Die Eerste Brief aan die Korintiërs
1 Paulus, deur God se wil geroep+ om ’n apostel+ van Jesus Christus te wees, en ons broer Sosʹtenes,+ 2 aan die gemeente van God wat in Korinte+ is, aan julle wat in eenheid met Christus Jesus geheilig is,+ geroep om heiliges te wees,+ saam met almal wat oral die naam+ aanroep van ons Here, Jesus Christus, hulle Here en ons s’n:+
3 Mag julle onverdiende goedhartigheid+ en vrede+ hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.+
4 Ek dank God altyd vir julle met die oog op die onverdiende goedhartigheid+ van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is;+ 5 dat julle in alles in hom verryk is,+ in die volle vermoë om te spreek en in volle kennis,+ 6 net soos die getuienis aangaande die Christus+ onder julle bevestig is, 7 sodat julle in geen enkele gawe+ te kort kom nie, terwyl julle gretig op die openbaring+ van ons Here Jesus Christus wag. 8 Hy sal julle ook tot die einde toe standvastig maak,+ sodat julle vry van enige beskuldiging+ kan wees in die dag+ van ons Here Jesus Christus.+ 9 God is getrou,+ deur wie julle tot deelgenootskap+ met sy Seun Jesus Christus, ons Here, geroep is.
10 Ek vermaan+ julle dan nou, broers, deur die naam+ van ons Here Jesus Christus, dat julle almal eenstemmig+ moet praat en dat daar nie verdeeldhede+ onder julle moet wees nie, maar dat julle paslik verenig kan wees in dieselfde denke en in dieselfde gedagtegang.+ 11 Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë oor julle onthul,+ my broers, dat daar onenighede onder julle bestaan. 12 Wat ek bedoel, is dat elkeen van julle sê: “Ek behoort aan Paulus”, “Maar ek aan Apolʹlos”,+ “Maar ek aan Sefas”, “Maar ek aan Christus”. 13 Die Christus bestaan verdeeld.+ Paulus is tog nie vir julle aan die paal gehang nie, of hoe? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?+ 14 Ek is dankbaar dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Krispus+ en Gajus,+ 15 sodat niemand kan sê dat julle in my naam gedoop is nie. 16 Ja, ek het ook die huis van Steʹfanas+ gedoop. Wat die res betref, weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie. 17 Want Christus het my gestuur,+ nie om te doop nie, maar om die goeie nuus bekend te maak, nie met wysheid van woorde nie,+ sodat die folterpaal van die Christus nie nutteloos gemaak sou word nie.
18 Want die woord oor die folterpaal is dwaasheid+ vir dié wat vergaan,+ maar vir ons wat gered word,+ is dit God se krag.+ 19 Want daar staan geskrywe: “Ek sal die wysheid van die wyse mense laat vergaan,+ en die intelligensie van die intellektuele mense+ sal ek opsy stoot.”+ 20 Waar is die wyse? Waar die skrifgeleerde?+ Waar die debatteerder+ van hierdie stelsel van dinge?+ Het God nie die wysheid van die wêreld dwaas gemaak nie?+ 21 Want aangesien, in die wysheid van God, die wêreld deur sy wysheid+ God nie leer ken het nie,+ het God dit goedgevind om deur die dwaasheid+ van wat gepreek word, dié te red wat glo.
22 Want die Jode vra tekens+ en die Grieke soek wysheid;+ 23 maar ons verkondig Christus wat aan die paal gehang is,+ vir die Jode ’n oorsaak van struikeling+ maar vir die nasies dwaasheid;+ 24 maar vir dié wat die geroepenes is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag+ van God en die wysheid+ van God. 25 Want iets dwaas van God is wyser as die mense, en iets swaks van God is sterker as die mense.+
26 Want julle sien sy roeping van julle, broers, dat nie baie geroep is+ wat in vleeslike sin wys is nie,+ nie baie magtiges nie,+ nie baie van adellike geboorte nie; 27 maar God het die dwase dinge van die wêreld uitgekies,+ sodat hy die wyse mense kan beskaam; en God het die swak dinge van die wêreld uitgekies, sodat hy die sterk dinge kan beskaam;+ 28 en God het die onedele dinge van die wêreld uitgekies en die dinge waarop daar neergesien word, die dinge wat nie is nie,+ sodat hy die dinge wat is, tot niet kan maak,+ 29 sodat geen vlees voor die aangesig van God sou roem nie.+ 30 Maar dit is aan hom te danke dat julle in eenheid met Christus Jesus is, wat vir ons wysheid+ wat van God kom, geword het, ook regverdigheid+ en heiliging+ en bevryding deur ’n losprys;+ 31 sodat dit kan wees net soos daar geskrywe staan: “Hy wat roem, laat hom in Jehovah roem.”+
2 En toe ek na julle toe gekom het, broers, het ek nie met oordrewe woorde+ of wysheid gekom om die heilige geheim+ van God aan julle bekend te maak nie. 2 Want ek het besluit om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus,+ en hom as iemand wat aan die paal gehang is. 3 En ek het in swakheid en in vrees en met groot bewing na julle toe gekom;+ 4 en wat ek gesê het en wat ek gepreek het, was nie met oorredende woorde van wysheid nie, maar met ’n betoning van gees en krag,+ 5 sodat julle geloof nie in mense se wysheid sou wees nie,+ maar in God se krag.+
6 En ons spreek wysheid onder dié wat volwasse is,+ maar nie die wysheid+ van hierdie stelsel van dinge of van hierdie stelsel van dinge se heersers,+ wat sal vergaan nie.+ 7 Maar ons spreek God se wysheid in ’n heilige geheim,+ die verborge wysheid, wat God voor die stelsels+ van dinge tot ons heerlikheid voorbestem het. 8 Hierdie wysheid het nie een van die heersers+ van hierdie stelsel van dinge leer ken nie,+ want as hulle dit geken het, sou hulle nie die glorieryke Here aan die paal gehang het nie.+ 9 Maar net soos daar geskrywe staan: “Die dinge wat God berei het vir dié wat hom liefhet, het die oog nie gesien en die oor nie gehoor en het ook nie in die hart van die mens opgekom nie.”+ 10 Want aan ons het God dit deur sy gees+ geopenbaar,+ want die gees+ ondersoek alle dinge, selfs die diep+ dinge van God.
11 Want wie onder die mense ken die dinge van ’n mens, behalwe die gees+ van die mens wat in hom is? So ook het niemand die dinge van God leer ken nie, behalwe die gees+ van God. 12 En ons het nie die gees+ van die wêreld ontvang nie, maar die gees+ wat van God kom, sodat ons die dinge sou ken wat goedgunstig deur God aan ons gegee is.+ 13 Hierdie dinge spreek ons ook, nie met woorde wat deur menslike wysheid+ geleer word nie, maar met dié wat deur die gees geleer word,+ deurdat ons geestelike aangeleenthede met geestelike woorde kombineer.+
14 Maar ’n fisiese mens aanvaar nie die dinge van die gees van God nie, want hulle is dwaasheid vir hom; en hy kan hulle nie leer ken nie,+ want hulle word geestelik ondersoek. 15 Maar die geestelike+ mens ondersoek wel alle dinge, maar hy self word deur geen mens ondersoek nie.+ 16 Want “wie het die denke van Jehovah leer ken,+ dat hy hom kan onderrig”?+ Maar ons het wel die denke+ van Christus.
3 En daarom, broers, kon ek nie met julle praat soos met geestelike mense nie,+ maar soos met vleeslike mense, soos met klein kindertjies+ in Christus. 2 Ek het julle met melk gevoed, nie met iets om te eet nie,+ want julle was nog nie sterk genoeg nie. Trouens, julle is ook nou nie sterk genoeg nie,+ 3 want julle is nog vleeslik.+ Want is julle nie vleeslik en wandel julle nie soos mense,+ aangesien daar jaloesie en twis onder julle is nie?+ 4 Want wanneer die een sê: “Ek behoort aan Paulus”, maar ’n ander een sê: “Ek aan Apolʹlos”,+ is julle dan nie bloot mense nie?
5 Wat is Apolʹlos dan?+ Ja, wat is Paulus? Bedienaars+ deur wie julle gelowiges geword het, net soos die Here aan elkeen gegee het. 6 Ek het geplant,+ Apolʹlos het natgegooi,+ maar God het dit deurentyd laat groei;+ 7 sodat nie hy wat plant of hy wat natgooi, iets is nie,+ maar God wat dit laat groei.+ 8 En hy wat plant en hy wat natgooi, is een,+ maar elkeen sal sy eie beloning volgens sy eie arbeid ontvang.+ 9 Want ons is God se medewerkers.+ Julle is God se saailand wat bewerk word,+ God se gebou.+
10 Ooreenkomstig die onverdiende goedhartigheid+ van God wat aan my gegee is, het ek as ’n wyse bestuurder van werke ’n fondament gelê,+ maar iemand anders bou daarop. Maar laat elkeen aanhou let op hoe hy daarop bou.+ 11 Want geen mens kan enige ander fondament lê+ as wat gelê is nie, dit is Jesus Christus.+ 12 As iemand dan nou op die fondament goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels bou— 13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit uitwys, omdat dit deur middel van vuur geopenbaar sal word;+ en die vuur sal aantoon hoedanig elkeen se werk is. 14 As iemand se werk wat hy daarop gebou het, bly staan,+ sal hy ’n beloning ontvang;+ 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy verlies ly, maar hy self sal gered word;+ en tog, as dit gebeur, sal dit wees soos deur vuur heen.+
16 Weet julle nie dat julle God se tempel+ is en dat die gees van God in julle woon nie?+ 17 As iemand die tempel van God vernietig, sal God hom vernietig;+ want die tempel van God is heilig,+ en julle is+ daardie tempel.+
18 Laat niemand homself mislei nie: As iemand onder julle dink dat hy wys is+ in hierdie stelsel van dinge, laat hom ’n dwaas word, sodat hy wys kan word.+ 19 Want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God;+ want daar staan geskrywe: “Hy vang die wyses in hulle eie listigheid.”+ 20 En weer: “Jehovah weet dat die redenasies van die wyses vergeefs is.”+ 21 Laat niemand derhalwe op mense roem nie; want alles behoort aan julle,+ 22 of dit Paulus of Apolʹlos+ of Sefas of die wêreld of die lewe of die dood of teenswoordige dinge of toekomstige dinge+ is, alles behoort aan julle; 23 maar julle behoort aan Christus;+ en Christus behoort aan God.+
4 Laat ’n mens ons dan as ondergeskiktes+ van Christus en bestuurders+ van heilige geheime+ van God beskou. 2 Verder, wat in hierdie geval van bestuurders+ verwag word, is dat ’n man getrou bevind word.+ 3 Vir my is dit dan nou van baie min belang of ek deur julle of deur ’n menslike regbank ondersoek word.+ Ek ondersoek myself nie eens nie. 4 Want ek is nie bewus+ van enigiets teen my nie. Tog bewys dit nie dat ek regverdig is nie, maar hy wat my ondersoek, is Jehovah.+ 5 Julle moet derhalwe niks voor die bestemde tyd oordeel nie,+ totdat die Here kom,+ wat die verborge dinge van die duisternis aan die lig sal bring+ sowel as die planne van die harte openbaar sal maak,+ en dan sal elkeen sy lof van God ontvang.+
6 Hierdie dinge, broers, het ek dan nou vir julle beswil in oordragtelike sin op my en Apolʹlos+ toegepas, sodat julle in ons geval die reël kan leer: “Moenie verder gaan as die dinge wat geskrywe staan nie”,+ sodat julle individueel nie opgeblase sal wees+ ten gunste van die een en teen die ander nie.+ 7 Want wie maak jou anders+ as ’n ander? Ja, wat het jy wat jy nie ontvang het nie?+ As jy dit dan inderdaad ontvang het,+ waarom roem+ jy asof jy dit nie ontvang het nie?
8 Julle is dus reeds versadig? Julle is dus reeds ryk?+ Julle het dus sonder ons as konings begin heers?+ En ek wens inderdaad dat julle as konings begin heers het, sodat ons ook saam met julle as konings kon heers.+ 9 Want dit lyk vir my of God ons, die apostels, laaste ten toon gestel het+ as mense wat vir die dood bestem is,+ want ons het ’n teaterskouspel+ geword vir die wêreld en vir engele+ en vir mense.+ 10 Ons is dwase+ weens Christus, maar julle is verstandig+ in Christus; ons is swak,+ maar julle is sterk;+ julle staan goed aangeskrewe,+ maar ons is in oneer.+ 11 Tot die huidige uur toe is ons steeds honger+ en ook dors+ en skraps geklee+ en word ons sleg behandel+ en is ons dakloos+ 12 en swoeg+ ons deur met ons eie hande te werk.+ Wanneer ons uitgeskel word, seën ons;+ wanneer ons vervolg word, hou ons uit;+ 13 wanneer ons beswadder word, smeek ons;+ ons het soos die skuim van die wêreld geword, die afskraapsel van alle dinge, tot nou toe.+
14 Ek skryf hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar om julle ernstig te vermaan as my geliefde kinders.+ 15 Want al het julle ook tienduisend tugmeesters+ in Christus, het julle beslis nie baie vaders+ nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur middel van die goeie nuus.+ 16 Ek versoek julle dus dringend: Word navolgers van my.+ 17 Daarom stuur ek Timoʹteus na julle toe,+ aangesien hy my geliefde en getroue kind+ in die Here is; en hy sal julle herinner aan my metodes in verband met Christus Jesus,+ net soos ek oral in elke gemeente leer.
18 Party is opgeblase+ asof ek in werklikheid nie na julle toe kom nie. 19 Maar ek sal binnekort na julle toe kom, as Jehovah wil,+ en ek sal nie die woorde van dié wat opgeblase is, te wete kom nie, maar hulle krag. 20 Want die koninkryk van God lê nie in woorde nie, maar in krag.+ 21 Wat wil julle hê? Moet ek met ’n roede na julle toe kom,+ of met liefde en sagmoedigheid van gees?+
5 Daar word waarlik berig dat daar hoerery+ onder julle is, en hoerery van so ’n aard as wat nie eens onder die nasies voorkom nie, dat ’n sekere man die vrou van sy vader het.+ 2 En is julle opgeblase,+ en moes julle nie eerder getreur het,+ sodat die man wat hierdie daad gedoen het, uit julle midde weggeneem sou word nie?+ 3 Wat my betref, ek het, hoewel afwesig in die liggaam maar teenwoordig in die gees, beslis reeds, asof ek teenwoordig was, die man geoordeel+ wat só gehandel het, 4 dat julle in die naam van ons Here Jesus, wanneer julle bymekaar is, ook my gees saam met die krag van ons Here Jesus,+ 5 so iemand aan Satan moet oorgee+ vir die vernietiging van die vlees, sodat die gees+ gered kan word in die dag van die Here.+
6 Die rede waarom julle roem,+ is nie goed nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg deursuur+ nie? 7 Verwyder die ou suurdeeg, sodat julle ’n nuwe deeg+ kan wees, soos julle immers ongesuurd is. Want Christus,+ ons pasga,+ is inderdaad geoffer.+ 8 Laat ons die fees+ gevolglik nie met ou suurdeeg+ vier nie, en ook nie met suurdeeg+ van slegtheid en goddeloosheid nie,+ maar met ongesuurde koeke van opregtheid en waarheid.+
9 In my brief het ek aan julle geskryf om op te hou om met hoereerders om te gaan, 10 nie dat ek bedoel het heeltemal met die hoereerders+ van hierdie wêreld+ of die gierigaards en afpersers of afgodedienaars nie. Anders sou julle in werklikheid uit die wêreld moes uitgaan.+ 11 Maar nou skryf ek aan julle om op te hou om met enigeen om te gaan+ wat ’n broer genoem word maar wat ’n hoereerder of ’n gierigaard+ of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard+ of ’n afperser is, en om nie eens saam met so iemand te eet nie. 12 Want wat het ek te doen met die oordeel van dié wat buite is?+ Oordeel julle nie dié wat binne is,+ 13 terwyl God dié oordeel wat buite is nie?+ “Verwyder die goddelose mens onder julle uit.”+
6 Durf enigeen van julle wat ’n saak+ teen ’n ander het, hof toe gaan om voor onregverdiges te verskyn+ en nie voor die heiliges nie?+ 2 Of weet julle nie dat die heiliges die wêreld+ sal oordeel nie?+ En as die wêreld deur julle geoordeel sal word, is julle dan onbevoeg om uiters geringe+ sake te verhoor? 3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie?+ Waarom dan nie sake van hierdie lewe nie? 4 As julle dan wel sake van hierdie lewe het wat verhoor moet word,+ stel julle dan die manne op wie daar in die gemeente neergesien word, as regters aan?+ 5 Ek spreek om julle tot skaamte te beweeg.+ Is dit waar dat daar nie één wyse+ onder julle is wat tussen sy broers sal kan oordeel nie, 6 maar dat broer met broer hof toe gaan, en dit voor ongelowiges?+
7 Ja, dit beteken dan geheel en al ’n nederlaag vir julle dat julle regsgedinge+ met mekaar het. Waarom laat julle julle nie liewer veronreg nie?+ Waarom laat julle julle nie liewer te kort doen nie?+ 8 In plaas daarvan veronreg en doen julle ander te kort, en dit boonop julle broers.+
9 Wat! Weet julle nie dat onregverdiges God se koninkryk nie sal beërf nie?+ Moenie mislei word nie. Geen hoereerders+ of afgodedienaars+ of egbrekers+ of mans wat vir onnatuurlike doeleindes+ aangehou word of mans wat by mans lê+ 10 of diewe of gierigaards+ of dronkaards+ of kwaadsprekers of afpersers sal God se koninkryk beërf nie.+ 11 En tog is dit wat party van julle was.+ Maar julle is skoon gewas,+ maar julle is geheilig,+ maar julle is regverdig verklaar+ in die naam van ons Here Jesus Christus+ en met die gees van ons God.+
12 Alles is my geoorloof; maar nie alles is voordelig nie.+ Alles is my geoorloof;+ maar ek sal my nie deur enigiets laat oorheers nie.+ 13 Voedsel vir die maag, en die maag vir voedsel;+ maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak.+ En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here;+ en die Here is vir die liggaam.+ 14 Maar God het die Here opgewek+ en sal ook ons uit die dood opwek+ deur sy krag.+
15 Weet julle nie dat julle liggame lede+ van Christus is nie?+ Sal ek dan die lede van die Christus wegneem en hulle lede van ’n hoer maak?+ Mag dit nooit gebeur nie! 16 Wat! Weet julle nie dat hy wat met ’n hoer verenig is, een liggaam is nie? Want: “Die twee”, sê hy, “sal een vlees wees.”+ 17 Maar hy wat met die Here verenig is, is een+ gees.+ 18 Vlug vir die hoerery.+ Elke ander sonde wat ’n mens pleeg, is buite sy liggaam, maar hy wat hoerery beoefen, sondig teen sy eie liggaam.+ 19 Wat! Weet julle nie dat julle liggaam die tempel+ van die heilige gees in julle is,+ wat julle van God het nie? Ook behoort julle nie aan julleself nie,+ 20 want julle is met ’n prys gekoop.+ Verheerlik God+ dan in julle liggaam.+
7 En wat die dinge betref waaroor julle geskryf het: dit is goed vir ’n man om ’n vrou nie aan te raak nie;+ 2 maar laat elke man weens die algemeenheid van hoerery+ sy eie vrou hê+ en elke vrou haar eie man. 3 Laat die man sy vrou gee wat haar toekom;+ maar laat die vrou ook dieselfde teenoor haar man doen.+ 4 Die vrou oefen nie gesag oor haar eie liggaam uit nie, maar wel haar man;+ net so ook oefen die man nie gesag oor sy eie liggaam uit nie, maar wel sy vrou.+ 5 Moenie mekaar dit ontsê nie,+ behalwe met wedersydse instemming vir ’n vasgestelde tyd,+ dat julle tyd aan gebed kan wy en weer bymekaar kan kom, sodat Satan julle nie weens julle gebrek aan selfbeheersing+ bly versoek nie.+ 6 Ek sê dit egter by wyse van toegewing,+ nie as ’n bevel nie.+ 7 Maar ek wens dat alle mense soos ek is.+ Nietemin het elkeen sy eie gawe+ wat van God kom, die een op hierdie manier, die ander op daardie manier.
8 En vir die ongetroudes+ en die weduwees sê ek dat dit vir hulle goed is as hulle bly soos ek is.+ 9 Maar as hulle nie selfbeheersing het nie,+ laat hulle trou, want dit is beter om te trou+ as om van hartstog te brand.+
10 Aan die getroudes gee ek instruksies—nogtans nie ek nie, maar die Here+—dat ’n vrou nie van haar man moet weggaan nie;+ 11 maar laat sy, as sy tog weggaan, ongetroud bly of haar weer met haar man versoen; en ’n man moet sy vrou nie verlaat nie.
12 Maar vir die ander sê ek—ja ek, nie die Here nie:+ As enige broer ’n ongelowige vrou het en sy nietemin bereid is om met hom saam te woon, laat hy haar dan nie verlaat nie; 13 en laat ’n vrou wat ’n ongelowige man het wat nietemin bereid is om met haar saam te woon, haar man nie verlaat nie. 14 Want die ongelowige man is geheilig met betrekking tot sy vrou, en die ongelowige vrou is geheilig met betrekking tot die broer; anders sou julle kinders in werklikheid onrein wees,+ maar nou is hulle heilig.+ 15 Maar as die ongelowige weggaan,+ laat hom weggaan; onder sulke omstandighede is ’n broer of ’n suster nie gebonde nie, maar God het julle tot vrede geroep.+ 16 Want hoe weet jy, vrou, of jy nie dalk jou man sal red nie?+ Of hoe weet jy, man, of jy nie dalk jou vrou sal red nie?+
17 Maar laat elkeen, soos Jehovah hom ’n deel gegee het,+ so wandel soos God hom geroep het.+ En só verorden+ ek in al die gemeentes. 18 Is iemand as besnedene geroep?+ Laat hom nie onbesnede word nie. Is iemand as onbesnedene geroep?+ Laat hom nie besny word nie.+ 19 Die besnydenis+ beteken hoegenaamd niks, en onbesnedenheid+ beteken hoegenaamd niks, maar die onderhouding van God se gebooie.+ 20 Laat elkeen bly+ in watter staat hy ook al geroep is.+ 21 Is jy geroep toe jy ’n slaaf was? Moenie dat dit jou kwel nie;+ maar as jy ook vry kan word, gryp liewer die geleentheid aan. 22 Want enigeen in die Here wat geroep is toe hy ’n slaaf was, is die Here se vrygelatene;+ so ook is hy wat geroep is toe hy ’n vry man was,+ ’n slaaf+ van Christus. 23 Julle is met ’n prys gekoop;+ hou op om slawe van mense te word.+ 24 Broers, laat elkeen bly in watter toestand+ hy ook al geroep is, in verbondenheid met God.
25 En wat maagde betref, het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening+ as iemand aan wie die Here die barmhartigheid bewys het+ om getrou te wees.+ 26 Daarom dink ek dat dit goed is met die oog op die nood wat hier by ons bestaan: dat dit goed is vir ’n mens om te bly soos hy is.+ 27 Is jy gebind aan ’n vrou?+ Hou op om losmaking te soek.+ Is jy losgemaak van ’n vrou? Hou op om ’n vrou te soek. 28 Maar al sou jy ook trou, pleeg jy geen sonde nie.+ En as ’n maagdelike persoon trou, pleeg so iemand geen sonde nie. Diegene wat wel trou, sal egter verdrukking in hulle vlees hê.+ Maar ek spaar julle dit.
29 Daarbenewens sê ek dít, broers: die oorblywende tyd is kort.+ Laat dié wat vrouens het, van nou af wees asof hulle nie het nie,+ 30 en ook dié wat huil, soos dié wat nie huil nie, en dié wat bly is, soos dié wat nie bly is nie, en dié wat koop, soos dié wat nie besit nie, 31 en dié wat van die wêreld gebruik maak,+ soos dié wat dit nie ten volle gebruik nie; want die toneel van hierdie wêreld is aan die verander.+ 32 Ja, ek wil hê dat julle sonder sorge moet wees.+ Die ongetroude man is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here se goedkeuring kan verkry. 33 Maar die getroude man is besorg+ oor die dinge van die wêreld, hoe hy sy vrou se goedkeuring kan verkry,+ 34 en hy is verdeeld. Verder is die ongetroude vrou, en die maagd, besorg oor die dinge van die Here,+ sodat sy in haar liggaam sowel as in haar gees heilig kan wees. Die getroude vrou is egter besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy haar man se goedkeuring kan verkry.+ 35 Maar dit sê ek tot julle eie voordeel, nie om julle aan bande te lê nie, maar om julle te beweeg tot wat betaamlik is+ en wat volgehoue diens aan die Here beteken, sonder om afgelei te word.+
36 Maar as iemand dink dat hy hom onbehoorlik gedra ten opsigte van sy maagdelikheid,+ as dit verby die bloei van die jeug is, en dit is hoe dit moet geskied, laat hom doen wat hy wil; hy sondig nie. Laat hulle trou.+ 37 Maar as iemand in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar gesag oor sy eie wil het en hierdie besluit, om sy maagdelikheid te bewaar, in sy eie hart geneem het, sal hy goed doen.+ 38 Gevolglik doen ook hy wat sy maagdelikheid in die huwelik gee goed,+ maar hy wat dit nie in die huwelik gee nie, sal beter doen.+
39 ’n Vrou is gebind gedurende die hele tyd dat haar man lewe.+ Maar as haar man ontslaap, is sy vry om te trou met wie sy wil, net in die Here.+ 40 Maar sy is, na my mening, gelukkiger as sy bly soos sy is.+ Ek dink beslis dat ek ook God se gees+ het.
8 En wat voedsel betref wat aan afgode geoffer is:+ ons weet dat ons almal kennis het.+ Kennis maak opgeblase, maar liefde bou op.+ 2 As iemand dink dat hy kennis van iets verwerf het,+ ken hy dit nog nie soos hy dit behoort te ken nie.+ 3 Maar as iemand God liefhet,+ word dié deur hom geken.+
4 En wat die eet+ van voedsel betref wat aan afgode geoffer is: ons weet dat ’n afgod niks+ in die wêreld is nie en dat daar geen God is nie, behalwe een.+ 5 Want selfs al is daar dié wat “gode” genoem word,+ hetsy in die hemel+ of op die aarde,+ net soos daar baie “gode” en baie “here” is,+ 6 is daar in werklikheid vir ons een God,+ die Vader,+ uit wie alles is, en ons vir hom;+ en daar is een Here,+ Jesus Christus,+ deur wie alles is,+ en ons deur hom.
7 Nietemin is hierdie kennis nie in almal nie;+ maar party, wat tot nou toe aan die afgod gewoond is, eet voedsel as iets wat aan ’n afgod geoffer is,+ en hulle gewete, wat swak is, word verontreinig.+ 8 Maar voedsel sal ons nie by God aanbeveel nie;+ as ons nie eet nie, skiet ons nie te kort nie, en as ons eet, het ons geen verdienste vir onsself nie.+ 9 Maar let voortdurend daarop dat hierdie reg van julle nie op die een of ander wyse ’n struikelblok word vir dié wat swak is nie.+ 10 Want as iemand jou, die een wat kennis het, gedurende ’n maaltyd in ’n afgodstempel aan tafel sien, sal die gewete van dié een wat swak is, dan nie opgebou word tot waar hy voedsel eet wat aan afgode geoffer is nie?+ 11 Ja, deur jou kennis word die swakke te gronde gerig, jou broer ter wille van wie Christus gesterf het.+ 12 Maar wanneer julle só teen julle broers sondig en hulle gewete+ wond wat swak is, sondig julle teen Christus. 13 Daarom, as voedsel my broer laat struikel,+ sal ek nóóit weer vleis eet nie, sodat ek my broer nie sal laat struikel nie.+
9 Is ek nie vry nie?+ Is ek nie ’n apostel nie?+ Het ek nie Jesus, ons Here, gesien nie?+ Is julle nie my werk in die Here nie? 2 As ek vir ander nie ’n apostel is nie, is ek seer seker vir julle, want julle is die seël wat my apostelskap met betrekking tot die Here bevestig.+
3 My verdediging teenoor dié wat my aan ’n ondersoek onderwerp, is dít:+ 4 Ons het die reg om te eet+ en te drink, nie waar nie? 5 Ons het die reg om ’n suster as vrou+ rond te neem net soos die res van die apostels en die Here se broers+ en Sefas,+ nie waar nie? 6 Of is dit net ek en Barʹnabas+ wat nie die reg het om geen sekulêre werk te doen nie?+ 7 Wie dien ooit op eie koste as ’n soldaat? Wie plant ’n wingerd en eet nie van die vrug daarvan nie?+ Of wie hou as herder toesig oor ’n kudde en eet nie van die melk van die kudde nie?+
8 Spreek ek hierdie dinge volgens menslike standaarde?+ Of sê die Wet+ nie ook hierdie dinge nie? 9 Want in die wet van Moses staan daar geskrywe: “Jy mag ’n bul nie muilband wanneer hy die graan uitdors nie.”+ Is dit bulle waaroor God besorg is? 10 Of sê hy dit geheel en al om ons onthalwe? Ja, dit is om ons onthalwe geskryf,+ omdat die man wat ploeg, in hoop behoort te ploeg, en die man wat dors, dit behoort te doen in die hoop dat hy ’n deel sal ontvang.+
11 As ons geestelike dinge+ vir julle gesaai het, is dit dan iets groots as ons dinge vir die vlees van julle sal maai?+ 12 As ander deel het aan hierdie reg oor julle,+ het ons dan nie des te meer nie? Nietemin het ons nie van hierdie reg gebruik gemaak nie,+ maar ons verdra alles, sodat ons geen hindernis vir die goeie nuus oor die Christus veroorsaak nie.+ 13 Weet julle nie dat die manne wat heilige take verrig, die dinge van die tempel eet nie,+ en dat dié wat voortdurend by die altaar diens verrig,+ saam met die altaar ’n deel vir hulleself ontvang nie? 14 So ook het die Here vir dié wat die goeie nuus verkondig, verorden+ dat hulle deur middel van die goeie nuus lewe.+
15 Maar ek het nie van één van hierdie voorsienings gebruik gemaak nie.+ Ek het hierdie dinge werklik nie geskryf sodat dit in my geval so moes word nie, want dit sou vir my beter wees om te sterf as—geen mens gaan die rede vir my geroem+ verydel nie! 16 As ek dan nou die goeie nuus bekend maak,+ is dit vir my geen rede om te roem nie, want die dwang+ is my opgelê. Waarlik, wee+ my as ek die goeie nuus nie bekend maak nie! 17 As ek dit gewillig+ doen, het ek ’n beloning;+ maar as ek dit teen my sin doen, het ek nogtans ’n bestuurderskap+ wat aan my toevertrou is. 18 Wat is my beloning dan? Dat ek, terwyl ek die goeie nuus bekend maak, die goeie nuus kosteloos kan verskaf,+ sodat ek my reg in verband met die goeie nuus nie misbruik nie.
19 Want hoewel ek vry is van almal, het ek my ’n slaaf+ van almal gemaak, sodat ek die meeste kan wen.+ 20 En so het ek vir die Jode soos ’n Jood geword+ om Jode te wen; vir dié onder die wet het ek soos een onder die wet geword,+ hoewel ek self nie onder die wet is nie,+ om dié onder die wet te wen. 21 Vir dié sonder wet+ het ek soos een sonder wet geword,+ hoewel ek nie sonder wet is ten opsigte van God nie, maar onder die wet+ ten opsigte van Christus,+ om dié sonder wet te wen. 22 Vir die swakkes het ek swak geword om die swakkes te wen.+ Ek het alles vir alle soorte mense+ geword om op elke moontlike manier sommige te red. 23 Maar ek doen alles ter wille van die goeie nuus, sodat ek met ander ’n deelgenoot+ daarvan kan word.
24 Weet julle nie dat die hardlopers+ in ’n wedloop almal hardloop, maar dat net een die prys+ ontvang nie? Hardloop+ só dat julle dit kan verkry.+ 25 Wat meer is, elkeen wat aan ’n wedstryd deelneem, beoefen selfbeheersing+ in alles. Hulle doen dit natuurlik sodat hulle ’n verderflike kroon kan kry,+ maar ons ’n onverderflike.+ 26 Daarom is die manier waarop ek hardloop,+ nie onseker nie; die manier waarop ek my houe rig, is só dat ek nie in die lug slaan nie;+ 27 maar ek kasty my liggaam+ en lei dit as ’n slaaf, sodat ek, nadat ek vir ander gepreek het, nie self op die een of ander wyse afgekeur sou word nie.+
10 Ek wil dan nou nie hê dat julle onkundig daaromtrent moet wees nie, broers, dat ons voorvaders almal onder die wolk was+ en almal deur die see getrek het+ 2 en almal deur middel van die wolk en van die see in Moses+ gedoop is; 3 en almal het dieselfde geestelike voedsel geëet,+ 4 en almal het dieselfde geestelike drank gedrink.+ Want hulle het uit die geestelike rots+ gedrink wat hulle gevolg het, en dié rots+ het die Christus beteken.+ 5 Nietemin het God teenoor die meeste van hulle nie sy goedkeuring geopenbaar nie,+ want hulle is in die wildernis neergevel.+
6 En hierdie dinge het voorbeelde vir ons geword, dat ons nie mense moet wees wat skadelike dinge begeer,+ net soos hulle dit begeer het nie. 7 Moet ook nie, soos party van hulle, afgodedienaars word nie;+ net soos daar geskrywe staan: “Die volk het gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om ’n aangename tyd te hê.”+ 8 Laat ons ook nie hoerery beoefen, soos party van hulle hoerery gepleeg het nie,+ sodat hulle geval het, drie-en-twintigduisend van hulle op een dag.+ 9 Laat ons Jehovah+ ook nie op die proef stel, soos party van hulle hom op die proef gestel het nie,+ sodat hulle deur die slange omgekom het.+ 10 Moet ook nie murmureerders wees, net soos party van hulle gemurmureer het nie,+ sodat hulle deur die vernietiger omgekom het.+ 11 En hierdie dinge het hulle as voorbeelde bly oorkom, en dit is opgeskryf as ’n waarskuwing+ vir ons op wie die eindes van die stelsels van dinge+ gekom het.
12 Daarom, wie dink dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.+ 13 Geen versoeking het oor julle gekom nie, behalwe wat eie is aan mense.+ Maar God is getrou,+ en hy sal nie toelaat dat julle versoek word bo wat julle kan verdra nie,+ maar saam met die versoeking sal hy ook die uitweg gee,+ sodat julle dit sal kan verduur.
14 Daarom, my geliefdes, vlug+ vir die afgodediens.+ 15 Ek praat soos met mense met onderskeidingsvermoë;+ oordeel self wat ek sê. 16 Die beker+ van seën wat ons seën, is dit nie deelgenootskap in die bloed van die Christus nie? Die brood wat ons breek,+ is dit nie deelgenootskap in die liggaam van die Christus nie?+ 17 Omdat daar een brood is, is ons, hoewel baie,+ een liggaam,+ want ons het almal deel aan daardie een brood.+
18 KYK na wat in ’n vleeslike opsig Israel is:+ Is dié wat die offerandes eet, nie deelgenote met die altaar nie?+ 19 Wat moet ek dan sê? Dat ’n afgodsoffer iets is, of dat ’n afgod iets is?+ 20 Nee; maar ek sê dat die nasies die dinge wat hulle offer, aan demone offer+ en nie aan God nie; en ek wil nie hê dat julle deelgenote met die demone+ moet word nie. 21 Julle kan nie die beker van Jehovah+ en die beker van demone drink nie; julle kan nie deel hê aan “die tafel van Jehovah”+ en die tafel van demone nie. 22 Of “wek ons Jehovah tot jaloesie op”?+ Ons is tog nie sterker+ as hy nie, of hoe?
23 Alles is geoorloof, maar nie alles is voordelig nie.+ Alles is geoorloof,+ maar nie alles bou op nie.+ 24 Laat elkeen aanhou om, nie sy eie voordeel nie,+ maar dié van die ander persoon te soek.+
25 Hou aan om alles te eet wat in ’n vleismark verkoop word+ sonder om navraag te doen, ter wille van julle gewete;+ 26 want “aan Jehovah+ behoort die aarde en alles wat dit vul”.+ 27 As enigeen van die ongelowiges julle nooi en julle wil gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word+ sonder om navraag te doen, ter wille van julle gewete.+ 28 Maar as iemand vir julle sê: “Dit is iets wat as offerande gebring is”, moet dan nie eet nie, ter wille van die een wat dit onthul het en ter wille van die gewete.+ 29 Ek sê “gewete”, nie jou eie nie, maar dié van die ander persoon. Want waarom moet my vryheid deur ’n ander se gewete geoordeel word?+ 30 As ek iets met danksegging geniet, waarom moet ek dan gesmaad word oor dit waarvoor ek dank?+
31 Daarom, hetsy julle eet of drink of enigiets anders doen, doen alles tot heerlikheid van God.+ 32 Sorg dat julle nie oorsake van struikeling+ vir Jode sowel as Grieke en vir die gemeente van God word nie, 33 net soos ek alle mense in alles behaag+ en nie my eie voordeel soek nie,+ maar dié van die meerderheid, sodat hulle gered kan word.+
11 Word navolgers van my, net soos ek dit van Christus is.+
2 En ek prys julle, omdat julle in alles aan my dink en aan die oorleweringe vashou+ net soos ek dit aan julle oorgedra het. 3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat die Christus die hoof is van elke man;+ en die man is die hoof van die vrou;+ en God is die hoof van die Christus.+ 4 Elke man wat met iets op sy hoof bid of profeteer, doen sy hoof skande aan;+ 5 maar elke vrou wat met ’n onbedekte hoof bid of profeteer,+ doen haar hoof skande aan,+ want dit is een en dieselfde asof sy ’n vrou met ’n geskeerde hoof is.+ 6 Want as ’n vrou haar nie bedek nie, laat haar hare dan ook afgesny word; maar as dit vir ’n vrou ’n skande is as haar hare afgesny of geskeer is,+ laat sy haar dan bedek.+
7 Want ’n man behoort nie sy hoof bedek te hê nie, aangesien hy God se beeld+ en heerlikheid+ is; maar die vrou is die man se heerlikheid.+ 8 Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man;+ 9 en boonop is die man nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man.+ 10 Daarom behoort die vrou ’n teken van gesag op haar hoof te hê+ weens die engele.+
11 Wat meer is, in verband met die Here is die vrou nie sonder die man nie en die man ook nie sonder die vrou nie.+ 12 Want net soos die vrou uit die man is,+ so is die man ook deur middel van die vrou;+ maar alles is uit God.+ 13 Oordeel self: Is dit gepas dat ’n vrou onbedek tot God bid? 14 Leer die natuur self julle nie dat dit ’n man tot oneer strek as hy lang hare het, 15 maar dat dit ’n vrou tot heerlikheid strek as sy lang hare het nie?+ Want haar hare is haar in die plek van ’n hoofbedekking gegee.+ 16 As dit egter lyk asof iemand ten gunste van ’n ander gewoonte argumenteer+—ons het geen ander nie, en die gemeentes van God ook nie.
17 Maar terwyl ek hierdie instruksies gee, prys ek julle nie, omdat julle nie ten goede nie maar ten kwade vergader.+ 18 Want in die eerste plek hoor ek dat daar verdeeldhede onder julle bestaan wanneer julle in ’n gemeente bymekaarkom;+ en in sekere mate glo ek dit. 19 Want daar moet ook sektes+ onder julle wees, sodat die goedgekeurdes ook onder julle openbaar kan word.+
20 Wanneer julle dan op een plek bymekaarkom, is dit nie moontlik om die Here se aandmaal te eet nie.+ 21 Want wanneer julle dit eet, eet elkeen vooraf sy eie aandmaal, sodat die een honger is maar ’n ander dronk. 22 Julle het tog sekerlik huise om in te eet en te drink, nie waar nie?+ Of verag julle die gemeente van God en maak julle dié beskaamd wat niks het nie?+ Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie.
23 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgedra het, dat die Here Jesus in die nag+ waarin hy oorgelewer sou word, ’n brood geneem het, 24 en nadat hy gedank het, het hy dit gebreek+ en gesê: “Dit beteken my liggaam,+ wat vir julle is. Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.”+ 25 Nadat hy die aandmaal geëet het, het hy ook dieselfde met betrekking tot die beker+ gedoen en gesê: “Hierdie beker beteken die nuwe verbond+ kragtens my bloed.+ Hou aan om dit, so dikwels as julle dit drink, tot my gedagtenis+ te doen.” 26 Want so dikwels+ as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, hou julle aan om die dood+ van die Here te verkondig, totdat hy kom.+
27 Gevolglik sal enigeen wat op onwaardige wyse die brood eet of die beker van die Here drink, skuldig wees+ met betrekking tot die liggaam en die bloed+ van die Here. 28 Laat ’n mens homself eers ná noukeurige ondersoek+ goedkeur, en laat hom só van die brood eet en uit die beker drink. 29 Want hy wat eet en drink, eet en drink ’n oordeel+ oor homself as hy die liggaam nie onderskei nie. 30 Daarom is baie onder julle swak en sieklik, en ’n hele paar slaap+ in die dood. 31 Maar as ons onderskei wat ons is, sal ons nie geoordeel word nie.+ 32 Wanneer ons egter geoordeel word,+ word ons deur Jehovah gedissiplineer,+ sodat ons nie saam met die wêreld+ veroordeel sal word nie.+ 33 Daarom, my broers, wanneer julle bymekaarkom om dit te eet,+ wag vir mekaar. 34 As iemand honger is, laat hom by die huis eet,+ sodat julle nie tot ’n oordeel bymekaarkom nie.+ Maar die oorblywende sake sal ek in orde bring wanneer ek daar kom.
12 En wat die geestelike gawes+ betref, broers, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 2 Julle weet dat julle, toe julle mense van die nasies was,+ weggelei is na daardie stom+ afgode+ net soos julle ook al gelei is. 3 Daarom wil ek hê julle moet weet dat niemand wat deur God se gees spreek, sê: “Jesus is vervloek!” nie,+ en niemand kan sê: “Jesus is die Here!” nie, behalwe deur heilige gees.+
4 En daar is ’n verskeidenheid van gawes,+ maar dit is dieselfde gees;+ 5 en daar is ’n verskeidenheid van bedieninge,+ en tog is dit dieselfde Here;+ 6 en daar is ’n verskeidenheid van werkinge,+ en tog is dit dieselfde God+ wat al die werkinge in almal tot stand bring.+ 7 Maar die openbaring van die gees word vir ’n nuttige doel aan elkeen gegee.+ 8 Aan die een word daar byvoorbeeld deur middel van die gees woorde van wysheid+ gegee, aan ’n ander woorde van kennis+ ooreenkomstig dieselfde gees, 9 aan ’n ander geloof+ deur dieselfde gees, aan ’n ander gawes van genesing+ deur daardie een gees, 10 aan nog ’n ander werkinge van kragtige werke,+ aan ’n ander profesie,+ aan ’n ander die onderskeiding+ van geïnspireerde uitinge,+ aan ’n ander verskillende tale+ en aan ’n ander die uitlegging+ van tale. 11 Maar al hierdie werkinge word deur die een en dieselfde gees tot stand gebring,+ wat aan elkeen onderskeidelik uitdeel+ net soos dit wil.+
12 Want net soos die liggaam een is maar baie lede het, en al die lede van daardie liggaam, al is hulle baie, een liggaam is,+ so is ook die Christus.+ 13 Want waarlik, ons is almal deur een gees in een liggaam gedoop,+ hetsy Jode of Grieke, hetsy slawe of vryes, en ons moes almal een gees drink.+
14 Want die liggaam is inderdaad nie een lid nie, maar baie.+ 15 As die voet sou sê: “Omdat ek nie ’n hand is nie, is ek geen deel van die liggaam nie”, is dit nie om dié rede geen deel van die liggaam nie.+ 16 En as die oor sou sê: “Omdat ek nie ’n oog is nie, is ek geen deel van die liggaam nie”, is dit nie om dié rede geen deel van die liggaam nie.+ 17 As die hele liggaam ’n oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? 18 Maar nou het God die lede, elkeen van hulle, in die liggaam geplaas net soos dit hom behaag het.+
19 As hulle almal een lid was,+ waar sou die liggaam wees? 20 Maar nou is hulle baie lede,+ en tog een liggaam. 21 Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie”; of ook die kop vir die voete: “Ek het julle nie nodig nie.” 22 Maar dit is veel eerder so dat dié lede van die liggaam wat swakker+ lyk, nodig is, 23 en die dele van die liggaam wat ons dink minder eerbaar is, dié omring ons met oorvloediger eer,+ en só het ons onbetaamlike dele oorvloediger sierlikheid, 24 terwyl ons sierlike dele niks nodig het nie. Maar God het die liggaam saamgestel en oorvloediger eer gegee aan die deel wat ’n tekort gehad het, 25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam moet wees nie, maar die lede daarvan dieselfde sorg vir mekaar moet dra.+ 26 En as een lid ly, ly al die ander lede+ saam met hom; of as ’n lid verheerlik word,+ is al die ander lede saam met hom bly.+
27 Julle is dan nou Christus se liggaam en afsonderlike lede.+ 28 En God het die onderskeie persone in die gemeente geplaas:+ eerstens, apostels;+ tweedens, profete;+ derdens, onderrigters;+ dan kragtige werke;+ dan gawes van genesing;+ hulpdienste,+ vermoëns om leiding te neem,+ verskillende tale.+ 29 Almal is tog nie apostels nie? Almal is tog nie profete nie? Almal is tog nie onderrigters nie? Almal verrig tog nie kragtige werke nie? 30 Almal het tog nie gawes van genesing nie? Almal praat tog nie in tale nie?+ Almal is tog nie vertalers nie?+ 31 Maar beywer julle voortdurend om die groter gawes te verkry.+ En tog toon ek julle ’n allesoortreffende weg.+
13 As ek in die tale+ van mense en van engele praat, maar geen liefde het nie, het ek ’n klinkende stuk geelkoper of ’n galmende simbaal+ geword. 2 En as ek die gawe van profesie+ het en met al die heilige geheime+ en alle kennis+ vertroud is, en as ek al die geloof het sodat ek berge kan versit,+ maar geen liefde het nie, is ek niks.+ 3 En as ek al my besittings gee om ander te voed,+ en as ek my liggaam oorgee+ sodat ek kan roem, maar geen liefde het nie,+ baat dit my glad nie.
4 Die liefde+ is lankmoedig+ en goedhartig.+ Die liefde is nie jaloers nie,+ dit praat nie groot nie,+ raak nie opgeblase nie,+ 5 gedra hom nie onwelvoeglik nie,+ soek nie sy eie belang nie,+ raak nie ergerlik nie.+ Dit hou nie boek van die kwaad nie.+ 6 Dit is nie bly oor onregverdigheid nie,+ maar is bly saam met die waarheid.+ 7 Dit verdra alles,+ glo alles,+ hoop alles,+ verduur alles.+
8 Die liefde faal nooit nie.+ Of daar nou gawes van profesie is—hulle sal weggedoen word; of daar nou tale is—hulle sal ophou; of daar nou kennis is—dit sal weggedoen word.+ 9 Want ons het gedeeltelike kennis+ en ons profeteer gedeeltelik;+ 10 maar wanneer dit kom wat volkome is,+ sal dit wat gedeeltelik is, weggedoen word. 11 Toe ek ’n klein kindjie was, het ek soos ’n klein kindjie gepraat, soos ’n klein kindjie gedink, soos ’n klein kindjie geredeneer; maar noudat ek ’n man+ geword het, het ek die eienskappe van ’n klein kindjie afgelê. 12 Want nou sien ons deur middel van ’n metaalspieël in vae omtrekke,+ maar dan sal dit van aangesig tot aangesig wees.+ Nou ken ek gedeeltelik, maar dan sal ek ten volle ken net soos ek ten volle geken word.+ 13 Maar nou bly geloof, hoop, liefde, hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.+
14 Streef die liefde na, maar beywer julle nogtans voortdurend om die geestelike gawes+ te verkry, maar by voorkeur om te profeteer.+ 2 Want hy wat in ’n taal praat, praat nie met mense nie, maar met God, want niemand luister nie,+ maar hy spreek heilige geheime+ deur die gees. 3 Maar hy wat profeteer, bou mense op+ en moedig hulle aan en troos hulle deur sy woorde. 4 Hy wat in ’n taal praat, bou homself op, maar hy wat profeteer, bou ’n gemeente op. 5 Ek sou dan nou graag wil hê dat julle almal in tale praat,+ maar ek verkies dat julle profeteer.+ Ja, hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale praat,+ tensy hy natuurlik vertaal, sodat die gemeente opgebou kan word. 6 Maar as ek nou met julle in tale kom praat, broers, van watter nut sou ek dan vir julle wees tensy ek met ’n openbaring+ of met kennis+ of met ’n profesie of met ’n lering met julle praat?
7 Nou is dit so dat die lewelose dinge, hetsy ’n fluit of ’n harp, klank afgee;+ hoe sal ’n mens weet wat op die fluit of op die harp gespeel word tensy dit ’n verskil in toonhoogte laat hoor? 8 Want waarlik, wie sal gereedmaak vir die geveg as die trompet ’n onduidelike sein gee?+ 9 Net so ook: Hoe sal ’n mens weet wat gesê word tensy julle deur middel van die tong maklik verstaanbare woorde spreek?+ Julle sal in werklikheid in die lug praat.+ 10 Daar is wie weet hoeveel soorte spraakklanke in die wêreld, en tog is nie een soort sonder betekenis nie. 11 As ek dan nie die krag van die spraakklank verstaan nie, sal ek ’n uitlander+ wees vir die een wat praat, en die een wat praat, sal vir my ’n uitlander wees. 12 So ook moet julle, aangesien julle ywerig na gawes van die gees+ streef, probeer om oorvloediger daarin te wees tot opbouing van die gemeente.+
13 Laat die een wat in ’n taal praat, dus bid dat hy kan vertaal.+ 14 Want as ek in ’n taal bid, is dit my gawe van die gees wat bid,+ maar my verstand is onvrugbaar. 15 Wat moet dan gedoen word? Ek sal met die gawe van die gees bid, maar ek sal ook met my verstand bid. Ek sal met die gawe van die gees lofsing,+ maar ek sal ook met my verstand lofsing.+ 16 Anders, as jy met ’n gawe van die gees lof bring, hoe sal die een wat op die plek van die gewone persoon sit, “Amen”+ sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 17 Jy dank weliswaar goed, maar die ander een word nie opgebou nie.+ 18 Ek dank God dat ek in meer tale as julle almal praat.+ 19 Nietemin sou ek in ’n gemeente liewer vyf woorde met my verstand praat, sodat ek ander ook mondeling kan onderrig, as tienduisend woorde in ’n taal.+
20 Broers, moenie jong kinders in begripsvermoëns word nie,+ maar wees klein kindertjies ten opsigte van slegtheid;+ word egter volgroeid in begripsvermoëns.+ 21 In die Wet staan daar geskrywe: “‘Met die tonge van uitlanders en met die lippe van vreemdelinge+ sal ek met hierdie volk praat,+ en tog sal hulle nie eens dan aan my gehoor gee nie’, sê Jehovah.”+ 22 Gevolglik is tale nie daar as ’n teken+ vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges,+ terwyl profesie nie vir die ongelowiges is nie, maar vir die gelowiges.+ 23 As die hele gemeente dan op een plek bymekaarkom en hulle almal in tale praat,+ maar daar gewone mense of ongelowiges inkom, sal hulle dan nie sê dat julle kranksinnig is nie? 24 Maar as julle almal profeteer en daar ’n ongelowige of ’n gewone persoon inkom, word hy deur hulle almal tereggewys,+ deur hulle almal noukeurig ondersoek; 25 die geheime van sy hart kom aan die lig,+ sodat hy op sy gesig sal val en God sal aanbid en verklaar: “God is werklik onder julle.”+
26 Wat moet dan gedoen word, broers? Wanneer julle bymekaarkom, het die een ’n psalm, ’n ander ’n lering, ’n ander ’n openbaring, ’n ander ’n taal, ’n ander ’n uitlegging.+ Laat alles tot opbouing geskied.+ 27 En as iemand in ’n taal praat, laat dit dan tot twee of hoogstens drie beperk wees, en by beurte; en laat iemand vertaal.+ 28 Maar as daar geen vertaler is nie, laat hom dan stilbly in die gemeente en met homself+ en met God praat. 29 Verder, laat twee of drie profete+ praat, en laat die ander die betekenis onderskei.+ 30 Maar as ’n ander+ een ’n openbaring kry terwyl hy daar sit, moet die eerste stilbly. 31 Want julle kan almal een vir een profeteer,+ sodat almal kan leer en almal aangemoedig kan word.+ 32 En gawes van die gees van die profete moet deur die profete onder beheer gehou word. 33 Want God is nie ’n God van wanorde nie,+ maar van vrede.+
Soos in al die gemeentes van die heiliges: 34 Laat die vroue stilbly+ in die gemeentes, want hulle word nie toegelaat om te praat nie, maar laat hulle onderdanig wees,+ net soos die Wet+ sê. 35 As hulle dan iets wil leer, laat hulle hulle eie mans by die huis vra, want dit is ’n skande+ vir ’n vrou om in ’n gemeente te praat.
36 Wat? Het die woord van God miskien van julle uitgegaan,+ of het dit miskien net tot by julle gekom?
37 As iemand dink dat hy ’n profeet is of met die gees begaaf is, laat hom dan die dinge erken wat ek aan julle skryf, want hulle is die Here se gebod.+ 38 Maar as iemand onkundig is, bly hy onkundig. 39 Daarom, my broers, beywer julle voortdurend om te profeteer,+ en moet nogtans nie verbied dat daar in tale gepraat word nie.+ 40 Maar laat alles welvoeglik en volgens reëling geskied.+
15 Broers, ek maak dan nou aan julle die goeie nuus+ bekend wat ek aan julle verkondig het,+ wat julle ook ontvang het, waarin julle ook staan,+ 2 waardeur julle ook gered word,+ met die woorde waarmee ek die goeie nuus aan julle verkondig het, as julle daaraan vashou, tensy julle natuurlik verniet gelowiges geword het.+
3 Want een van die eerste dinge wat ek aan julle oorgedra het, is wat ek ook ontvang het,+ dat Christus vir ons sondes gesterf het, volgens die Skrif;+ 4 en dat hy begrawe is,+ ja, dat hy op die derde dag+ opgewek is,+ volgens die Skrif;+ 5 en dat hy aan Seʹfas verskyn het,+ toe aan die twaalf.+ 6 Daarna het hy aan meer as vyfhonderd broers tegelyk verskyn, waarvan die meeste nou nog lewe,+ maar party ontslaap het. 7 Daarna het hy aan Jakobus+ verskyn, toe aan al die apostels;+ 8 maar laaste van almal het hy ook aan my verskyn+ asof aan een wat te vroeg gebore is.
9 Want ek is die geringste+ van die apostels, en ek is nie werd om ’n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.+ 10 Maar deur God se onverdiende goedhartigheid+ is ek wat ek is. En sy onverdiende goedhartigheid teenoor my was nie tevergeefs nie,+ maar ek het meer as hulle almal gearbei,+ nogtans nie ek nie, maar die onverdiende goedhartigheid van God wat met my is.+ 11 Maar of dit nou ek of hulle is, só preek ons en só het julle geglo.+
12 As daar dan nou van Christus verkondig word dat hy uit die dode opgewek is,+ hoe is dit dat party onder julle sê dat daar geen opstanding van die dooies is nie?+ 13 As daar werklik geen opstanding van die dooies is nie, is Christus ook nie opgewek nie.+ 14 Maar as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking beslis tevergeefs en is ons geloof tevergeefs.+ 15 Bowendien word ons dan valse getuies aangaande God bevind,+ omdat ons teen God getuig het+ dat hy die Christus opgewek het,+ wat hy egter nie opgewek het as die dooies werklik nie opgewek gaan word nie.+ 16 Want as die dooies nie opgewek gaan word nie, is Christus ook nie opgewek nie. 17 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof nutteloos; julle is nog in julle sondes.+ 18 Trouens, ook dié wat in eenheid met Christus ontslaap het,+ het vergaan.+ 19 As ons net in hierdie lewe op Christus gehoop het,+ is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
20 Nou is Christus egter uit die dode opgewek,+ die eersteling+ van dié wat ontslaap het.+ 21 Want aangesien die dood+ deur ’n mens is, is die opstanding+ van die dooies ook deur ’n mens. 22 Want net soos almal in Adam sterf,+ só sal almal ook in die Christus lewend gemaak word.+ 23 Maar elkeen in sy eie rangorde: Christus, die eersteling,+ daarna dié wat aan die Christus behoort gedurende sy teenwoordigheid.+ 24 Daarna die einde, wanneer hy die koninkryk aan sy God en Vader oorgee, wanneer hy alle regering en alle gesag en mag tot niet gemaak het.+ 25 Want hy moet as koning heers totdat God alle vyande onder sy voete gestel het.+ 26 As die laaste vyand gaan die dood tot niet gemaak word.+ 27 Want God “het alles onder sy voete onderwerp”.+ Maar wanneer hy sê dat ‘alles onderwerp is’,+ is dit duidelik dat dit met uitsondering is van die een wat alles aan hom onderwerp het.+ 28 Maar wanneer alles aan hom onderwerp is,+ dan sal die Seun self hom ook onderwerp aan die Een+ wat alles aan hom onderwerp het, sodat God alles vir elkeen kan wees.+
29 Anders, wat sal dié doen wat gedoop word met die doel om dooies te wees?+ As die dooies glad nie opgewek gaan word nie,+ waarom word hulle ook gedoop+ met die doel om sodaniges te wees? 30 Waarom is ons ook elke uur in gevaar?+ 31 Ek kom elke dag voor die dood te staan.+ Dit bevestig ek deur die vreugde+ oor julle, broers, wat ek in Christus Jesus, ons Here, het. 32 As ek, soos mense, in Eʹfese met wilde diere geveg het,+ wat baat dit my? As die dooies nie opgewek gaan word nie, “laat ons eet en drink, want môre gaan ons sterf”.+ 33 Moenie mislei word nie. Slegte omgang bederf nuttige gewoontes.+ 34 Ontwaak tot nugterheid+ op ’n regverdige wyse en moenie sonde beoefen nie, want party is sonder kennis van God.+ Ek spreek om julle tot skaamte te beweeg.+
35 Nietemin sal iemand sê: “Hoe gaan die dooies opgewek word? Ja, met watter soort liggaam kom hulle?”+ 36 Jou onredelike mens! Wat jy saai, word nie lewend gemaak tensy dit eers sterf nie;+ 37 en met betrekking tot wat jy saai: jy saai nie die liggaam wat sal ontwikkel nie, maar ’n blote korrel,+ miskien koring of enigeen van die ander; 38 maar God gee dit ’n liggaam+ soos dit hom behaag het,+ en aan elkeen van die sade sy eie liggaam. 39 Nie alle vlees is dieselfde vlees nie, maar daar is dié van die mens, en daar is ’n ander vlees van vee en ’n ander vlees van voëls en ’n ander van visse.+ 40 En daar is hemelse+ liggame en aardse liggame;+ maar die heerlikheid+ van die hemelse liggame is een soort, en dié van die aardse liggame is ’n ander soort. 41 Die heerlikheid van die son+ is een soort, en die heerlikheid van die maan+ is ’n ander, en die heerlikheid van die sterre+ is ’n ander; trouens, die een ster verskil van die ander ster in heerlikheid.
42 So ook is die opstanding van die dooies.+ Dit word in verderflikheid gesaai, dit word in onverderflikheid opgewek.+ 43 Dit word in oneer gesaai,+ dit word in heerlikheid opgewek.+ Dit word in swakheid gesaai,+ dit word in krag opgewek.+ 44 Dit word as ’n fisiese liggaam gesaai,+ dit word as ’n geestelike liggaam opgewek.+ As daar ’n fisiese liggaam is, is daar ook ’n geestelike. 45 So staan daar ook geskrywe: “Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword.”+ Die laaste Adam het ’n lewegewende+ gees+ geword. 46 Nietemin is wat geestelik is nie eerste nie, maar wat fisies is, daarna wat geestelik is.+ 47 Die eerste mens is uit die aarde en is van stof gemaak;+ die tweede mens is uit die hemel.+ 48 Soos die een is wat van stof gemaak is,+ so is ook dié wat van stof gemaak is; en soos die hemelse+ is, so is ook dié wat hemels is.+ 49 En net soos ons die beeld+ gedra het van die een wat van stof gemaak is, sal ons ook die beeld+ van die hemelse dra.
50 Dít sê ek egter, broers, dat vlees en bloed God se koninkryk nie kan beërf nie,+ en ook beërf verderflikheid nie onverderflikheid nie.+ 51 Kyk! Ek vertel julle ’n heilige geheim: Ons sal nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,+ 52 in ’n oomblik, in ’n oogwink, gedurende die laaste trompet. Want die trompet+ sal weerklink, en die dooies sal onverderflik opgewek word, en ons sal verander word. 53 Want hierdie verderflike moet hom met onverderflikheid beklee,+ en hierdie sterflike+ moet hom met onsterflikheid beklee. 54 Maar wanneer hierdie verderflike hom met onverderflikheid beklee en hierdie sterflike hom met onsterflikheid beklee, dan sal die woord vervul word wat geskrywe staan: “Die dood+ is vir ewig verswelg.”+ 55 “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”+ 56 Die angel+ wat die dood veroorsaak, is die sonde, maar die krag tot die sonde is die Wet.+ 57 Maar aan God die dank, want hy gee ons die oorwinning deur ons Here Jesus Christus!+
58 Daarom, my geliefde broers, word standvastig,+ onbeweeglik, terwyl julle altyd baie het om in die werk van die Here te doen,+ in die wete dat julle arbeid in verband met die Here nie tevergeefs is+ nie.
16 En wat die insameling+ vir die heiliges betref,+ moet julle ook doen soos ek die gemeentes van Galaʹsië+ beveel het. 2 Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle by sy eie huis iets opsysit en opspaar na gelang van sy voorspoed, sodat insamelings nie sal plaasvind wanneer ek daar aankom nie. 3 Maar wanneer ek daar aankom, sal ek dié manne wat julle deur briewe goedkeur,+ stuur om julle liefdegawe na Jerusalem te neem. 4 As dit egter gepas is dat ek ook daarheen gaan, sal hulle saam met my daarheen gaan.
5 Maar ek sal na julle toe kom wanneer ek deur Masedoʹnië gegaan het, want ek gaan deur Masedoʹnië;+ 6 en miskien sal ek by julle bly of selfs oorwinter, sodat julle my ’n ent kan begelei+ waarheen ek ook al mag gaan. 7 Want ek wil julle nie nou op my deurreis sien nie, want ek hoop om ’n tyd lank by julle te bly,+ as Jehovah+ dit toelaat.+ 8 Maar ek bly in Eʹfese+ tot die Pinksterfees; 9 want ’n groot deur wat tot bedrywigheid lei, is vir my oopgemaak,+ maar daar is baie teenstanders.
10 As Timoʹteus+ egter daar aankom, moet julle toesien dat hy vry van vrees onder julle word, want hy doen die werk van Jehovah,+ net soos ek. 11 Laat niemand dan op hom neersien nie.+ Begelei hom ’n ent in vrede, sodat hy na my toe kan kom, want ek wag vir hom saam met die broers.
12 En wat ons broer Apolʹlos+ betref, ek het hom herhaaldelik dringend versoek om saam met die broers na julle toe te kom, en tog was dit glad nie sy wil om nou te kom nie; maar hy sal kom wanneer hy die geleentheid het.
13 Bly wakker,+ staan vas in die geloof,+ gedra julle soos manne,+ word sterk.+ 14 Laat al julle aangeleenthede in liefde geskied.+
15 Ek vermaan julle dan nou, broers: Julle weet dat die huis van Steʹfanas die eerstelinge+ van Agaʹje is en dat hulle hulle tot diens van die heiliges gestel het.+ 16 Mag julle ook aanhou om julle aan sulke mense te onderwerp en aan elkeen wat saamwerk en arbei.+ 17 Maar ek verbly my oor die teenwoordigheid van Steʹfanas+ en Fortunaʹtus en Agaʹïkus, want hulle het daarvoor vergoed dat julle nie hier is nie. 18 Want hulle het my gees, en julle s’n, verkwik.+ Erken dan sulke manne.+
19 Die gemeentes van Asië stuur vir julle groete.+ Aʹquila en Prisca saam met die gemeente wat in hulle huis is,+ groet julle hartlik in die Here. 20 Al die broers groet julle. Groet mekaar met ’n heilige kus.+
21 Hier is my groete, Paulus s’n, in my eie hand.+
22 As iemand geen geneentheid vir die Here het nie, laat hom vervloek wees.+ O ons Here, kom!+ 23 Mag die onverdiende goedhartigheid van die Here Jesus met julle wees. 24 Mag my liefde met julle almal in eenheid met Christus Jesus wees.