebreek in Gat,+ waar daar ’n man was wat buitengewoon groot was,+ met 6 vingers aan elke hand en 6 tone aan elke voet, altesaam 24. Hy was ook ’n nakomeling van die Refaïete.+ 7 Hy het Israel bly uittart,+ en Joʹnatan, die seun van Dawid se broer Siʹmea,+ het hom doodgemaak.
8 Hulle was nakomelinge van die Refaïete+ in Gat,+ en hulle is deur Dawid en sy knegte doodgemaak.
21 Toe het Satan* teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.+ 2 Dawid het toe vir Joab+ en die hoofde van die volk gesê: “Gaan tel Israel, van Berseʹba tot Dan,+ en kom sê vir my hoeveel mense daar is.” 3 Maar Joab het gesê: “Mag Jehovah sy volk 100 keer groter maak! Is hulle nie almal u knegte nie, my heer die koning? Hoekom wil my heer dit doen? Hoekom wil u skuld oor Israel bring?”
4 Maar die koning het geweier om na Joab te luister, en daarom het Joab gegaan en deur die hele Israel gereis. Daarna het hy na Jerusalem teruggegaan.+ 5 Joab het toe vir Dawid die getal gegee van almal wat geregistreer is. In Israel was daar 1 100 000 manne met swaarde, en in Juda was daar 470 000 manne met swaarde.+ 6 Maar Levi en Benjamin is nie geregistreer nie,+ want die koning se opdrag was vir Joab afskuwelik.+
7 En hierdie saak was sleg in die oë van die ware God, en daarom het hy Israel gestraf. 8 Toe het Dawid vir die ware God gesê: “Ek het ’n baie groot sonde gepleeg.+ Vergewe nou asseblief u kneg se oortreding,+ want ek het baie onverstandig opgetree.”+ 9 Jehovah het toe vir Gad,+ Dawid se siener, gesê: 10 “Gaan sê vir Dawid: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Ek gee jou drie opsies. Kies die een wat ek oor jou moet bring.”’” 11 Toe het Gad na Dawid gegaan en vir hom gesê: “Dít is wat Jehovah sê: ‘Ek gee jou ’n keuse: 12 Moet daar drie jaar lank hongersnood+ wees of moet jy drie maande lank deur jou vyande verslaan word terwyl die swaard van jou vyande jou inhaal+ of moet die swaard van Jehovah – ’n vreeslike siekte+ – drie dae lank oor die land kom, waartydens Jehovah se engel vernietiging+ in die hele gebied van Israel bring?’ Dink nou mooi na oor watter antwoord ek vir die Een moet gee wat my gestuur het.” 13 Toe het Dawid vir Gad gesê: “Ek weet nie watter kant toe nie. Laat my asseblief in Jehovah se hande val, want hy is baie genadig,+ maar moenie dat ek in mense se hande val nie.”+
14 Toe het Jehovah Israel met ’n vreeslike siekte+ getref, en 70 000 mense van Israel het gesterf.+ 15 Die ware God het ook ’n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes, maar toe Jehovah sien dat die engel dit begin doen, het hy jammer gevoel vir sy volk,*+ en hy het vir die engel wat verwoesting gebring het, gesê: “Dit is genoeg!+ Laat jou hand sak.” Jehovah se engel was naby die dorsvloer van Ornan,+ die Jebusiet.+
16 Toe Dawid opkyk, het hy Jehovah se engel tussen die aarde en die hemel sien staan met ’n swaard+ in sy hand wat na Jerusalem uitgestrek was. Dawid en die ouermanne, wat saklinne+ aangehad het, het dadelik neergeval met hulle gesigte na die grond toe.+ 17 Dawid het vir die ware God gevra: “Was dit nie ek wat gesê het dat die volk getel moet word nie? Ek is die een wat gesondig het, en ek is die een wat verkeerd opgetree het.+ Maar wat het hierdie skape gedoen? O Jehovah my God, laat u hand asseblief teen my en die huis van my vader kom, maar moenie hierdie plaag oor u volk bring nie.”+
18 Jehovah se engel het toe vir Gad+ gesê om vir Dawid te sê dat hy na die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, moet gaan en daar vir Jehovah ’n altaar moet oprig.+ 19 Dawid het soontoe gegaan, net soos Jehovah vir hom deur middel van Gad gesê het. 20 Intussen het Ornan omgedraai en die engel gesien. En sy vier seuns wat by hom was, het weggekruip. Ornan was besig om koring te dors. 21 Toe Ornan Dawid sien aankom, het hy dadelik van die dorsvloer af uitgegaan en voor Dawid neergebuig met sy gesig na die grond toe. 22 Dawid het vir Ornan gesê: “Verkoop* die stuk grond aan my waarop die dorsvloer is, sodat ek vir Jehovah ’n altaar daarop kan bou. Verkoop dit aan my vir die volle waarde daarvan, sodat die plaag onder die mense kan ophou.”+ 23 Maar Ornan het vir Dawid gesê: “Neem dit vir u, en doen wat u goeddink, my heer die koning. Hier is die beeste vir brandoffers, die dorsslee+ wat as hout gebruik kan word en koring vir ’n graanoffer. Ek gee dit alles.”
24 Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: “Nee, ek moet dit vir die volle bedrag koop, want ek sal nie jou goed neem en dit vir Jehovah gee of brandoffers offer wat my niks kos nie.”+ 25 Dawid het toe vir Ornan 600 sikkels* goud vir die stuk grond gegee. 26 En Dawid het daar vir Jehovah ’n altaar gebou+ en brandoffers en vrede-offers* geoffer. Hy het Jehovah aangeroep, wat hom toe geantwoord het met vuur+ uit die hemel, wat die offers op die altaar verbrand het. 27 Toe het Jehovah die engel+ beveel om sy swaard in sy skede terug te sit. 28 Toe Dawid sien dat Jehovah hom op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, geantwoord het, het hy aangehou om offerandes daar te offer. 29 Op daardie tyd was die tabernakel van Jehovah wat Moses in die wildernis gemaak het en die brandofferaltaar op die offerhoogte in Giʹbeon.+ 30 Maar Dawid kon nie daarheen gaan om God vir leiding te vra nie, want hy was baie bang vir die swaard van Jehovah se engel.
22 Dawid het toe gesê: “Dit is die plek vir die huis van Jehovah, die ware God, en dit is ’n brandofferaltaar vir Israel.”+
2 Dawid het toe beveel dat die uitlanders+ wat in Israel woon, bymekaar moet kom. Hy het hulle as klipkappers aangestel om die klippe te kap wat gebruik sou word om die huis van die ware God te bou.+ 3 Dawid het ook baie yster voorsien vir die spykers van die poortdeure en vir die klampe, sowel as koper, wat te veel was om geweeg te word,+ 4 en ’n ontelbare hoeveelheid sederhout,+ want die Sidoniërs+ en die Tiriërs+ het baie sederhout vir Dawid gebring. 5 En Dawid het gesê: “My seun Salomo is jonk en onervare,+ en die huis wat vir Jehovah gebou moet word, moet so pragtig en indrukwekkend wees+ dat al die lande daarvan sal hoor.+ Daarom sal ek vir hom voorbereidings tref.” Dawid het dus baie boumateriaal voor sy dood bymekaargemaak.
6 En hy het sy seun Salomo laat roep en vir hom gesê dat hy ’n huis vir Jehovah, die God van Israel, moet bou. 7 Dawid het vir sy seun Salomo gesê: “Dit was my hartsbegeerte om ’n huis vir die naam van Jehovah my God te bou.+ 8 Maar Jehovah het vir my gesê: ‘Jy het baie mense doodgemaak, en jy het groot oorloë gevoer. Jy sal nie ’n huis vir my naam bou nie,+ want jy het baie mense voor my op die aarde doodgemaak. 9 Jy sal ’n seun hê,+ en hy sal ’n man van vrede* wees. Ek sal hom rus gee van al sy vyande om hom.+ Daarom sal sy naam Salomo*+ wees, en in sy dae sal ek Israel rus en vrede gee.+ 10 Hy is die een wat ’n huis vir my naam sal bou.+ Hy sal my seun word, en ek sal sy vader word.+ Ek sal sorg dat die troon van sy koningskap vir ewig oor Israel stewig gevestig word.’+
11 “Mag Jehovah met jou wees, my seun, en mag jy suksesvol wees en die huis van Jehovah jou God bou, net soos hy gesê het jy sal doen.+ 12 Mag Jehovah jou goeie oordeel en begrip gee+ wanneer hy jou oor Israel aanstel, sodat jy die wet van Jehovah jou God kan gehoorsaam.+ 13 As jy die wetsvoorskrifte+ en die oordele streng gehoorsaam wat Jehovah Moses beveel het om aan Israel te gee,+ dan sal jy suksesvol wees. Wees moedig en sterk. Moenie bang wees of vrees nie.+ 14 Ek het baie moeite gedoen om voorbereidings te tref vir die huis van Jehovah. Ek het 100 000 talente* goud bymekaargemaak, sowel as 1 000 000 talente silwer en soveel koper en yster+ dat dit nie geweeg kan word nie, en ek het ook hout en klippe+ bymekaargemaak, maar jy sal nog daarby voeg. 15 Jy het baie werkers: klipkappers, klipmesselaars,+ houtwerkers en allerhande ambagsmanne.+ 16 En daar is soveel goud, silwer, koper en yster dat dit nie geweeg kan word nie.+ Begin met die werk, en mag Jehovah met jou wees.”+
17 Dawid het toe al die leiers van Israel beveel om sy seun Salomo te help, en hy het gesê: 18 “Is Jehovah julle God nie met julle nie, en het hy julle nie rus gegee van al julle vyande om julle nie? Hy het die inwoners van die land aan my oorgegee, en hulle is nou onderdane van Jehovah en sy volk. 19 Daarom moet julle Jehovah julle God met julle hele hart en siel* dien.*+ Begin met die bouwerk van die heiligdom van Jehovah, die ware God,+ sodat julle die ark van die verbond van Jehovah en die heilige voorwerpe van die ware God+ kan bring na die huis wat vir die naam van Jehovah+ gebou sal word.”
23 Toe Dawid oud was en nie meer lank gehad het om te lewe nie, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.+ 2 En hy het al die leiers van Israel, die priesters+ en die Leviete+ bymekaar laat kom. 3 Die Levitiese mans wat 30 jaar en ouer was, is getel,+ en hulle was altesaam 38 000. 4 Van hulle het 24 000 oor die werk by die huis van Jehovah toesig gehou. Daar was 6 000 beamptes en regters+ 5 en 4 000 poortwagters+ en 4 000 wat Jehovah geloof het+ met die musiekinstrumente wat Dawid gemaak het om God mee te loof.
6 Toe het Dawid hulle in afdelings ingedeel+ volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Meraʹri.+ 7 Van die Gersoniete: Ladan en Siʹmeï. 8 Ladan het drie seuns gehad: Jehiʹël, die hoofman, Setam en Joël.+ 9 Siʹmeï het drie seuns gehad: Seloʹmot, Hasiʹël en Haran. Hulle was die hoofde van die vaderhuise van Ladan. 10 Siʹmeï het vier seuns gehad: Jahat, Sina, Jeüs en Beriʹa. 11 Jahat was die hoof en Sisa was tweede. Maar omdat Jeüs en Beriʹa nie baie seuns gehad het nie, is hulle beskou as een vaderhuis met dieselfde verantwoordelikhede.
12 Kehat het vier seuns gehad: Amram, Jishar,+ Heʹbron en Usʹsiël.+ 13 Die seuns van Amram was Aäron+ en Moses.+ Maar Aäron en sy seuns is vir altyd afgesonder+ om die Allerheiligste te heilig, om offerandes voor Jehovah te offer, om hom te dien en om mense altyd in sy naam te seën.+ 14 Die seuns van Moses, die man van die ware God, is ingesluit by die stam van die Leviete. 15 Die seuns van Moses was Gersom+ en Eliëser.+ 16 Seʹbuel+ was die hoof van die seuns van Gersom. 17 Rehabʹja+ was die hoof van die nakomelinge* van Eliëser. Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar Rehabʹja het baie seuns gehad. 18 Seʹlomit+ was die hoofman van die seuns van Jishar.+ 19 Die seuns van Heʹbron was Jeriʹa, die hoof, Amarʹja, die tweede, Jahaʹsiël, die derde, en Jekaʹmeam,+ die vierde. 20 Die seuns van Usʹsiël+ was Miga, die hoof, en Jissiʹa, die tweede.
21 Die seuns van Meraʹri was Magli en Musi.+ Die seuns van Magli was Eleaʹsar en Kis. 22 Eleaʹsar het gesterf, maar hy het nie seuns gehad nie, net dogters. Daarom het die seuns van Kis, hulle familielede,* hulle as vrouens geneem. 23 Musi het drie seuns gehad: Magli, Eder en Jeʹremot.
24 Dit was die seuns van Levi wat geregistreer is volgens hulle vaderhuise en volgens die hoofde van die vaderhuise. Die Leviete wat 20 jaar en ouer was, is getel, en hulle name is op die lys geskryf vir die diens by die huis van Jehovah. 25 Want Dawid het gesê: “Jehovah, die God van Israel, het sy volk vrede gegee,+ en hy sal vir ewig in Jerusalem woon.+ 26 En die Leviete sal nie die tabernakel of enige van die toerusting vir sy diens hoef te dra nie.”+ 27 Die Leviete wat 20 jaar en ouer was, is toe getel, volgens Dawid se laaste instruksies. 28 Hulle moes die seuns van Aäron help+ met die werk by die huis van Jehovah. Hulle moes ook toesig hou oor die voorhowe,+ die eetkamers, die reiniging van elke heilige ding en oor enige ander werk wat gedoen moes word by die huis van die ware God. 29 Hulle het gehelp met die voorbereiding van die stapelbrode,*+ die fynmeel vir die graanoffer, die ongesuurde platbrode,+ die bakplaatbrode en die gemengde deeg.+ Hulle was ook verantwoordelik vir al die gewigte en mate. 30 Hulle moes elke oggend en aand+ voor Jehovah gaan staan om hom te dank en te loof.+ 31 Hulle het gehelp wanneer die brandoffers aan Jehovah geoffer is op die Sabbatte,+ die nuwemane+ en gedurende die feestye,+ volgens wat in die Wet geskryf is, en hulle het dit gereeld voor Jehovah gedoen. 32 Hulle het ook hulle verantwoordelikhede nagekom in verband met die tent van samekoms en in verband met die heiligdom. En hulle het hulle broers, die seuns van Aäron, gehelp met die werk by die huis van Jehovah.
24 Die nakomelinge van Aäron was in afdelings ingedeel. Die seuns van Aäron was: Nadab, Abiʹhu,+ Eleaʹsar en Iʹtamar.+ 2 Nadab en Abiʹhu het gesterf voordat hulle pa gesterf het,+ en hulle het geen seuns gehad nie, maar Eleaʹsar+ en Iʹtamar het aangehou om as priesters te dien. 3 Dawid, Sadok+ en Ahimeʹleg het hulle in afdelings ingedeel vir hulle dienstoewysings. Sadok was ’n nakomeling van Eleaʹsar, en Ahimeʹleg was ’n nakomeling van Iʹtamar. 4 Die seuns* van Eleaʹsar het meer hoofmanne as die seuns van Iʹtamar gehad, en daarom is hulle soos volg ingedeel: Die seuns van Eleaʹsar het 16 hoofde van hulle vaderhuise gehad, en die seuns van Iʹtamar het 8 hoofde van hulle vaderhuise gehad.
5 En hulle het die seuns van Eleaʹsar en die seuns van Iʹtamar deur middel van die lot+ ingedeel, want daar was hoofde van die heiligdom en hoofde van die ware God in al twee groepe. 6 Semaʹja, die seun van Netaʹnel, die sekretaris van die Leviete, het hulle name neergeskryf voor die koning, die leiers, die priester Sadok,+ Ahimeʹleg,+ die seun van Abjaʹtar,+ en die hoofde van die vaderhuise van die priesters en van die Leviete. Elke keer is daar deur middel van die lot een vaderhuis vir Eleaʹsar gekies en een vir Iʹtamar.
7 Die eerste lot was vir Jojaʹrib, die tweede vir Jedaʹja, 8 die derde vir Harim, die vierde vir Seoʹrim, 9 die vyfde vir Malkiʹa, die sesde vir Mijaʹmin, 10 die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abiʹa,+ 11 die negende vir Jeʹsua, die tiende vir Seganʹja, 12 die 11de vir Eljaʹsib, die 12de vir Jakim, 13 die 13de vir Huppa, die 14de vir Jeseʹbeab, 14 die 15de vir Bilga, die 16de vir Immer, 15 die 17de vir Hesir, die 18de vir Happisʹses, 16 die 19de vir Petagʹja, die 20ste vir Jehesʹkel, 17 die 21ste vir Jagin, die 22ste vir Gamul, 18 die 23ste vir Delaʹja en die 24ste vir Maäsʹja.
19 Dit is hoe hulle vir hulle diens+ ingedeel is vir wanneer hulle in die huis van Jehovah sou ingaan volgens die prosedure wat hulle voorvader Aäron ingestel het, net soos Jehovah, die God van Israel, hom beveel het.
20 En van die res van die Leviete: Suʹbael+ van die seuns van Amram,+ Jegʹdeja van die seuns van Suʹbael, 21 Jissiʹa, die hoof, van die seuns van Rehabʹja;+ 22 Seloʹmot+ van die Jishariete, Jahat van die seuns van Seloʹmot; 23 en van die seuns van Heʹbron: Jeriʹa,+ die hoof, Amarʹja, die tweede, Jahaʹsiël, die derde, Jekaʹmeam, die vierde; 24 Miga van die seuns van Usʹsiël en Samir van die seuns van Miga. 25 Jissiʹa was die broer van Miga, en van die seuns van Jissiʹa was daar Sagariʹa.
26 Die seuns van Meraʹri+ was Magli en Musi, en van die seuns van Jaäsiʹa was daar Beno. 27 Die nakomelinge van Meraʹri deur Jaäsiʹa was: Beno, Soham, Sakkur en Ibri; 28 van Magli: Eleaʹsar, wat geen seuns gehad het nie;+ 29 van Kis: Jeragʹmeël; 30 en die seuns van Musi was Magli, Eder en Jeʹrimot.
Dit was die seuns van Levi volgens hulle vaderhuise. 31 En net soos hulle broers, die seuns van Aäron, het hulle die lot gewerp+ in die teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Ahimeʹleg en die hoofde van die vaderhuise van die priesters en van die Leviete. Die vaderhuis van die hoof is op dieselfde manier behandel as die vaderhuis van sy jonger broer.
25 Dawid en die hoofde van die groepe het party van die seuns van Asaf, Heman en Jeduʹtun+ gekies om te profeteer onder begeleiding van die harpe, die ander snaarinstrumente+ en die simbale.+ Hier volg die lys van die beamptes vir hierdie diens. 2 Van die seuns van Asaf: Sakkur, Josef, Netanʹja en Asareʹla. Hulle was onder die leiding van Asaf, wat onder die leiding van die koning geprofeteer het. 3 Van Jeduʹtun,+ die ses seuns van Jeduʹtun: Gedalʹja, Seri, Jesaʹja, Siʹmeï, Hasabʹja en Mattitʹja.+ Hulle was onder die leiding van hulle pa Jeduʹtun, wat op die harp gespeel en geprofeteer het en wat Jehovah gedank en geloof het.+ 4 Van Heman,+ die seuns van Heman: Bukkiʹa, Mattanʹja, Usʹsiël, Seʹbuel, Jeʹrimot, Hananʹja, Hanaʹni, Eliaʹta, Giddalʹti, Romamʹti-Eʹser, Josbekaʹsa, Malloʹti, Hotir en Mahaʹsiot. 5 Hulle almal was die seuns van Heman. Hy was ’n siener van die koning wat sake in verband met die ware God bekend gemaak het tot sy eer, en daarom het die ware God vir Heman 14 seuns en 3 dogters gegee. 6 Hulle almal was onder die leiding van hulle pa, en hulle moes by die huis van Jehovah sing en musiek maak met simbale, harpe+ en ander snaarinstrumente vir die diens by die huis van die ware God.
Asaf, Jeduʹtun en Heman was onder die leiding van die koning.
7 Hulle en hulle broers – altesaam 288 – was almal ervare sangers wat opgelei was om vir Jehovah te sing. 8 Die pligte van al die sangers, jonk sowel as oud, ervare sanger sowel as leerling, is deur middel van die lot+ toegewys.
9 Die eerste lot was vir Asaf se seun Josef,+ die tweede vir Gedalʹja+ saam met sy broers en sy seuns, altesaam 12; 10 die derde vir Sakkur+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 11 die vierde vir Jisri saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 12 die vyfde vir Netanʹja+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 13 die sesde vir Bukkiʹa saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 14 die sewende vir Jesareʹla saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 15 die agtste vir Jesaʹja saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 16 die negende vir Mattanʹja saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 17 die tiende vir Siʹmeï saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 18 die 11de vir Asaʹreël saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 19 die 12de vir Hasabʹja saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 20 die 13de vir Suʹbael+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 21 die 14de vir Mattitʹja saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 22 die 15de vir Jeʹremot saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 23 die 16de vir Hananʹja saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 24 die 17de vir Josbekaʹsa saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 25 die 18de vir Hanaʹni saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 26 die 19de vir Malloʹti saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 27 die 20ste vir Eliaʹta saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 28 die 21ste vir Hotir saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 29 die 22ste vir Giddalʹti+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 30 die 23ste vir Mahaʹsiot+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12 31 en die 24ste vir Romamʹti-Eʹser+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12.
26 Hier volg ’n lys van die afdelings van die poortwagters.+ Van die Koragiete: Meselemʹja,+ die seun van Kore, van die seuns* van Asaf. 2 En Meselemʹja se seuns was: Sagariʹa, die eersgeborene, Jediʹael, die tweede, Sebadʹja, die derde, Jatʹniël, die vierde, 3 Elam, die vyfde, Johaʹnan, die sesde en Eljehoʹ-Enai, die sewende. 4 En Obed-Edom se seuns was: Semaʹja, die eersgeborene, Joʹsabad, die tweede, Joag, die derde, Sagar, die vierde, Netaʹnel, die vyfde, 5 Ammiʹël, die sesde, Isʹsaskar, die sewende, en Peülʹletai, die agtste, want God het Obed-Edom geseën.
6 Sy seun Semaʹja het seuns gehad wat hoofde van hulle vaderhuise was, want hulle was sterk, bekwame manne. 7 Semaʹja se seuns was: Otni, Reʹfael, Obed en Elsaʹbad. En sy broers Eliʹhu en Semagʹja was ook bekwame manne. 8 Hulle almal was nakomelinge van Obed-Edom. Hulle en hulle seuns en hulle broers was bekwame manne, en hulle was goed gekwalifiseerd vir die diens. Daar was 62 uit die familie van Obed-Edom. 9 En Meselemʹja+ het 18 seuns en broers gehad wat bekwame manne was. 10 En die seuns van Hosa, van die seuns van Meraʹri, was: Simri, die hoof (sy pa het hom as hoof aangestel, al was hy nie die eersgeborene nie), 11 Hilkiʹa, die tweede, Tebalʹja, die derde, en Sagariʹa, die vierde. Hosa het altesaam 13 seuns en broers gehad.
12 Net soos hulle broers het die hoofmanne van hierdie afdelings van die poortwagters pligte gehad. Hulle moes by die huis van Jehovah dien. 13 Toe het al die vaderhuise, klein sowel as groot, die lot gewerp+ om die poorte aan die verskillende vaderhuise toe te wys. 14 Die poort aan die oostekant is deur middel van die lot aan Selemʹja toegewys. Daarna is die lot gewerp vir sy seun Sagariʹa, ’n verstandige raadgewer. En die poort aan die noordekant is aan hom toegewys. 15 Die poort aan die suidekant is aan Obed-Edom toegewys, en die stoorkamers is aan sy seuns+ toegewys. 16 Die poort aan die westekant naby die Salleʹget-poort by die grootpad, is aan Suppim en Hosa+ toegewys. Die een groep wagte was langs die ander groep wagte. 17 Aan die oostekant was daar ses Leviete, en aan die noordekant en aan die suidekant was daar elke dag vier. En by die stoorkamers+ was daar twee groepe van twee. 18 Vir die pilaargang aan die weste, was daar vier by die grootpad+ en twee by die pilaargang. 19 Dit was die afdelings van die poortwagters van die Koragiete en die Merariete.
20 Ahiʹa was ook ’n Leviet, en hy het toesig gehou oor die skatkamers van die huis van die ware God en oor die skatkamers van die dinge wat geheilig* is.+ 21 Van die seuns van Ladan, dit wil sê van die Gersoniete wat aan Ladan behoort het, was Jehiëli+ een van die hoofde van die vaderhuise. 22 Jehiëli en sy seuns Setam en Joël was oor die skatkamers van die huis van Jehovah.+ 23 Van die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete en die Ussiëliete+ 24 was Seʹbuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, ’n leier wat toesig gehou het oor die stoorkamers. 25 Seʹbuel se familielede wat van Eliëser+ afgestam het, was Rehabʹja,+ sy seun Jesaʹja, sy seun Joram, sy seun Sigri en sy seun Seloʹmot. 26 Hierdie Seloʹmot en sy broers het toesig gehou oor al die skatkamers waarin die dinge bewaar is wat geheilig is+ deur koning Dawid,+ die hoofde van die vaderhuise,+ die hoofde oor 1 000, die hoofde oor 100 en die hoofde van die leërmag. 27 Hulle het van die buit+ wat in oorloë geneem was,+ geheilig om die huis van Jehovah in stand te hou. 28 Seʹlomit* en sy broers het ook toesig gehou oor alles wat geheilig is, insluitende die dinge wat geheilig is deur die siener Samuel,+ Saul die seun van Kis, Abner,+ die seun van Ner, en Joab,+ die seun van Seruʹja.+
29 Van die Jishariete+ is Kenanʹja en sy seuns aangestel om buite die huis van God te dien as beamptes en regters+ oor Israel.
30 Van die Hebroniete+ was Hasabʹja en sy broers verantwoordelik vir die administrasie van Israel in die streek wes van die Jordaanrivier. Hulle was altesaam 1 700 bekwame manne en het toesig gehou oor al die werk wat vir Jehovah en vir die koning gedoen moes word. 31 Volgens die geslagsregister was Jeriʹa+ die hoof van die Hebroniete. In die 40ste jaar van Dawid se koningskap+ het sy knegte na sterk, bekwame manne onder die Hebroniete gaan soek, en hulle het sulke manne in Jaser+ in Giʹlead gevind. 32 In Jeriʹa se familie was daar 2 700 bekwame manne wat hoofde van die vaderhuise was. Koning Dawid het hulle oor die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse aangestel om na elke saak in verband met die ware God en die koning om te sien.
27 Hier volg ’n lys van die vaderhuise van Israel, die hoofde oor 1 000, die hoofde oor 100+ asook die offisiere onder hulle wat die koning gedien het+ en omgesien het na elke saak in verband met die afdelings. Elke maand van die jaar was een afdeling van 24 000 mans aan diens.
2 Jasoʹbeam,+ die seun van Sabʹdiël, was oor die afdeling wat in die eerste maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 3 Hy was ’n nakomeling van Peres+ en was die hoof van al die hoofde van die groepe wat aangestel is om in die eerste maand te dien. 4 Dodai,+ die Ahohiet,+ was oor die afdeling wat in die tweede maand aan diens was. Daar was 24 000 in sy afdeling, en Miklot was die leier. 5 Benaʹja,+ die seun van die hoofpriester Jojaʹda,+ was die hoof oor die afdeling wat in die derde maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 6 Hierdie Benaʹja was ’n magtige vegter. Hy was een van die dertig en was die hoof van die dertig. Sy seun Ammiʹsabad was oor sy afdeling. 7 Aʹsahel,+ Joab se broer,+ was die hoof oor die afdeling wat in die vierde maand aan diens was. Daar was 24 000 in sy afdeling, en sy seun Sebadʹja was sy opvolger. 8 Samhut, die Jisragiet, was oor die afdeling wat in die vyfde maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 9 Ira,+ die seun van Ikkes, die Tekoïet,+ was oor die afdeling wat in die sesde maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 10 Heles,+ die Peloniet, van die stam van Eʹfraim, was oor die afdeling wat in die sewende maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 11 Sibʹbegai,+ die Husatiet, van die Seragiete,+ was oor die afdeling wat in die agtste maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 12 Abiëser,+ die Anatotiet,+ van die stam van Benjamin, was oor die afdeling wat in die negende maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 13 Maʹharai,+ die Netofatiet, van die Seragiete,+ was oor die afdeling wat in die tiende maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 14 Benaʹja,+ die Piratoniet, van die seuns van Eʹfraim, was oor die afdeling wat in die 11de maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 15 Heldai, die Netofatiet, ’n nakomeling van Otʹniël, was oor die afdeling wat in die 12de maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling.
16 Hier volg ’n lys van die leiers van die stamme van Israel. Van die Rubeniete: Eliëser, die seun van Sigri. Van die Simeoniete: Sefatʹja, die seun van Maʹäga. 17 Van Levi: Hasabʹja, die seun van Keʹmuel. Van Aäron: Sadok. 18 Van Juda: Eliʹhu,+ een van Dawid se broers. Van Isʹsaskar: Omri, die seun van Miʹgael. 19 Van Seʹbulon: Jismaʹja, die seun van Obadʹja. Van Nafʹtali: Jeʹrimot, die seun van Asʹriël. 20 Van Eʹfraim: Hoseʹa, die seun van Asasʹja. Van die halwe stam van Manasʹse: Joël, die seun van Pedaʹja. 21 Van die ander halwe stam van Manasʹse in Giʹlead: Iddo, die seun van Sagariʹa. Van Benjamin: Jaäsiël, die seun van Abner.+ 22 En van Dan: Asaʹreël, die seun van Jeroʹham. Dit was die leiers van die stamme van Israel.
23 Dawid het nie die mense getel wat 20 jaar en jonger was nie, want Jehovah het belowe om Israel so baie soos die sterre van die hemel te maak.+ 24 Joab, die seun van Seruʹja, het die volk begin tel, maar hy het nie klaargemaak nie. As gevolg van die sensus het God baie kwaad geword vir Israel,+ en die getal is nie neergeskryf in die boek met die geskiedkundige verslae van koning Dawid nie.
25 Asmaʹwet, die seun van Aʹdiël, was oor die skatkamers van die koning.+ Joʹnatan, die seun van Ussiʹa, was oor die stoorkamers* op die platteland, in die stede, in die dorpies en in die torings. 26 Esri, die seun van Kelub, was oor die werkers wat die grond bewerk het. 27 Siʹmeï, die Ramatiet, was oor die wingerde, en Sabdi, die Sifmiet, was verantwoordelik vir die vervaardiging van wyn. 28 Baäl-Hanan, die Gederiet, was oor die olyfboorde en die wildevyebome+ in die Sjefeʹla,+ en Joas was oor die olievoorrade. 29 Sitrai, die Saroniet, het toesig gehou oor die beeste wat in Saron+ gewei het, en Safat, die seun van Adlai, het toesig gehou oor die beeste in die valleivlaktes. 30 Obil, die Ismaeliet, het toesig gehou oor die kamele, en Jegʹdeja, die Meronotiet, het toesig gehou oor die donkies.* 31 En Jasis, die Hagriet, het toesig gehou oor die kleinvee. Dit was al die hoofde wat toesig gehou het oor koning Dawid se besittings.
32 Joʹnatan,+ Dawid se neef, was ’n verstandige man. Hy was ’n raadgewer en ’n sekretaris. En Jehiʹël, die seun van Hagmoʹni, het toesig gehou oor die koning se seuns.+ 33 Agitoʹfel+ was een van die koning se raadgewers, en Husai,+ die Arkiet, was die koning se vriend.* 34 Ná Agitoʹfel was Abjaʹtar+ en Jojaʹda, die seun van Benaʹja,+ die koning se raadgewers, en Joab+ was die hoof van die koning se leërmag.
28 Dawid het al die leiers van Israel in Jerusalem bymekaar laat kom: die leiers van die stamme, die hoofde oor die afdelings+ wat die koning gedien het, die hoofde oor 1 000, die hoofde oor 100,+ die hoofde wat toesig gehou het oor al die besittings en vee van die koning+ en van sy seuns,+ sowel as die hofbeamptes en elke sterk en bekwame man.+ 2 Toe het koning Dawid opgestaan en gesê:
“Luister na my, my broers en my volk. Dit was my hartsbegeerte om ’n permanente huis vir die ark van die verbond van Jehovah te bou wat as die voetbank van ons God sou dien,+ en ek het voorbereidings getref om dit te bou.+ 3 Maar die ware God het vir my gesê: ‘Jy sal nie ’n huis vir my naam bou nie,+ want jy is ’n man van oorlog en het baie mense doodgemaak.’*+ 4 Tog het Jehovah, die God van Israel, my uit die hele huis van my vader gekies om vir ewig koning oor Israel te wees.+ Hy het Juda as leier gekies,+ en van die huis van Juda het hy my vader se huis gekies,+ en van my vader se seuns het hy my goedgekeur om koning oor die hele Israel te wees.+ 5 En van al my seuns – want Jehovah het my baie seuns gegee+ – het hy my seun Salomo+ gekies om koning oor Israel te word en op die troon van die koningskap van Jehovah te sit.+
6 “Hy het vir my gesê: ‘Jou seun Salomo is die een wat my huis en my voorhowe sal bou, want ek het hom as my seun gekies, en ek sal sy vader word.+ 7 Ek sal sy koningskap vir ewig stewig vestig+ as hy vasbeslote bly om my gebooie en my regterlike bevele te gehoorsaam,+ net soos hy nou doen.’ 8 Daarom sê ek in die teenwoordigheid van die hele Israel, Jehovah se gemeente, en met ons God as getuie: Studeer al die gebooie van Jehovah julle God, en julle moet streng gehoorsaam wees daaraan, sodat julle die goeie land+ kan besit en dit as ’n permanente erfdeel aan julle kinders kan oordra.
9 “En jy, my seun Salomo, jy moet die God van jou vader leer ken, en jy moet hom met jou hele hart*+ en ’n vreugdevolle* siel* dien, want Jehovah deursoek alle harte,+ en hy sien elke begeerte* en gedagte.+ As jy hom soek, sal hy sorg dat jy hom vind,+ maar as jy hom verlaat, sal hy jou vir ewig verwerp.+ 10 Jy moet besef dat Jehovah jou gekies het om ’n huis as ’n heiligdom te bou. Wees moedig, en begin met die werk.”
11 Dawid het toe vir sy seun Salomo die bouplan+ gegee van die voorportaal+ en die kamers van die tempel, insluitende die stoorkamers, die dakvertrekke, die binnekamers en die vertrek van versoening.*+ 12 Hy het vir hom die bouplan van alles gegee wat hy deur inspirasie* ontvang het: vir die voorhowe+ van Jehovah se huis, vir al die eetkamers rondom die voorhowe, vir die skatkamers van die huis van die ware God en vir die skatkamers van die dinge wat geheilig* was.+ 13 Hy het ook vir hom instruksies gegee vir die afdelings van die priesters+ en die Leviete, vir al die pligte in verband met die diens by die huis van Jehovah en vir al die voorwerpe vir die diens by die huis van Jehovah. 14 Hy het gesê hoeveel goud nodig sou wees vir al die voorwerpe vir die verskillende dienste en hoeveel silwer nodig sou wees vir al die silwervoorwerpe en al die voorwerpe vir die verskillende dienste. 15 Hy het gesê hoeveel goud nodig sou wees vir die verskillende goue lampstaanders+ en hulle lampe en hoeveel silwer nodig sou wees vir die verskillende silwerlampstaanders en hulle lampe, afhangende van hoe elkeen gebruik sou word. 16 Hy het ook gesê hoeveel goud nodig sou wees vir elkeen van die tafels waarop die stapelbrode*+ gesit moes word en hoeveel silwer nodig sou wees vir die silwertafels. 17 Hy het gesê hoeveel goud nodig sou wees vir die vurke, die bakke en die kanne van suiwer goud en vir die goue bakkies+ en hoeveel silwer nodig sou wees vir die silwerbakkies. 18 Hy het ook gesê hoeveel suiwer goud nodig sou wees vir die reukaltaar+ en vir dit wat die strydwa afbeeld,+ naamlik die goue gerubs+ wat hulle vlerke uitsprei oor die ark van die verbond van Jehovah. 19 Dawid het gesê: “Die hand van Jehovah was met my, en hy het vir my die insig gegee om al die besonderhede van die bouplan+ neer te skryf.”+
20 Toe het Dawid vir sy seun Salomo gesê: “Wees moedig en sterk, en begin met die werk. Moenie bang wees of vrees nie, want Jehovah God, my God, is met jou.+ Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie,+ maar hy sal met jou wees totdat al die werk in verband met Jehovah se huis klaar is. 21 En hier is die afdelings van die priesters+ en die Leviete+ vir die diens by die huis van die ware God. Jy het gewillige ambagsmanne vir elke soort werk,+ asook die leiers+ en die hele volk wat al jou instruksies sal uitvoer.”
29 Koning Dawid het toe vir die hele gemeente gesê: “My seun Salomo, die een wat God gekies het,+ is jonk en onervare,+ en die werk is groot, want dit is nie ’n tempel* vir ’n mens nie, maar vir Jehovah God.+ 2 En ek het baie moeite gedoen om voorbereidings te tref vir die huis van my God. Ek het die goud, die silwer, die koper, die yster,+ die hout+ en oniksstene voorsien, sowel as stene wat met messelklei geset moet word, mosaïeksteentjies, allerhande edelstene en baie albasstene. 3 En omdat die huis van my God my so na aan die hart lê,+ gee ek ook my eie+ goud en silwer vir die huis van my God. Dit is nou bo en behalwe alles wat ek vir die heilige huis bymekaargemaak het. 4 Ek gee 3 000 talente* goud van Ofir+ en 7 000 talente suiwer silwer om die mure van die kamers oor te trek. 5 Ek gee die goud en die silwer vir al die werk wat deur die ambagsmanne gedoen moet word. En wie van julle wil vandag vir Jehovah ’n vrywillige bydrae gee?”+
6 Toe het die leiers van die vaderhuise, die leiers van die stamme van Israel, die hoofde oor 1 000, die hoofde oor 100+ en die hoofde oor die sake van die koning+ vrywillige bydraes gegee. 7 En hulle het vir die diens van die huis van die ware God 5 000 talente goud, 10 000 darieke,* 10 000 talente silwer, 18 000 talente koper en 100 000 talente yster gegee. 8 Almal wat edelstene gehad het, het dit vir die skatkamer van die huis van Jehovah gegee, wat onder die toesig was van Jehiʹël,+ die Gersoniet.+ 9 Die volk was baie bly oor die vrywillige bydraes wat hulle gegee het, want hulle het dit met hulle hele hart+ aan Jehovah gegee. En koning Dawid was ook baie bly.
10 Dawid het Jehovah toe voor die hele gemeente geloof en gesê: “O Jehovah, die God van ons vader Israel, mag u tot in alle ewigheid* geloof word. 11 O Jehovah, u is groot,+ magtig,+ indrukwekkend en vol prag en majesteit.*+ Alles in die hemel en op die aarde behoort aan u.+ Aan u behoort die koninkryk, o Jehovah.+ U is die hoof oor alles. 12 Rykdom en heerlikheid kom van u af,+ en u regeer oor alles,+ en in u hand is daar krag+ en mag.+ U hand kan enigiemand verhoog+ en aan almal krag gee.+ 13 En nou, o ons God, dank ons u en loof ons u pragtige naam.
14 “Maar wie is ek en wie is my volk, dat ons die voorreg kan hê om sulke vrywillige bydraes te gee? Want alles kom van u, en ons het aan u teruggegee wat ons uit u hand ontvang het. 15 Ons is uitlanders voor u en tydelike inwoners, net soos al ons voorvaders.+ Want ons dae op die aarde is soos ’n skaduwee+ – sonder hoop. 16 O Jehovah ons God, al hierdie rykdom wat ons bymekaargemaak het om vir u ’n huis te bou vir u heilige naam, kom uit u hand en dit behoort alles aan u. 17 O my God, ek weet goed dat u mense se harte ondersoek+ en dat integriteit* u hart bly maak.+ In die opregtheid van my hart het ek al hierdie vrywillige bydraes gegee. En my hart loop oor van vreugde om te sien hoe u volk vrywillige bydraes aan u gee. 18 O Jehovah, die God van ons voorvaders Abraham, Isak en Israel, help u volk om vir altyd so ’n gewillige gees te behou en om u met hulle hele hart te dien.+ 19 En help my seun Salomo om u gebooie,+ u herinneringe en u wetsvoorskrifte met sy hele hart*+ te gehoorsaam. Help hom om al hierdie dinge te doen en om die tempel* te bou waarvoor ek voorbereidings getref het.”+
20 Dawid het toe vir die hele gemeente gesê: “Loof Jehovah julle God.” En die hele gemeente het Jehovah, die God van hulle voorvaders, geloof en op hulle knieë gegaan en neergebuig voor Jehovah en voor die koning. 21 Die volgende dag het hulle voortgegaan om offerandes aan Jehovah te offer en brandoffers+ aan Jehovah te bring: 1 000 jong bulle, 1 000 skaapramme, 1 000 ramlammers en die drankoffers wat daarmee saamgaan.+ Hulle het baie offerandes vir die hele Israel geoffer.+ 22 Op daardie dag het hulle ook met groot blydskap voor Jehovah geëet en gedrink.+ Hulle het Salomo, die seun van Dawid, vir die tweede keer koning gemaak en hom voor Jehovah as leier gesalf,+ en hulle het Sadok as priester gesalf.+ 23 En Salomo het as koning in die plek van sy pa, Dawid, op Jehovah se troon gaan sit.+ Hy was suksesvol, en al die Israeliete was gehoorsaam aan hom. 24 Al die leiers,+ die magtige vegters+ en al die seuns van koning Dawid+ het hulle aan koning Salomo onderwerp. 25 Jehovah het Salomo buitengewone eer gegee sodat die hele Israel hom bewonder het. Hy het hom meer koninklike majesteit gegee as enige koning van Israel voor hom.+
26 Dawid, die seun van Isai, het oor die hele Israel regeer. 27 Hy het 40 jaar lank oor Israel regeer. Hy het 7 jaar lank in Heʹbron regeer,+ en hy het 33 jaar lank in Jerusalem regeer.+ 28 Hy het op ’n goeie ouderdom gesterf,+ nadat hy ’n lang lewe, rykdom en eer geniet het. En sy seun Salomo het in sy plek koning geword.+ 29 Die geskiedenis van koning Dawid is van begin tot einde opgeteken in die geskrifte van die siener Samuel, die profeet Natan+ en die siener Gad.+ 30 Alles omtrent sy koningskap, sy magtige dade en alles wat met hom, met Israel en met al die omliggende koninkryke gebeur het, is ook daarin opgeteken.
Hier volg die name van die seuns van Aram. Sien Ge 10:23.
Beteken “verdeeldheid”.
Lett. “dat die aarde”.
Lett. “seuns”.
Lett. “veld”.
’n Sjeik was ’n stamhoof.
Lett. “seuns”.
Beteken “bringer van rampspoed; bringer van verwerping”. Word ook Agan genoem in Jos 7:1.
Of “moeilikheid; verwerping”.
Lett. “seuns”.
Ook Kaleb genoem in vs. 18, 19, 42.
Ook Kelubai genoem in vs. 9.
Sommige name in hierdie hoofstuk kan na plekke verwys eerder as na mense. In sulke gevalle beteken “vader” moontlik “stigter”.
Of “omliggende”.
Lett. “seuns”.
Lett. “seuns”.
Lett. “seuns”.
Ook Kelubai genoem in vs. 9.
Lett. “seuns”.
Lett. “seuns”.
Lett. “seuns”.
Lett. “seuns”.
Lett. “seuns”.
Sommige name in hierdie hoofstuk kan na plekke verwys eerder as na mense. In sulke gevalle beteken “vader” moontlik “stigter”.
Die naam Jabes is moontlik verwant aan ’n Hebreeuse woord wat “pyn” beteken.
Lett. “mag u hand met my wees”.
Lett. “seuns”.
Beteken “vallei van ambagsmanne”.
Lett. “seuns”.
Verwys moontlik na Bitja in vs. 18.
In Hebreeus kan die woord “seun” ook “kleinseun” of “nakomeling” beteken.
Of “Hierdie woorde is van vroeëre oorlewering”.
In Hebreeus kan die woord “seun” ook “kleinseun” of “nakomeling” beteken.
Of “omliggende”.
D.w.s. Jerobeam II.
Of “mensesiele”.
Of “prostitusie gepleeg met die gode”. Verwys na geestelike prostitusie.
Lett. “seuns”.
Ook Gerson genoem in vs. 1.
Lett. “dié wat gegee is”.
Of “ommuurde kampe”.
Lett. “vrystede”.
Of “deur middel van die lot ontvang”.
Lett. “vrystede”.
Lett. “seuns”.
Lett. “hoofde”.
In Hebreeus kan die woord “seun” ook “kleinseun” of “nakomeling” beteken.
Lett. “seuns”.
Sommige name in hierdie hoofstuk kan na plekke verwys eerder as na mense. In sulke gevalle beteken “vader” moontlik “stigter”.
Lett. “seuns”.
Beteken “met rampspoed”.
Of “Jehosua”, wat beteken “Jehovah is redding”.
Of “omliggende”.
Of moontlik “Gasa”. Verwys nie na die Gasa in Filistea nie.
Ook Somer genoem in vs. 32.
Waarskynlik dieselfde as “Hotam” in vs. 32.
Lett. “veld”.
Of moontlik “nadat hy sy vrouens Husim en Baära weggestuur het”.
Of “omliggende”.
Sommige name in hierdie hoofstuk kan na plekke verwys eerder as na mense. In sulke gevalle beteken “vader” moontlik “stigter”.
Ook Is-Boset genoem.
Ook Mefiboset genoem.
Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
Lett. “hoofde van vaders vir die huis van hulle vaders”.
Of “tempel”.
Lett. “magtiges”.
Of “eetkamers”.
D.w.s. die offerbrode.
Of “eetkamers”.
Sommige name in hierdie hoofstuk kan na plekke verwys eerder as na mense. In sulke gevalle beteken “vader” moontlik “stigter”.
Of “’n spiritistiese medium”.
Lett. “was u die een wat Israel uitgebring en ingebring het”.
Of “Millo”. ’n Hebreeuse woord wat “opvulling” beteken.
Of “redding”.
Lett. “die seun van ’n dapper man”.
Hy was omtrent 2,23 m lank. Sien Aanh. B14.
Of “wadi’s”. Sien Woordelys.
Of “niemand wat by Dawid aangesluit het, was dubbelhartig nie”.
Lett. “een van hart”.
Of “van Sihor”.
Of “die ingang van Hamat”.
Of moontlik “tussen”.
Of “ontsteld”.
Beteken “deurbraak teen Ussa”.
Of “mense wat mure bou”.
Beteken “Heer van deurbrake”.
Sien Woordelys.
Sien Woordelys.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Lett. “te onthou”.
Of “maak musiek”.
Of moontlik “Praat oor”.
Lett. “soek”.
Of “nakomelinge”. Lett. “saad”.
Lett. “aan die woord wat hy beveel het”.
Of “waardigheid”.
Of “Aanbid Jehovah”.
Of moontlik “as gevolg van die prag van sy heiligheid”.
Of “vrugbare land”.
Of “geskud word; wankel”.
Of “het gekom”.
Of “vreugdevol kan wees in u lof”.
Of “Laat dit so wees!”
Of “instrumente van die lied van die ware God gespeel”.
Beteken moontlik “van die een plek na die ander en van die een woonplek na die ander”.
Lett. “uitput”.
Lett. “by jou vaders neergelê word”.
Lett. “saad”.
Of “’n man van hoë rang”.
Of “betroubaar wees”.
Of “omliggende”.
Sien Woordelys.
Sien Woordelys.
Of “redding”.
Of “redding”.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
Lett. “Aram-Naharaim”.
Lett. “in die hand”.
Die Eufraatrivier.
D.w.s. in die lente.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
Of moontlik “’n teenstander”.
Of “het hy spyt gevoel oor die rampspoed”.
Lett. “Gee”.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “gemeenskapsoffers”.
Lett. “rus”.
Van ’n Hebreeuse woord wat “vrede” beteken.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
Sien Woordelys.
Lett. “soek”.
Lett. “seuns”.
Lett. “broers”.
D.w.s. die offerbrode.
In Hebreeus kan die woord “seun” ook “kleinseun” of “nakomeling” beteken.
In Hebreeus kan die woord “seun” ook “kleinseun” of “nakomeling” beteken.
Of “toegewy”.
Ook Selomot genoem in vs. 25 en 26.
Of “skatkamers”.
Lett. “donkiemerries”.
Of “vertroueling”.
Lett. “het bloed vergiet”.
Of “’n hart wat ten volle toegewyd is”.
Of “gewillige”.
Sien Woordelys.
Of “neiging”.
Of “die versoendeksel”.
Lett. “deur die gees”.
Of “toegewy”.
D.w.s. die offerbrode.
Of “vesting; paleis”.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
’n Dariek was ’n Persiese goue muntstuk. Sien Aanh. B14.
Of “van ewigheid tot ewigheid”.
Of “waardigheid”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Of “met ’n hart wat ten volle toegewyd is”.
Of “vesting; paleis”.